Woorde

My hart voel bietjie seer ..

Ek beantwoord telefoon en maak afsprake en luister menige dag na mense se pyn -hoorbaar in hul stemme.

Ek probeer professioneel – vriendelik – minsaam (my ma se woord) te klink teenoor inbellers.

Ek het teder gevoel  vir bejaardes. Dierbare mense wat so dankbaar is as hul’voetjies’ soos hul dit graag noem , versorg word. Ek lag lekker as die een Dame van haar toonnaels as skopgrawe praat  of die een wat altyd haar Telefoonnommer as dgibbeldgie uitspreek -333- so klomp rollende r’e en nog Duitse aksent .  Ek het begrip oor voetversorging, veral deesdae as ek  my been moet  motiveer om op gelig te word tot op badrand om darem hakskene te room, dan  praat mens  nie eens van naels knip nie…(sy’t mos ‘n rug met skroewe ..sien!)

Voetversorging is baie belangrik. Voete wat gewig dra, Wat moet staan en loop soms hardloop- nou nie weghardloop nie – soos in atlete.

Soms gebeur dit dat jy jou hart blootstel , dan bekommer jy jou oor iemand.

Hy het my die eerste keer gebel uit Londen. Ek was verbaas oor die afspraak , sy ouers woon hier . Hy kom terug S.A toe en moet gereeld iemand sien, hy’s ‘n Diabeet.

So het ons mekaar begin ken. Die vriendelike jongman. Menige dag as hy hier ingestap kom , het ek gedink ..’ag jy lyk so ontsettend siek! ek hoop ek sien jou met volgende week se afspraak.”

Volgende keer dan kom hy so kromskouertjie ingestap . Sy gesig afgemat. Sy velkleur so verskriklik soos net ‘n erg siek mens kan lyk.  Dan dink ek .. as ons ‘n telefoon oproep kry…

Die volgende week  stap hy maar weer in .

Toe begin die dialise.

Het hom al gesien sit in sy kar- hierbuite onder my dierbare boom -voordat hy hier binnestap,sy  kop op die stuurwiel , tot die dood toe siek.

Toe word hy getoets en word geplaas op lys vir oorplanting van niere /pankreas. Vol moed is hy toe hy vir my vertel ‘ ..ai Tannie dan sal ek sommer paar jaar grasie kry’

Die organe het nog nie beskikbaar geraak nie.

Ons almal hier se harte is besorg  , want môre moet hy gaan vir amputasie. Die voet wil nie meer genees nie.. en moontlik die ander voet ook.

Ons almal voel bitter hartseer, en besorg .. en ons hoop ….

en ons gebede is by die bloedjongman.

 

19 comments on “My hart voel bietjie seer ..

  1. newsferret
    September 11, 2014

    Like jou pos om te wys ek het gelees, maar nie die inhoud nie. :(

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 11, 2014

      Ai News, Kinta was vanmiddag by hospitaal by hom om ander voet te versorg.. sy voel so jammer , nou hoop ons maar vir die beste, as mens oud en afgeleef is is siekte so half aanvaarbaar maar so jongman.. dink hy is in laat dertigs!

      Like

      • Skeletor
        September 12, 2014

        Dis about so oud soos ek is. Dis vir my hartseer as ek sulke stories lees. Ek hoop die man ‘n wonderwerk toe…

        Liked by 1 person

  2. katrina
    September 11, 2014

    Ai, sommige mense kry werklik swaar. Ek hoop dat alles goed sal afloop en dat hy die aanpassing sal kan hanteer.

    Liked by 1 person

  3. scrapydo
    September 11, 2014

    Dit raak n mens se hart veral as dit nog sulke jong persone is. My buurvrou se vriend was op dialise en is twee weke terug oorlede. Ek hoop dat daar vinnig n nier beskibaar word. Sterkte maar vir hom en ek dink aan hom.

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2014

      Klink my die pankreas moet saam met nieroorplanting gebeur… Diabetes wat al so erg raak dat amputasie volg..is en bly maar ontstellend. Hy kan nie sy beroep beoefen nie..daardie ure op dialise masjiene weekliks ..ek weet nie of dit daagliks is of net sekere dae nie..

      Like

      • scrapydo
        September 12, 2014

        Hang af hoe ernstig die nier probleem is. Dis eintlik wreed maar wat kan mens anders doen as om net te ondersteun en aan te moedig.

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 12, 2014

        mens het nie woorde nie.. soms wil die liggaam nie meer die skokke van versaking hanteer nie.. maar ons hoop

        Like

      • scrapydo
        September 12, 2014

        :)

        Like

  4. Net Ek
    September 12, 2014

    Sjoe dis vreeslik hartseer ja.

    Mens kan net bid. En dankie sê.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2014

      Hy’t operasie oorleef.. en dit gaan goed onder omstandighede. Dit bly maar erg situasie omdat ander voet ook baie erg toestand is.

      Like

  5. perdebytjie
    September 12, 2014

    Ai dis hartseer hoeveel lyding sommige mense deurmaak.Sterkte.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 12, 2014

      Dan kry ek sommer skaam oor kwinte en kwale waaroor ek soms kla.. ai tog . Hy het operasie oorleef, dit gaan onder omstandighede goed. Hoop maar ander voet word beter dat hy nie nog so drastiese prosedure kan vryspring

      Like

      • perdebytjie
        September 13, 2014

        Siestog,dis sleg!

        Like

  6. rondomtaliedraai
    September 12, 2014

    Ai daar is regtig mense wat swaa kry … mens begryp nie die doel daarvan nie.

    Liked by 1 person

  7. frandr
    September 13, 2014

    Sekerlik is julle sorgsame spreekkamer ‘n ligpunt in sy lewe.

    Liked by 1 person

  8. Terug pieng: Pas jouself tog op as jy Diabetes het. | Woorde

  9. Terug pieng: Mooi is die lewe.. | Woorde

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on September 11, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 513 hits