Woorde

Die swart hond

Hierdie swart hond van my is nou nie Schalk se swart hond nie . Indien jy nou nie daar lees nie .. lees gerus by  http://skalkskryf.wordpress.com/2014/08/31/die-swart-hond/.

Ek wonder altyd hoekom word depressie vergelyk met ‘n swart hond. Hierdie swart hond van die Rissiepitte (die siele met die vuur op hul tonge) , is alles behalwe diep in die donkerte , hy’s ‘n  vrolike,  roekelose hond.

Altyd stertswaaiend, oopbek glimlaggend . Hy stap gewoonlik(eintlik huppel) oor die besige straat en kom gesels met Leo ,ons beneukte Boerboel, so oor en deur die heining. Leo se bloeddruk ten hemele en die swarthond staan en lag vir hom. Ek sou amper waag te dink , miskien uittartend.

Die ou vrou met die oorgrootkamerjas  sit menig maal hom so en bekyk agter haar rekenaar ,  en dink …

“Hond, jy sal nog so neuk oor die straat.. en die hemele hoor my , as jy nou eendag so ten aanskoue van my as ooggetuie platgetrap word !! Dan sal ek ek nooit weer dieselfde wees nie.”

Ek wou nou nie eintlik oor die Rissiepitte gesels nie.. maar hul honde is altyd vrolik . Altyd vriendelik. Altyd blink en volrond. Die Rissiepitte daarteenoor .. vurig. Taalgebruik. Ru..taalgebruik veral wanneer die blouvlag van die Blou Bulle gehys word. Hul braaivleisvuur brand hoog en ek ruik die vleis se geurigheid. Ek het al gewonder dalk kry die volronde honde die braaisnitte, want daar is gewoonlik voor etenstyd  al rissiepoeier op hul tonge merkbaar, dan trek die gaste weg met spoed  met spoed. Sirkelsgewys.

Vanoggend met die loer op my Facebook blad sien ek hierdie spotprentjie by Classic FM se fb blad met die opskrif Prestissimo = Happy dog.

prestissimo

Danksy my vriendin Google kon ek gaan lees en wys raak. Die inligting is nou vir diegene soos ek wat nie weet nie – “a piece or passage directed to be played in this way- In as fast a tempo as possible.”

.. so werk hierdie ouvrou met die oorgroot kamerjas se brein ..  danksy die  Prestissimo spotprentjie en die hond dirigent en die Rissiepitte se vrolike swart hond vanoggend en daarmee saam Schalk(Lowie) se hondstorie.. het ek ‘n blog gebaar.

Mooi dag.

 

 

23 comments on “Die swart hond

  1. scrapydo
    September 4, 2014

    Jy het n lekker prettige blog gebaar. Ek “like” hom sommer baie. Mens kry altyd die huppel-honde, brom-honde, issigrimmige-honde en dan die regte onderdanige “softies” soos my arme Trompie!

    Liked by 1 person

  2. benvanbruggen
    September 4, 2014

    Lank mag jy lewe, in jou oorgrote japon

    Liked by 1 person

  3. Son
    September 4, 2014

    Swart was nou nog nooit vir my ‘n depressiewe kleur nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 4, 2014

      Son, en ek lyk darem slanker met swart. Ek sal moet huiswerk doen oor die swart hond.

      Like

  4. rondomtaliedraai
    September 4, 2014

    Grinnik… As jy nou ‘n hond was … watse soort sou dit wees en hoekom?

    Like

  5. monicahaddad01
    September 5, 2014

    En was dit nou ‘n lekker baarsel ! Klink my swarthond het nie grense nie dit gaan sê hy vir elke hond agter ‘n heining…..wêwê

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 5, 2014

      Oe en daardie swart hond is roekeloos dapper…! Dankie vir die lees.

      Like

  6. perdebytjie
    September 5, 2014

    Gelukkig span die japon nie styf nie!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 6, 2014

      Ek raak bekommerd oor my midderif …ek wil nie graag daardie kamerjas volgroei nie.. o wee!

      Like

      • perdebytjie
        September 6, 2014

        Jy laat my lekker lag!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        September 6, 2014

        Luister nou more oggend na die suiwer stem wat ek oplaai op my blog. Ek het dit gedateer vir more, hoop dit werk. Ek neurie dit knaend sedert ek dit opgelaai het… hoop hul sing dit eendag op my begrafnis.. nie dat ek nou na dood voel nie, maar nietemin dit is vreeslik roerend mooi.

        Like

      • perdebytjie
        September 6, 2014

        Ek kan nie wag nie.Nou lekker nuuskierig.

        Liked by 1 person

  7. frandr
    September 6, 2014

    Hierdie inskrywing het my sommer vrolik laat voel!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 6, 2014

      Ek mis Frannie se blogs! Ek het weer vandag met my hart in my hand gesit .. die rissiepitte se voorraad honde so wild en roekeloos oopbek uittartend oor die besige straat.

      Like

  8. coetzee2014
    September 4, 2015

    Baie bly oor dir baarsel. Hoop dit het die weg gebaan vir nog baie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 5, 2015

      Dit was ‘n jaargelede . Steeds sit ek hier en wonder wat het geword van my idees en woorde.

      Like

      • coetzee2014
        September 6, 2015

        Hoop daardie idees, kom tog een of ander tyd terug. Ons het soveel mense wat nie meer skryf nie en ek het altyd hulle skrywes geniet. Jammerte!

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on September 4, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 520 hits