Woorde

Liewe Mia

Ouma het mos deesdae driekeer op ‘n dag (die dae wat jy hier kuier ) tyd

om jou gesig

en veral

jou hande van baie naby te bekyk (ouma wou eers sê aanskou .. toe dink ek aggenee wat!)

mia hand 5

Driekeer.. dit is nou wanneer  jy so op my skoot sitlê en botteldrink met voedingstye.

Met geboorte was jou hande vir my so breekbaar mooi..die lang skraal vingertjies, deesdae het jy dit ingegroei. Jy het ook gegroei. Oupa sê jy’t ook  deesdae sulke hang wange soos Ouma… gmf! Hy praat darem met sagte stem as hy van ons wange praat…

Jammer , Ouma wou oor jou hande praat. Ek wonder of jy regs of linkshandig gaan wees of dalk beide-handig ..die Engelse woord is so lekker om te sê ‘ambidextrous’.

Wel jou Pappa is linkshandig .

Ek weet jy behoort een van die dae te sien jy’t hande .. nou sit ek jou handjie so teen die bottel en hou jou dop… en skielik gister toe sien jy !

Jy waaier jou vingertjies oop.. maak hulle toe. Lig een vingertjie op , lig  ‘n ander een op – toe raak ek saam met jou meegevoer in die vingerspeletjie..

Oumas’s mag maar emosioneel (groot woord vir tjankerig)raak  as sy sien hoe gebeur die  wonder van ontdekking!

Jammer Ouma kon nie toe fotos laat neem nie.. Mamma was met ander mense se tone besig… maar ons het darem agterna probeer.

Kyk net hoe kyk jy  vir jou vinger , ogies so amper oormekaar .

mia hand 5aMia …hierdie fotos word gewoonlik met selfone geneem (eendag sal jy seker jou koppie ook skommel oor die outydsgeit van ‘n selfoon ) Mamma neem naby fotos  , soms lyk jy 6 maande groot , eintlik is jy nog maar net  2 maande  oppad na drie maande toe ..

Rympietyd ( jammer ouma weet nie wie het dit geskryf nie – die handjie word so oopgemaak en elke vingertjie kry beurt.)

Vingertjies is rond en fraai

maar wie sou ooit kon raai?

Dat Langeraat die langste is

en Duimpie die dikste gewis

Wysie is tog so eiewys

en ringie wil net ringewys

Maar

arme Pinkie so kort en klein

kruip weg daar diep in die myn (dan moet jy jou handjie vuisie maak ..)

Ons  is lief vir jou

Ouma en Oupa.

Advertisements

12 comments on “Liewe Mia

  1. rondomtaliedraai
    Augustus 20, 2014

    ek geniet jou tydjies met die kleinding net so baie soos jy! mmmmmmm ek wonder net oor kleinkind nommer 6!

    Like

  2. perdebytjie
    Augustus 20, 2014

    Te pragtig!Daardie ou handjies gaan eendag vele dinge aanpak.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 20, 2014

      Kindertjies word so gou groot.. ek hoop sy’s net so fluks en vlytig soos haar Ma en Pa.

      Like

  3. Net Ek
    Augustus 20, 2014

    Ag kyk net daai neusie!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 20, 2014

      Wippie nes Kinta s’n .. as jy nou so van vooraf kyk..Ons het altyd gesê Kinta se neus lyk soos ‘n klein knopie..

      Like

      • Net Ek
        Augustus 20, 2014

        So lekker opsoen neusie!

        sy is te pragtig, ek raak sommer broeis elke keer wat ek hier by jou kom kuier saam Mia!

        Liked by 1 person

  4. scrapydo
    Augustus 20, 2014

    Oooo dis te lekker om so saam na Mia se handjies te kyk en the luister wat Oumie alles vir die kleine mensie vertel. Dit gaan Mia sommer n groot voorsprong gee in die lewe, al die geselsies en versies

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 20, 2014

      Ek val soos ‘n klip in die dam vir klein kindertjies… en voel begenadig vir die voorreg van Ouma wees. Dankie vir die saamlees.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 20, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: