Woorde

Die Swarthond – aflewering twee

Die Swarthond( ek dink ek skryf dit maar aanmekaar aangesien ek nou nie sy naam ken nie) hardloop met spoed neus teen die grond..

Die snuffelhond van die Rissiebrigade.

Die Speurhond. Heen en weer . Sypaadjie op sypaadjie  af. Al soekend, hy kyk nie links of regs nie, al moedig Leo hom  deuskant  aan   met ‘n blaf “Kyk vir my !”

..en die ou vrou agter haar rekenaar se sleutelbord hou hom dop.

Toe gaan die deur oop …die een met die genommerde straatnaam. Die straatnaam groot in witgeskryf   (die kleuraksent is vir die skerp Perdebytjie se kommentaar)

Die naam met die spelfout. Dit pla die vrou met die oorgrootkamerjas verskriklik. Osler net vyf letters , en toe word dit Oler. Bennie Olerstraat.

..en Bennie Olerstraat se hek gaan oop en die maer  vroutjie met die pienk kamerjas staan in die hek. Helder vrolike Lentekleur .

Skielik voel die vrou se  oorgrootkamerjas vaal..  vreeslik in die skadu gestel..

 

Advertisements

10 comments on “Die Swarthond – aflewering twee

  1. perdebytjie
    September 10, 2014

    Vrou met die oorgrootkamerjas,het jy aspris “witgeskryf” aanmekaar geskryf om ‘n stelling te maak oor Olerstraat? Lentegrappie!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 10, 2014

      Ha ha .. ek seg niks ! Nee sy’t eintlik die kwaai Me. Rissie ‘beskryf’ met die pienk -kamerjas..en daar staan deesdae neffens die ‘oler’ regstelling van spelfout – dit is nou so waar as wragtag..ek doen nou nie die waarheid geweld aan nie..soos my oorle Tannie altyd gesê het .

      Like

      • perdebytjie
        September 10, 2014

        Jy laat my lekker lag!Ek wil nog steeds n foto van daai kamerjas sien.Jy gaan nie so maklik wegkom nie.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        September 11, 2014

        ..ek sou eerder foto van Bennie Olerstraat wou neem…

        Like

  2. rondomtaliedraai
    September 10, 2014

    Iiewers mis ek iets … jy voel vaal maar my kop is dof!

    Liked by 1 person

  3. monicahaddad01
    September 10, 2014

    Maar die kamerjas is net ‘n agtergrond vir die pink blos op jou wange…..mos

    Liked by 1 person

  4. scrapydo
    September 10, 2014

    Oooo maar dis lekker om te lees van die swarthond wat so snuffel op en af. Seker n hupse honde vroutjie met n pienk strik (of kamerjas) aan wat maak dat hy niks anders raaksnuif nie!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 11, 2014

      Geen spoor van my blogonderwerp vanoggend nie… ek dink hy’t die mensekinders speelmaats gesoek…

      Like

  5. scrapydo
    September 11, 2014

    Ja, die liewe hondekinders tog hul is so lief en getrou aan hul mense

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 10, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: