Woorde

Name

Iewers het ek gelees van  iemand byname Gestetner. Ons twee in die Hoekhuis kon net tot die slotsom kom .. ons weet waar het sy gewerk toe sy swanger was. Dit moes vir haar mooi geklink het.

As ek nou my werksplekke moes gebruik as naamgewing vir my kinders.. hmm !

Hallou San my lam..of  Volksie, my kind! . Nie soos in Volkswagen nie , Volkskas , voordat dit ge-Absa het.

Met ‘n Blognaam kon ek mos nou keuse maak uit allerhande name en dinge. Wat doen sy-die uwe- neuk maar weer doopnaam/van (getroude) toe. So asof ek nie tuis voel in ander aanhangselkie nie.

Al dollie ek dit nou ook  op met syfers.  D1rki3  ddupl3ss13, Dirkie sal jy bly tot jy jou hofie neerlê.

Die name? Ek is besig met blogname. Ek lees so deur my lys van blogs wat ek graag lees. Dan wonder ek wat het geword van so-en-so. Ek mis jou. Ek het jou so graag gelees. Dan verlang ek na iemand se woorde uit iemand se hart, wat ek nie eens ken nie…

 

 

Advertisements

23 comments on “Name

  1. melouisef
    September 9, 2014

    Dis interessant om te weet hoekom mense ‘n spesifieke blognaam kies. Myne het ‘n lang storie
    :)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 9, 2014

      Oe ek dink dit klink na lekker onderwerp ..die blognaam noemnaam en wordpress naam..

      Like

    • monicahaddad01
      September 9, 2014

      ek wil ook weet!

      Liked by 2 people

      • melouisef
        September 9, 2014

        haha! Ek het destyds op MWeb geblog omdat ek so de d*nner in was vir ABSA, Toe sien ek niemand gebruik hulle eie name nie. My hond se naam is Fletcher en as eerste naam kies ek toe Louise (die vieslike nurse in One Flew over the Cuckoos nest). Nou die naam Fletcher het bly steek maar hier het ek gesukkel toe maak ek dit maar Me (soos ek) Louise wat nou Mel geword het. :)

        Liked by 2 people

      • monicahaddad01
        September 9, 2014

        jou antwoord het doer onder beland

        Like

  2. perdebytjie
    September 9, 2014

    Ek het juis nou by Net Ek ‘n paar bloggers gaan “oes”, want die oes van oues is maar skraal.Gelukkig is daar nog jy en Tina en ander gunstelinge hier.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      September 9, 2014

      Ek het netnou gedink ek moet by my ander Dirkieblog gaan kyk wie was op my leeslys. Ek het mos my password en goeters vergeet en weer ontdek.. nou hang daardie blog in eensaamheid..

      Like

  3. Net Ek
    September 9, 2014

    Ek moet sê, ek het oorgekom Litnet toe net voor die groot trek gebeur het, so ek ken eintlik min van die ou bloggers wat weg is.

    Ek mis net vreeslik vir ou Henry, ek wens so hy wil bietjie hier inloer. :-(

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      September 9, 2014

      ..en ek is diep bedroef oor Flenters nie meer blog nie. Hy kla die groot luiheid het hom getref. Papeslaai… Jan Twak .. hmm ou Litnetters. en nog vele. Het nou gaan loer op my D1rki3 blog hier by wordpress.. sien ek ek het altyd Tommyseblog gelees ..so rooi angelier avatar, wonder wat het van haar geword.

      Like

      • Net Ek
        September 9, 2014

        Ja ek wonder ook altyd of hulle ok is, en of hulle net nie meer lus het om te blog nie.

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 9, 2014

        Flenters op my fbook.. hy is nog bedrywig in werksaamhede ..miskien as hy aftree? ek dink sommige het dalk ook hul password vergeet soos ek!! Ha ..

        Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 9, 2014

      ..en Loua … Louise Davis…

      Liked by 1 person

  4. monicahaddad01
    September 9, 2014

    Mis ook vir Henry en lou en natuurlik modderkoekie, ek voel maar nog vreemd hier……..

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 9, 2014

      en Marna met haar seksie illustrasies nou kan ek nie haar blognaam onthou

      Like

  5. Lewies Mymer
    September 9, 2014

    Waar is al die bloggers heen? Weggeraak, elke een.

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 9, 2014

      Lewies, soms lus en ween in my hanne – soos ander antie kwytgeraak het .

      Like

  6. monicahaddad01
    September 9, 2014

    Ja ek was ook mal oor haar blogs ! Palomino was die blog se naam.

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 9, 2014

      Was Marna se blog Palamino? Op TV iewers gehoor , sy’s genader om illustrasie te doen vir ‘n boek..ag jammer nou kan ek nie onthou die skrywer ..boek?

      Like

      • monicahaddad01
        September 9, 2014

        Dis reg haar avatar was palamino en haar blog was pronk. sal haar bietjjie ‘n mail stuur, mens weet nooit…….

        Liked by 1 person

  7. monicahaddad01
    September 9, 2014

    Aaaa dis nou oulik, niemand sal ooit so naam hê nie…. Groete vir Fletcher.

    Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai
    September 9, 2014

    Ek het nou lekker gekuier sotuusen die noem van ou bloggers Ek sal bietjie die skakel vir Henry stuur

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 9, 2014

      Tina, het jy Klipindiebos geken? Ek het haar blogs ook baie geniet.. sal gaaf wees as jy Henry kan laat kuier , maar die man klink my is ook erg bedrywig.

      Like

      • rondomtaliedraai
        September 9, 2014

        Hy sê so … hy antwoord darem gewoonlik as ek iets aanstuur Dan weet ek daar is nog lewe
        Ek het haar gelees maar kan nie meer mooi onthou nie

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 9, 2014 by in Bloguitdaging.

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: