Woorde

As jy lees…

.. lees jy in doodse stilte?

of

lees jy met agtergrondmusiek , daardie wat so vrylik beskikbaar is op youtube.

Ek is besig met  die boek Stippellyn van Erika Murray-Theron. Nogal gedink  rustige musiek in agtergrond sou gepas wees.

Ek het nooit skooltye geleer met agtergrondmusiek nie, ek moes my eie stem hoor.. nie dat dit veel gehelp het nie. Moet ook byvoeg toe het ek bloedweinig geweet van musiek wat jou help konsentreer.

Indien jy nou kan en wil  soek gerus op YouTube klankbaanmusiek. Die mooiste musiek wat volgens my mening verlore gaan (luistersgewys) bloot omdat my konsentrasie gespits is op die film.

Vir die Romantiese siele , luister hierna  en dit is Saterdag en dit is bitter koud buite   en lees. Lees bly ‘n fees.

 

Advertisements

17 comments on “As jy lees…

  1. rondomtaliedraai
    Augustus 30, 2014

    Ek is oor die romantiese stadium. Maak dit my oud?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 30, 2014

      Nooit ..maar die musiek is so rustig, dit kom dalk uit romantiese flieks. Dit hou net te lank aan.. soet en strelend kan maar vir my part afgewissel word met die donder en blits polka!!

      Like

      • rondomtaliedraai
        Augustus 30, 2014

        hehehehehe… ek is seker jy maak jou eie donder en blits polkas as dit moet!

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 30, 2014

        Wat jy waar kry. Ek is dierbaarheid self . Vra vir Carol.. sy ken my.

        Like

      • rondomtaliedraai
        Augustus 30, 2014

        hehehehehe … vra my vriend Jack… toemaar ek spot sommer Ek weet net jy laat nie sommer oor jou loop nie – dink ek!

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 30, 2014

        ..ek bluf. Grootbek op papier, mskien. Ek dink tog ek het verander , ek glo ten goede.Deesdae tjank ek mos maklik. Kinta praat van my miniskus wat oorloop…

        Like

      • rondomtaliedraai
        Augustus 31, 2014

        Grinnik … moenie nou my pret bederf met feite nie… ek is bly dis net die miniskus Kom op baie vreemde plekke ook gewees het

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 31, 2014

        oe ha ha jy’s so snaaks.. die skapie juffrou is erg verkoue/hooikoors ..sy kon nie eers al die eetgoed geniet van hulle tee nie.. (gemeente tee)

        Like

      • rondomtaliedraai
        Augustus 31, 2014

        Oooo ek sal moet simpatiseer Ek was die week net so verkoue maar darem beter. Die feit dat mens jou siek liggaam nog skool toe sleep help nie juis nie

        Like

  2. perdebytjie
    Augustus 30, 2014

    Ek kan glad nie op iets anders konsentreer as ek musiek hoor nie.Dus lees ek in stilte.Agtergrondmusiek is nooit in my agtergrond nie.Dis hoekom ek vreeslik geirriteerd raak in winkels en eetplekke,met die ewige musiek.

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 2, 2014

      Ek het eenkeer by winkelgroep gekla omdat die musiek so hard in aantrekhokkie was – hul het my soos skurk laat voel.. Kerstye is dit vir my vreeslik die ewige jingle bells!

      Like

      • perdebytjie
        September 3, 2014

        Dit het al met my ook gebeur.Hulle kyk jou aan asof jy van ‘n ander planeet is!

        Liked by 1 person

  3. Toortsie
    September 1, 2014

    Doodse stilte. Hierdie koshuiskind mos leer om in stilte te leer saam met ‘n hele saal ander wat blaaie blaai, ens…

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 2, 2014

      Het jul ook in saal moes leer… en as jy nou senior standerd raak mag jy later leer en jy mag dalk in jou kamer studeer..

      Like

  4. Kameel
    September 2, 2014

    Doodse stilte!!! Ek hou van stiltes…. nie net as ek lees nie. ‘n Vriend van my man klop een oggend aan die deur. Ek laat hom in; toe hy uitvind ek is alleen by die huis kyk hy my verbaas aan. Leef jy in diè stilte? wil hy weet.
    Ek lief rustige musiek… maar dan luister ek met my oë toe. Sal gaan luister na die musiek wat jy aanbeveel.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 2, 2014

      Lank terug in Mafikeng was daar ‘n dierbare vriendin wat gekla het oor die ewige musiek in ons huis.. en my kind kla en ek moet klank sagter sit.. duidelik het dit nie gehelp ek het die Radio by hulle aangehou nie. My Ma het ook gekla (al was sy baie lief vir musiek) en gevra ‘maak die klank nie jou ore moeg nie?”

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 30, 2014 by in lees,musiek.

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: