Woorde

Hoekom is Ouma se Oë so groot?

Sy trek deesdae haar oë skrefies, al is die skrif nou nie juis skrefieoogtrekskrif nie.

Dan weet sy die skrif is aan die muur.

Sy weet sy gaan weer gevra word , drink jy die pille vir die droë oë ?

Dan gaan sy vir die oogkundige vra ..het jy geweet cholesterol medikasie maak mens droogogig? Hopend sy vra nie weer oor die botteltjie pille wat steeds, net, slegs (!) , minus drie tussen resepteboeke staan nie..

Sy weet sy gaan gevra word ..Sien jy beter met die lens?   of Die lens?

Inso EBPSDDan sit die twyfel ook nog daar en sy’t lus en vra haar oog ..”Wat dink jy? ” en sy weet haar oog het lus en antwoord “maak jou oë oop, man!”

oogtoets comp

Sy het nogal gedink sy moet lampie by haar sleutelbord plaas vir lig op die onderwerp . Deesdae, met dié dat sy nie haar tiklesse in elkgeval meer onthou nie, moet sy soek na die W of die Y ..skielik is hulle nie meer waar hul altyd was nie.

oogtoets breier..

Sy gaan vandag spesiaal kyk of daar nie geheime boodskap weggesteek is tussen al die letters nie. Bostaande een is spesiaal vir die Breiers.

Sy wonder  oor mense wat nou nie kan saampraat nie. Hoe lees jy K1 as jy nie kan nie.. sy’t gaan soek en gevind. Het jy geweet mens kry regtig so ‘n kaart ?

oogtoets doweMag jy ‘n helder duidelike dag beleef.

Advertisements

13 comments on “Hoekom is Ouma se Oë so groot?

  1. scrapydo
    September 15, 2014

    Die droe oe is gladnie lekker nie, Wat doen jy daaraan?

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 15, 2014

      veronderstel om vitamiene spesiaal vir droë te drink . Mens kry druppels wat filmpie vorm oor oog ..maar dit is vir my ongemaklik voel snaaks .

      Like

      • scrapydo
        September 15, 2014

        I see! Daardie filmpie pla my ook. Sal maar moet bou aan vitamines dan

        Like

    • ddupl3ss1s
      September 15, 2014

      Optive plus die druppels ..ek het weer ‘n kwaai oog gekry van die jonge oogkundige …

      Like

      • scrapydo
        September 15, 2014

        Hy/sy kan maar kwaai oog gooi tot hul dit self beleef!

        Like

  2. Olga
    September 15, 2014

    Ek gebruik nie eers cholesterol meds nie en raai wat? My oe is ook droog.

    Like

  3. rondomtaliedraai
    September 15, 2014

    Ouderdom is niew vir sissies nie

    Like

  4. perdebytjie
    September 15, 2014

    Ek het nou al beproef dat hoe minder ek voor die rekenaar sit,hoe minder droog is my oë.Ek gebruik ook cholestrolmedikasie,maar die elektroniese goed is die sondebok!

    Liked by 1 person

  5. Kameel
    September 18, 2014

    More wag diè kaart vir my.i Dan ummm en aaaa ek ook, want ‘n mens moet nie fout maak nie; die bril moet reg wees wanneer hy kom.
    My oë is ontsettend ligsensitief. Sê vanoggend vir my man ek gaan sommer vra hulle moet hom permanent tint. Hy dink egter nie dit is ‘n goeie idee om heeldag met ‘n “donkerbril” rond te loop nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 18, 2014

      Kry vr jou lense wat aanpas by lig..my man se brillense is so..

      Like

      • Kameel
        September 18, 2014

        Ek het gehad, maar hulle gaan nie donkerder in die huis nie. Sal met oogkundige praat en hoor wat sy voorstel. Een van die dae lyk ek soos een van die mafia.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        September 18, 2014

        Lank terug was daar so advertensie op tv van mafia ou man met swart hoedjie de lot wat by apteek verkoue medisyne gesoek het ..jy’s darem seker nie vergesel met die gewapende brigade nie..

        Like

      • Kameel
        September 18, 2014

        Stoksielalleen…. behalwe as my man nou saamspeel, en sy bril ook donker maak. Foei, ek hoor al klaar die kinders se kommentaar……

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 15, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: