Woorde

Die Ou vrou in die Hoekhuis

Die stomme vrou van die Hoekhuis.. die een met die welbekende, alombeminde trosie , haar oorgrootkamerjas. (Jammer Perdebytjie geen foto nie)

Sy bad mos nie meer nie.

Sy stort. Daardie luukse stortjel so oor haar ouderdomlyf gespons ..en dit is mos waar sy staan en dink.

1. Moet lading in wasmasjien gooi.

2. Moet tuin watergee.

3.Moet pille drink.. haar rug sien!

4. Moet blog baar.(oe sy hou van hierdie woord.. die naaste wat sy ooit aan barensnood kan /kon verkeer.) Genadiglik op papier.

5.Moet ..

Teen haar halfvoltooide lys is sy klaar gestort. Handdoek byderhand  droog sy haar af.

Met die probleem van haar ou rug( operasie).. is daardie senuwee wat gevoel oordra na die een voet bietjie in sy moer in  en toe voel sy nie ..gelukkig kyk sy afwaarts.

Toe loop die spinnekop so oor haar naakte voet.

Sy staan toe en wonder sal sy gil… en toe dink sy aan haar Evasgewaad .  Onthou tog, liewe leser,  sy is nou nie gebou sodat Iemand met oop arms gaan binnestorm om haar te red nie!! Sy moet darem regstelling maak – hy sou definitief ingestorm het sodra  hy die oorsaak aangehoor het sou hy blerriedefinitief uitgestorm het. Nee nie oor haar naaktheid nie(gmf!) – die man se fobie vir die agtvoetige spesie..

Sy stap toe maar sedig kombuis toe (geklee) en vertel toe so rustig moontlik aan haar ou Man van die besoeker.

Wou jul maar net inlig ek het gesien hy’t gaan stort. Die spuitkannetjie in sy hand ..en dit was nie Mum for Men nie..ek belowe jou !

 

11 comments on “Die Ou vrou in die Hoekhuis

  1. scrapydo
    September 11, 2014

    Lekker man. So kom mens agter waar die sagteplekke van wederhelf is. Het jy toe ou spinnie bokveld toe gestuur of hom maar laat voort loop en gehoop hy klim op die wederhelf se naakte voetjies. (he he, dis n mooi prentjie wat ek darem voor my geestesoog kan oproep hier. Nie net van vaal kamerjas vroutjie nie maar ook van kannetjie onder die arm!)

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 11, 2014

      ..die spinnekop is aangespreek .. “as jy nou nie jou gat vinnig roer nie.. is jy bokveld toe!’ Ha ! ja die ou vrou se man – menige dag is aan hom vertel.kamma dapper Polisieman wat kans gesien het vir allerhande dinge maar hy sal sommer dood by aanskoue van spinnekop!

      Like

  2. Lewies Mymer
    September 11, 2014

    Lekker vertel! Ek het ‘n aardige tyd beleef na ‘n spinnekopbyt oa twee operasies, dus het ek een liefde vir die outjies nie. En hier is juis sulke grotes, jy kan hulle hoor as hulle loop!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 11, 2014

      Mensig Lewies, ek’s vrek bang vir daardie bytstorie.. vriendin se dogter het ook so iets beleef en daar is van weefsel verwyder waar byt was… erg man . Dit klink darem vir my prettig daarie ‘jy kan hulle hoor as hulle loop!” Oe so spokerig..

      Like

    • ddupl3ss1s
      September 11, 2014

      Lewies jy weet ek het jou benoem as inspirasie blog vir die uwe ! Ek is nie slim met links nie… lees daar by my blog oor inspirasie en maak ook so…

      Like

  3. perdebytjie
    September 12, 2014

    Ai,lekker vertel!Dis hoekom ek graag hier lees.Jy hoef net ‘n foto van die japon te plaas,sonder die vrou binne-in.

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2014

      aggenee wat ..so skep elkeen ‘n eie prentjie van my ou beddenkie…

      Liked by 1 person

      • perdebytjie
        September 13, 2014

        Ek gaan ‘n foto van ‘n japon plaas,wat ek dink soos joune lyk. :lol:

        Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai
    September 12, 2014

    Neeeeee … ek maak my eie prentjies en ou mense se lywe bly maar nie te mooi nie. Arme spinnekoppie

    Liked by 1 person

  5. frandr
    September 13, 2014

    Spinnekoppe wat net loop, is ek nie te erg grillerig voor nie – maar ai, aitoggie – diegene wat spring, veroorsaak dat ek ook spring – so ver weg as moontlik!

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on September 11, 2014 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 513 hits