Woorde

Liewe Mia

Mia, vanoggend kwart oor vier  (Ouma het gekyk op haar horlosietjie) toe dink ek  oor ons twee se brief. Dit is toe dat ek besluit vandag gesels ek met jou oor  KYK    en  SIEN.

Twee maats . Ek vermoed dit sal seker die woorde wees wat jy die meeste by Ouma gaan hoor. “Kyk die wurmpie ..blommetjie !”  “Kom ons kyk saam wat sien jy alles op hierdie bladsy?”

Buiten nou vir die gewone kyk en sien wil Ouma   so effens filosofies raak .. ( ‘n grootwoord vir dink , oordink  en redeneer) Eintlik moet ek vir oom Dawid (ouma se boetie) vra om hierdie blog saam te skryf..Om te kyk is goed. Om te sien is ook goed om raak te sien   wat lief en dierbaar is – is kosbaar. Om te weet , dit is deel van  grootword  en glo vir Ouma , daar is steeds dinge wat ons ook nie weet nie.

Alles wat jy sien , gaan jy eendag self moet  besluit wat jy ter harte gaan neem. Nou , glo ek , kyk jy met die oë van ‘n kindjie en sien en ervaar jy ons almal se liefde .

Ouma wil darem ‘n foto plaas.. hierdie het jou Pappa met sy selfoonkamera geneem . Jou oogkleur wissel gedurig. Dit is op hierdie foto soos die kleur van Ouma se Woolies koffiebeker.. so middernagblou.

Ons het almal gekyk en gesien .. dat jy ons almal om jou pinkie draai. Die pinkiedraai storie- daaroor sal ek nog met jou gesels . So bietjie oor nederigheid en so aan …

Mia restaurant5

Ons gesels weer, ons is lief vir jou  Mia.

Ouma en Oupa.

Advertisements

20 comments on “Liewe Mia

  1. Net Ek
    Augustus 26, 2014

    Sy word so groot!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 27, 2014

      As die kleinkindjie so groot word begin ek al dink, ek hoop ek beleef darem heelwat grootwordjare..

      Like

      • Net Ek
        Augustus 27, 2014

        Dis snaaks, my ma het presies dieselfde gesê. sy het altyd gesê sy hoop sy sien my kinders darem in die hoërskool, en nou is my oudste al in graad 10. my ma het juis net nou die dag gesê dat die tyd so vinnig gaan, mens is bang jy sien nie die kinders grootword nie, en as jy kyk is hulle groot en jy is oud! :lol:

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Augustus 27, 2014

        Nou wonder ek hoe oud is jou Ma ? ..ek kan net daarop Amen.

        Like

      • Net Ek
        Augustus 27, 2014

        My ma is nog nie so oud nie! Sy word 57 – ek het haar per ongeluk bietjie vroeg ouma gemaak! :-)

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 27, 2014

        Maggies, geniet haar . Nee 57 is definitief nie oud nie.

        Like

  2. perdebytjie
    Augustus 26, 2014

    Pragtige foto…daardie ogies!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 26, 2014

      Hulle raak so navy … ek aanvaar die kleur sal eers later sigbaar wees. mamma bruin oë en pappa grysgroen.

      Like

  3. scrapydo
    Augustus 26, 2014

    Soentjies vir Mia, sy groei vreslik. Een van die dae kyk sy saam na alles.Pragtige foto

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 26, 2014

      Sy raak nou so geluidjie geselserig , en die glimlaggies is volop. Ons geniet haar vreeslik.

      Like

      • scrapydo
        Augustus 26, 2014

        Lekker, geniet dit(Fluister- een of ander tyd gaan dinge dalk hier ook gebeur! Wil nie te hard dit se nie)

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Augustus 27, 2014

        Oeee Blommie!!

        Like

      • scrapydo
        Augustus 27, 2014

        Shhhh moenie slapende honde wakker maak nie!

        Liked by 1 person

  4. Kameel
    Augustus 26, 2014

    Kosbaar hierdie briewe met hulle lewenslessies wat jy aan haar skryf Dirkie.
    Hulle word net te vinnig groot.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 27, 2014

      Kameel dit is nou die voordeel van hierdie briewe , as sy dit eendag te lese kry sal sy volle begrip hê van grootmense se bekommernisse . San mog hul dalk dit aanwend in ‘n volgende geslag.. Dankie vir jou saamlees.

      Like

  5. rondomtaliedraai
    Augustus 26, 2014

    Ag dis so lekker om hier te lees. Lekker om te sien sy stel al belang in die omgewing.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 27, 2014

      Nou begin sy mens so navolg as mens uit vertrek uitbeweeg.. en die herkenning van haar Mamma , Ek het nooit met my kinders so opgelet van al die stadia nie. Te besig wasgoed en huis en kos en en … ai tog, ek kon tog maar liewer die skottelgoed gelos het en bietjie meer geniet het.

      Like

      • rondomtaliedraai
        Augustus 27, 2014

        Dis mos waarom mens Ouma is… Geniet dit! en dankie dat ons saam met jou kan geniet … Gelukkig mis ons die opgooi en poefdoeke

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Augustus 27, 2014

        Ha ha .. gelukkig was daar nog nie opspoeg nie… maar o weeee daardie doeke ‘van boven in en onder uit’ oegg nie goed vir oumens gestelle nie…

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Augustus 27, 2014

        ..en jammer ek’s bietjie stadig …sien ek skielik die ‘mis’ raak en toe sit ek nou hier en lag op my eentjie… hmmm dit pong jong!!!

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 26, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: