Ek lees ook maar van die sanger wat amper sy g….t gesien het met skuld en klomp plekke verkoop het en nou het hul darem gered wat te redde kon word.
In my jonkweestyd het my Pa-hulle suutjies gepraat as iemand skuld het en sy plaas gaan verloor. So asof daar dood in die huis is. Dit is nooit op die Volksblad se voorblad geplaas nie..
“Haai, het jy gehoor Ou so-en-so se plek word verkoop ..op vendusie nogals” en dan soms – afhangende van die rede van die verkoop van sy erfgrond- ” ek wonder wat sal sy Ou Pa vandag sê.. als deurgetrek!” of “foeitog , die droogte is nie ‘n man se speelmaat nie” en dan sug hul so sag droewig..
Ek wou afsluit met sedeles en ‘n preek vir die singende , maar ek laat dit liewer daar. Ons , hier by die Hoekhuis, het ook nog groen koring op die land- en ons word oud en die waarde van die Rand is mos maar ewig ‘n neukery .. en pensioen jong..en beleggings, die goed moet rek , want jy leef dalk laaaaank. So sit ek maar die wag voor my mond en sug droewig.
Nee, wat laat dit juig !! dit is Maandag ‘n spik splinternuwe week.
Ja,jy is reg.Dit kan enigeen oorkom..met party net gouer,omdat hulle gewoon nie weet hoe om met geld (of moet ek liewer sê geen geld?)te werk nie.
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n lewenswyse om met geld reg te kan werk.. maar ek’s bevrees as ek nou uit noodweer ‘n beroep moet be-oefen sal niemand vir my kom luister as ek vir Bokkie sing nie.. of wat sing hy nou weer ?
LikeLike
Slaan my met ‘n plank..ek weet nie eers wat hy sing nie!
LikeLiked by 1 person
Ek is DOODBANG vir skuld, maar soms kan mense nie leef sonder skuld nie?
Ek dink soms is mense net te onwillig om hul lewensstandaard te verlaag as dinge begin knyp, want wat gaan die bure tog dink?
LikeLike
Deesdae kry ek mense jammer wat swaarkry, daar is darem altyd die gevalle van siekte +lewenskoste , maar die jongeling het volgens my bietjie roekeloos aankope gedoen wat hy nie met sy besige loopbaan, kon bestuur nie.Dan word dit nuus.. my !!
LikeLike
Hi Dirkie,
Jammer ek plak dit nou sommer so tussenin hier, maar ek sien nie ‘n “about page” vir jou nie.
Gaan loer daar by my asb, jy is genomineer vir ietsie :lol:
LikeLiked by 1 person
Ek is jammer vir mense wat swaar kry maar daar is darem regtig mense wat onoordeelkundig werk met die geldjies wat daar is.
LikeLiked by 1 person
Die liewe geld tog! Praat van min werd dan moet jy die Randjies oorsit n dollers hier. Og ek kry sommer n pyn waar ek dit nie wil he nie. 1991/2 alles verloor weens omstandighede buite my beheer en dis onmootlik om dit op te bou weens die waardeloosheid v geld.
LikeLike
Sal nou nie daardie like druk nie… mense kry bitter swaar veral bejaardes. Ons is relatief gesond maar is tog so dankbaar dat ons nog mediesefonds kan bekostig..dit raak verskriklik duur dan wil ek nie eens dink aan aftreeoorde nie.. ek hoop jy’t vandag ‘n rustige pynlose dag.
LikeLike
As dit nie vir my seun se “sponsership” was sou ek dit nie kon bekostig nie. Het nie toentertyd mediese fonds kon betaal was n hospitaal of staatspasient. Gelukkig het dit darem later weer beter gegaan toe ek werk gekry het met pensioen en mediesefonds. So leer mens ook maar om aan te pas by omstandighede
LikeLiked by 1 person
Daar is deesdae so baie vingers in ‘n mens se inkomste dat mens eintlik beheer verloor. Probeer byvoorbeeld jou eie aftrekorder stop, dis amper onmoontlik, en banke is lankal nie meer jou vriend nie. Mens is nie meer baas van jou eie geld nie.
LikeLiked by 1 person
Terug pieng: Dankie dat julle my inspireer… | Net Ek
Dierbaarheid… en sien ek nou die toekenning.. jitte en daar leer ek sommer iemand ken wat ek nog nie raak gelees het nie Lukraakvars! Sal bietjie slaap oor die lys.. en dankie Net Ek.
LikeLike
Oeee so ‘n paar jaar terug is hier distrikte uitgewis… Ek het gedink my kinders was te klein om dit agter te kom, maar so ‘n paar maande nadat soveel mense hulle grond verloor het ry ons verby ‘n veilingbord… die benoude opmerking uit een van my kinders se monde het my maar net laat besef HOE naby aan ons vel dit was.
LikeLiked by 1 person
Skuld is n monster wat soos n Hydra, sny een skuld maker se kop af en twee kom terug!!
LikeLiked by 1 person
Dis seker die meete gepensioneerdes se groot vrees–dat daardie swaarverdiende spaargeldjies gaan hou.
LikeLiked by 1 person