Woorde

Poenkie se sedeles

Anna Moabi , het twee kinders Petrus en Poenkie. Petrus is nou al ‘n jongman op Universiteit en werk deeltyds vir Sasol. Poenkie, die oogappel dogtertjie van Anna, is nou standerd 5 (graad?) . Vreeslik slim volgens Anna.

Anna moes nou die dag gaan skoolbesoek, die onderwysers wou met al die ouers gesels oor die jong kinders se sedes. In hulle laerskool is daar glo 32 swanger dogtertjies tussen 12 en 13 jaar. Volgens die leerlinge is dit heeltyd speeltyd in speeltyd (Pouse) met mede jongelinge. Die onderwysers het geraas en geblaas en gesoebat by ouers  om tog maar met hul bloedjies te gesels…

Toe kry  stomme Poenkie ‘n sedeles van beide Petrus en Anna.

“Poenkie, jy moet net weet as jy pregnant..ek gaan nie daai kind kyk!”

..en Poenkie ” maar Ma”

“Jy moet net weet, ek het klaar my kinders grootgemaak , ék , jy moet móói hoor..ékk gaan nie jou kind grootmaak!”

..en Poenkie “maar Ma”

Petrus kom so uit die dwarste by ..“Poenkie, jy sien ek maak nie kleintjies nie, ek weet ek het nie ‘n job met genoeg geld, enn ek leer,  ek soek nie kleintjie in die huis wat whê whê by die nag.. jy moet weet as jy pregnant  raak, ek loop uit die huis uit!”

..en Poenkie  “maar Petrus!”

Anna se vuur brand hoog en sy stook ... ” Poenkie, ek loop nie met jou saam. As jy daai dingetjies wil doen en jy raak pregnant ..jy moet onthou jy gaan nie daai geld van SASSA kry nie..mens kry net daai geld as jy ID het ..en jy, jy’s nog klein, jy’t nie ID..ek gaan nie jou kind grootmaak nie..”

..en Poenkie swyg uit moedeloosheid.

” Poenkie, jy moet net weet.. as jy kind kry ..dan is jy groot, jy’s nie meer kind..jou chommies gaan nie meer saam jou speel ..als gaan anders wees . Dan is jy nie meer kind”

Ma Doepie beluister die storie.. en bied sommer baba kleertjies aan..Anna stik byna van verontwaardiging… Ma Doepie voeg by ..” ag Anna , maar ek sal jou mooi leer alles van die grootmaak!…” en Anna snak na asem en woorde .

“Nee, Ma Doepie.. ek het vir Petrus vertel ek trust nie die slim kind nie.. ek gaan haar vat vir spuit. Ek kry swaar .. en kyk net my hande , ek kan nie eers vir Mia optel ek’s bang vir babykies..” en sy wys vir my haar twee hande wat sy so laat fladder en bewe.. Dramaties!.

Ag die arme Anna Moabi.. ‘n Ma wat vrees ervaar van ‘n kind wat ‘n kind kan kry..

Ag die Arme Petrus, ‘n broer wat so bang is sy sussie val in die strik van gladdebek jongetjies.

Ag die arme Poenkie , nog maar ‘n dogtertjie  – wat ons almal maar hoop loop die kuise pad( al is dit voorbehoedend op die koop toe)  minstens dat haar Ma se drome kan waar word van eendag  ‘univarsity”  en “trou”  en ” dan kan sy kleintjie”

 

 

 

Advertisements

3 comments on “Poenkie se sedeles

  1. Net Ek
    September 3, 2014

    Arme Anna ja!

    Ek dink al ons ma’s lê meer nagte wakker en bid hoe groter ons kinders word.

    Liked by 1 person

  2. scrapydo
    September 3, 2014

    Groepsdruk is so groot dat baie ‘Kinders” nie kan weerstand bied nie. Ek het gesien met die paar jaar se skoolhou vir jaar 1, 2, 3. Hul is nog so naief(?spelling?) en tog praat en weet hul van die grootmens dinge asof dit alledaags is.

    Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    September 3, 2014

    Ai toggie vandag se lewe is nie vir sissies nie

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 3, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,699 hits
%d bloggers like this: