Woorde

S vir gespanne

As jy nou nie  s vir  stres (my Ma het dit gespanne genoem) ervaar nie,  doen hierdie oefeninkie sommer vir die lekker.

stressLank terug het ek ‘n Aletta gehad (oorl) sy kon nie hierdie borrelplastiek weerstaan nie.

Dit het haar groot vreugde verskaf , die stukkend druk van die borreltjies. Foeitog, sien nog die groot glimlag op haar gesig. “Aletta, moenie die goed stukkend druk nie.. ek moet dit in ‘n pakkie sit..” Dan kry ek haar jammer en knip vir haar ‘n stukkie af…

Deesdae sien ek kalahari(die boekeplek) plaas sulke lugkussings in pakkies wat hul aflewer.. ek kry dit nie oor my hart om die goed weg te gooi nie. Deesdae stuur ek ook nie pakkies nie..hoe herwin mens al die goeters. Jy kry mos kreatiewe mense wat iets uit niets kan maak.

Ek het opgehou   om goetertjies te bêre vir die moontlike hergebruik..nou-nou raak ek ook soos oorle Ta Nellie. Sy’t plastieksakkies , al die kleure van die reënboog – en proppies/dekseltjies  en geskenkpapier (gebruiktes) gebêre .

Sal maar die lugkussingkies gaan wegsmyt…

Iemand in hierdie huis kla oor die  oggendprogram op Ontbyt TV (Saterdae).. dit frustreer die wit waks uit hom uit .. hy het plegtig verklaar ‘ek kry niks uit die program om my lewe te verbeter nie’  die onderbreking van onderhoude en flertsie hier en flertsie daar..

Kry ek nou so half die gevoel oor hierdie bloginskrywing ..

Ek gaan nou maar dokter toe.. nee ek is nie  s vir gespanne nie! Daardie c vir cholesterol toetsie .. o wee! o wee!

 

 

Advertisements

9 comments on “S vir gespanne

  1. scrapydo
    Augustus 21, 2014

    Baie “kinders” hou van daardie stresontladings metode! tot irritasie vir die wat daarna moet luister. sterkte met c toetse. Hoop dit het vebeter.

    Like

  2. perdebytjie
    Augustus 21, 2014

    Lekkerste ding om daai borreltjies te pop!Sterkte met die c toets.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 22, 2014

      Ek wonder hoekom wys kommentare nie by my nie..jammer ! Lank terug was jy gelukkig om borrelvelletjie raak te loop nou kry jy dit per rol … het gesien op Pinterest iemand maak verfdruk werk met borrelplastiek ..soos aartappeldruk ..druk borreltjies op papier / nogal mooi efek.

      Like

  3. Zeppie
    Augustus 21, 2014

    Ek kort nou van daai bubble rap

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 22, 2014

      Ha .. kleintyd het ons papiersakkies so opgeblaas toegeknyp met een hand en laat bars tussen handpalms. Was so lekker , heeltyd kompetisie gehad ek en my Boetas .. wie s;n klap die hardste.. Nou kom kardoesies weer in mode – is mos groen! As jy nou so paar in jou kantoor aanhou …dink net !!

      Like

      • Zeppie
        Augustus 22, 2014

        Wel dis ook sekerlik stress relieve

        Liked by 1 person

  4. Lewies Mymer
    Augustus 23, 2014

    Toe ek nog in die tuig was het ek spanning/stess/frustrasie ontlaai met daai gelaaide drie-letter woordjie wat met f.. begin, maar so in die stilligheid dat my kollegas, meesal dames, nie geaffronteerword nie. Het nogal gehelp, so teen die sewende een was ek ontlade!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 21, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: