Woorde

Terapie – ouderdomsbeperking- weens my gekruide woorde..

Om te blog is vir my terapie.

Dit weerhou my soms van wrede kommunikasie met siele wat binne tref- of hoorafstand-  van my woordvloei ,  tranedal  – staan/sit /beweeg of  wat ookal..

Nou sit ander mense soms opgeskeep met my Woorde.

Ons , dit is nou die twee in die huis op die hoek, ons gebruik deesdae pille. Plakkers en pille vir goete en geite, chroniese soort.

Skildkliere wil nie meer aktief wees nie..hormone is lankal moertoe tesame met  my histerektomie.  Een mooi sonnige dag is daar toe nog ‘n skrif aan die muur – daardie telling van Cholesterol. Myne is erfsonde syne – miskien bietjie te lekker eet , alhoewel ek dink ek eet ook nou nie oordadig baie nie net verkeerd.. brosgebraaide ..ag toemaar !

Die mediese fonds (  verstaan my goed -ek is kennelik  dankbaar dat ons een het en nog die premies kan betaal)  vereis dat chroniese medikasie sesmaandeliks hernu moet word. Dit beteken ek moet die martelaarskamer betree en daar sal bloed getrek word om te bepaal of pille sterker of moontlik nog dieselfde gram moet bly. Dalk ook nog ‘n woordelikse waarskuwing van my GP  oor die telling neuk na 9 …

Ek ken my are. Daar vloei regtig bloed deur die goed maar is diepgeleë . Ek waarsku die vrou in wit vooraf  ‘asseblief ek weet daar word altyd gesukkel om my bloed te trek!’  eintlik wil ek net vooraf vra wees my genadig assseblief  -moenie my weer seermaak nie al is ek 60+ – ek kry seer …

Dan sit ek daar met my  ou groot bruin oë ongesluierd en my wrewel duidelik sigbaar vir almal teenwoordig.

Ek sluk . Die Man in my lewe kom met empatie in sy oë  om die hoek . “Sjame, ek kry jou sommer jammer” dan sluk ek nog ‘n keer..

Nee seg die vrou in wit  “..ek ken my joppie..ek is hier vir bloedtrek , ekkk maak niemand seer nie! ”

Ek sit haar met leed in my oë en aankyk, sou my kop wou skommel soos Kinta , nietemin ek maak gebruik van die wag voor my mond.

En sy klamp daardie band om my arm trek hom so styf , seker gedink daar sal ‘n vulkaan van bloed uit die ou vrou se are spuit.  Sy voel so met haar voorvinger, verklaar triomfantlik ” ..ek voel hom !! ek voel hom !”  my magtag nê, sit ek en dink.  Sy voel en sy druk daai naald daar waar die aar so dik lê ..toe gebeur daar f @#$%.ol (amper lus gehad om vir die bleddie nurse te sê ‘ maar ek het jou mos gesêê!”

Nurse nr 2 met ander balkies op die skouer ..word bygeroep , en nr1 regverdig nog haar poging en akuraatheid so asof die aar weggeloop  het …Hul bespiegel die diepliggende probleem. Ek bevestig net wat elke keer gebeur, en dink ag asseblief net nie op my hand nie of my voete nie . Sal die nurse nie al harder praat ten aanhore van die hele gang oor die vrou met die are nie!!!  ek voel hoe klop-klop die bloeddruk in my are en my hand gaan dood ..

Nommer twee met die ekstra balkie , gee my net een kyk  en ‘ ander arm ‘ opdrag sy. Rol ek maar die bloes se moutjie op soos lam ter slagting en sy trek die band nog stywer en sy opdrag “Pomp Pomp!” en ek doen mee.. hand oop en toe.. Ek verkleur erger as wintertyd met wintershande . Sy voel voorvingersgewys druk ‘n naald in. draai dit dwars – wikkel , wikkel en niks  maar niks spuit in die buisie in nie. Die uwe pyn en daar kom so gevoel van woordeskat wat opborrel uit my wese ..newwermaaind bloed  en toe …

“Suster?” roep sy. Sy bekla haar lot by nr 3 . Nommer 3 neem  ander naald  en ander buisie,  trek die band stywer – bring ‘n kussing , ek dag dit is vir my hoof -gmf!  Raas met ferm stem sit agtertoe . Du my tot teen rugkant van stoel -ek sit , arm op die kussing hang so afdraande oor die kussing ” Nee , kan nie hierdie aar gebruik, kliphard, bloeding onder die aar!”  ek sit en vloek in my enigheid f @##$%$  – hier maak hul my nog dood voortydig.

Daar slaan koue sweet op my bolip uit toe sy my hand omdraai en my pols so bekyk en klop aan ‘n aar soos aan ‘n deur. Daardie polsaar sal waaragtig nooit meer dieselfde wees nie,  sy druk naald in , sy klop morsekode op die stomme aar!  Die ander 2 staan en toesig hou, almal juig van vreugde met elke klop pirts daar bietjie bloed.. klop -pirts-klop-pirts – en die een vra “hoeveel moet ons gee”  en die ander een vertel ” 2 toetse Suster” en sy noem die goed se name ..en sy vra”dink julle hierdie is genoeg virrie lab?’ en ek dink ..

nee ek sal liewer nie herhaal nie..

Wel , ek het dit amper verloor(soos Kinta graag sê as haar geduld nou moerlandspan toe is)  toe die drietal met hangkoppe fluister ‘ jammer vrou  dat ons jou nou moes seermaak ”

VROU !! ek is nie jou bleddie vrou nie man ek is Mev so en so wat jul gemartel het omdat jul eerstens nie my woord wou aanvaar nie en gedink het ek is bang vir die bleddie naald en bloedtrek!!!!

As iemand weet waar ek in Vereeniging oor 6 maande van my bloed in ‘n buisie kan laat pomp.. asseblief laat weet my.  Dringend .

 

 

40 comments on “Terapie – ouderdomsbeperking- weens my gekruide woorde..

  1. Net Ek
    Augustus 21, 2014

    O ek het simpatie met jou! Dis net so gesukkel om my bloed te kry. Dis aaklig. Ek wil gewoonlik flou word omdat ek so gestres is en dan druk an draai hulle nog in my arms rond, ek haat dit. Lang storie kort, ek loop gewoonlik in trane daar uit nadat my voete bo my kop gehou word – ek is nie goed met die tipe van dinge nie.

    En met die skildklier en hormone – ek verstaan dit ook :lol:

    Myne bestaan amper nie meer na my operasie verlede jaar nie, en ek sal eerder nie hier op die blogs sê hoeveel kg ek opgetel het nie. Darem sluit ek volgende week by die gym aan. Maar nogsteeds, dis nie lekker nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 21, 2014

      ek is nou so de m ….r in ek sweer my bloeddruk het hupstoot gekry (dit is darem gewoonlik laag) nee jong ek het net gedink as daar vir my binneaarse inspuiting gegee moet word om my lewe te red ..sal ek definitief dood bloot oor aar wat soek is..

      Like

      • Net Ek
        Augustus 21, 2014

        En wat my altyd kwaad maak is dat hulle my gewoonlik hanteer asof dit MY skuld is dat hulle my my are kan kry nie!

        Ek is bly dis darem nou verby Dirkie, hoop jy voel gou weer ok!

        Liked by 1 person

  2. Skeletor
    Augustus 21, 2014

    Kom na my toe dan slaan ek jou bloedneus en ons tap dit in die buisie? Nee, ek is nie ‘n vroueslaner nie, maar ek dink ons altwee stem saam ‘n hou op die neus van ‘n vriend af is beter as dit wat jy nou deur is?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 21, 2014

      hhahaaha .. ek lag my slap, my man het dieselfde aanbeveel . Hel suiwere hel ! Ek oordryf nie . Ek wil hê daai gp van my moet aantekening voor op my lêer maak.. die vrou met die diep are … volgens my man mag die dr dalk iets skryf soos ‘ sys bang’

      Like

      • Skeletor
        Augustus 21, 2014

        Hey, ek wil myself ook bevuil as hulle moet bloed trek.

        Liked by 1 person

    • perdebytjie
      Augustus 21, 2014

      Ai Skeletor,jy maak my dag! :lol:

      Liked by 1 person

      • Skeletor
        Augustus 21, 2014

        Dankie Perdebytjie. Dit maak my dag dat julle mense my so welkom laat voel hierso. Laat my dink ek het die regte dinge gedoen deur Litnet blogs te verlaat…

        Liked by 1 person

      • perdebytjie
        Augustus 21, 2014

        Hier is net bietjie min mense hier,of hulle skryf nie gereeld nie.Dalk doen ek iets verkeerd dat ek nie almal sien nie.Gelukkig sien ek jou en Net Ek,Dirkie en Tina.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Augustus 22, 2014

        Ek dink almal lees . Hopelik.

        Liked by 1 person

  3. dalenatjie
    Augustus 21, 2014

    Hehe, lekker het jy my nou laat lag! Het ook al ‘n paar keer die patoloog se kantore verlaat met ‘n seleksie van pleisters en bloukolle.. Ek is nie bang vir naalde en inspuitings nie maar aarde, my are speel wegkruipertjie soos kampioene! Laaste keer wat ek daar was het ‘n manlike verplieêr met ‘n sagte stem my onder hande gehad – woerts-warts ‘n aar gekry, bloed getrek en geen noemenswaardige bloukol nie

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 22, 2014

      Moes eenkeer in Pta vir mammogram/sonar ..vat hul my toe in so kamertjie met sagte lig- en ‘n mooie man kom ingestap. Miskien moes ek hom gehad het. Ek dink ek moet blog oor daai man.

      Like

  4. perdebytjie
    Augustus 21, 2014

    Siestog,Dirkie!Gelukkig het jy darem nog jou humorsin behou…oulik geskryf.My are is so vlak,ek bloei sommer as jy hard vir my kyk..altyd vol blou kolle.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 22, 2014

      Kyk hoe begeer ek nou jou are… ek het met die in die kar klimslag vir my man vertel..volgende keer steel ek sy bloed…O en die blog is op my Man se aandrang geskryf – hy’t gesê ek moet nou nie vloek nie… gmf !! Ha

      Like

  5. Kameel
    Augustus 21, 2014

    Ek voel vir jou vrou…. al het jy my laat lag.
    Verlede week laat bloedtrek vir skildklier. Dit nog nooit so maklik gehad nie. Omdat ek wegkyk het ek sowaar gewonder of sy ooit bloed getrek het. Nie eers die prik gevoel nie, en daar was geen bloed en grote bloukol daarna nie. Miskien moet jy maar Pretoria toe kom… maar ek waarborg niks. Dink dit hang af van wie dit trek.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 22, 2014

      Kameel, dink net die nurse soek so vlakkerig… weet van ander lab wat diep grawe..bly pynlik.

      Like

  6. rondomtaliedraai
    Augustus 21, 2014

    Siestog…. Volgende keer vra jy ‘n inspuiting wat jou uitsit, dan kan hulle in vrede vroetel tot hulle die nodige bloedjies het?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 22, 2014

      uitsit klink na uit die wêreld help Tina!!!

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Augustus 22, 2014

        Neee as jou are nie weet hulle word gesoek pop hulle mos sommer vanself op? :)

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 22, 2014

        Gister gesels met iemand .. daai drip met rug Operasie ..glip toe mos uit, siestog kry die arme mens raas wat die glip per ongeluk laat glip het .. toe kry ek drup in my nekaar Dracula se droom ..nee jong ek het werklik ‘n probleem

        Like

      • rondomtaliedraai
        Augustus 22, 2014

        Jy het regtig ‘n probleem … sterkte.

        Liked by 1 person

  7. scrapydo
    Augustus 21, 2014

    Ai dis n nagmerrie maar ek het lekker gelees aan jou beskrywing. Wens die personeel by dr en dr self wil ook net bietjie luister as mens iets vir hul vertel wat jy weet en hoe dit regtig is. Ek is mos nogal bang vir inspuitings en waarsku altyd ek val flou. Maar hul hoor nie- as dit gebeur skrik hul hul flou en kan nie glo dat dit gebeur nie.(Ek hou mos my asem op as ek wag vir die prik en sie daar die brein se: suurstof tekort! en woeps kantel ek om!) My are hou ook van wegkruipertjie speel. Daar is heelwat wat al getoets is en nou werk hul gladnie meer nie.

    Like

  8. monicahaddad01
    Augustus 22, 2014

    Jy het nou net weer vir my bevestig hoekom ek sulke myle wye draaie om dokters en gevolg hardloop, ek voel saam met jou, maar ek dink jou are ruik as jy daar instap en dan skree hulle vir mekaar duik, hier kom moeilikheid!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 22, 2014

      ..oe ek lag nou so lekker , kan die prentjie voor my sien.. ek dink net sommige het dalk klein kieriekies.. wag vir my..wag !!

      Like

      • monicahaddad01
        Augustus 22, 2014

        :-)

        Liked by 1 person

  9. Pixie
    Augustus 22, 2014

    Shame man, dis fricking mishandeling! By waste laborotorium was jy in Vereeniging? My niggie werk vir Pathcare by Midvaal Privaat hospitaal. Sy is nou wel nie ‘n suster nie, maar sy kan met jou gesels en jou hand vashou? Of dring daarop aan dat een van die pataloe dit doen?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 22, 2014

      ek dink ek moet volgende keer midvaal toe.. Kinta ook gesê hul’s baie beter.. miskien meer pasiente,

      Like

  10. vvuureoc
    Oktober 28, 2014

    Ek het dit self gedoen jare terug. Van die hordes onthou ek twee wie se are ek nie kon kry nie. Die een se hartkleppe het so geraas dat hy dieselfde dag uit die weermag is as wat hy ingekom het. Die ander een se bloeddruk so laag dat ons hom ‘n halfuur laat sit het met ‘n dekstrose drip voordat dr Angina gedianoseer het. Hy is ook huis toe.

    So moet ek vir my rugpoersie een van die klien naaldjies met die twee plastiekoortjies in my hand kry. Die leerling suster sukkel en en lê en kyk. Toe haar senuwees op is sê ek vir haar haar tegniek is nie lekker nie vat de een oortjie tussen my duim en wysvinger en poers druk ek hom in die aar in… Toe moes ek nog die klokkie lui dat hulle haar van die vloer af optel en die drup aan die naald se pypie koppel !!

    Like

  11. ddupl3ss1s
    Augustus 21, 2015

    Reblogged this on Woorde and commented:

    Ek kry die Onthou jy nog? op my facebook , my blogs is ‘gelink’ en toe herlees ek en dink miskien moes ons lankal weer gegaan het vir toetse.. angs maak hom tuis in my binneste !!

    Like

  12. Flenters
    Augustus 21, 2015

    Jy verduidelik so mooi in gevleulde woorde……. :)

    Liked by 1 person

  13. Lewies Mymer
    Augustus 21, 2015

    Lekker gelees! Seker omdat ek ook in die bloedtoets-pildrink stadium van die lewe is!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 21, 2015

      Het nog nie ‘n vrolike vriendelike bloedtrekker teëgekom..angs angs

      Like

  14. netjane
    Augustus 21, 2015

    Ek lees hier en wil al flouval. Erg bloedverskrik! Met my “belangrike” bloed, AB- Moet ek eintlik bloedskenk, maar nee dankie sê die gansie! My bloed spuit gelukkig (ongelukkig?) maklik. Sterkte met al die toetse!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 21, 2015

      Waardevol..eintlik is jy kosbaar, ai man dink maar weer oor die skenk , ek sien eerder kans vir mamogramme as bloedtrek ..ha!!

      Like

  15. Tokeloshe
    Oktober 5, 2015

    Sjoe! Sterkte ♥♥♥

    Liked by 1 person

  16. coetzee2014
    Desember 29, 2018

    Die “mooi” skrywe, het ek destyds gemis. Gelukkig, loop my bloed maklik. Ons, het daardie dames, al die vampiere begin noem. Daardie kolestrol medikasie is gif. Newsferret, het my aanbeveel om kaneel te neem. So ‘n teelepel op ‘n dag en die kolestrol, se hoë telling, bestaan nie meer nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 29, 2018

      Ek wonder of enige medikasie vir chroniese siektes ooit goed is vir mens Cholesterol en RA medikasie soveel newe effekte veroorsaak ander ellendes – Dankie vir die saamlees.

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Augustus 21, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 503 hits