Woorde

Huis oppie Hoek

winterdagNee, ek weet dit is 19 September..

Miskien is dit oor die Skotte , die dat ons nou so ontydige ysigheid in die lug voel.

Deesdae lees die ou vrou , dié een met die oorgrootkamerjas, haar koerant op die rekenaar. Sy mis daardie lankterug se roetine..

  • Die alarmpies afskakel..die oopsluit van deure  die saamstap van Leo die Boerboel ..al heupswaaiend posbus toe… toe daar nog ‘n Rooi Posbus was( iemand het een eerder nodig gehad) soms is die koerant  oor die hek gegooi op die tuinpaadjie  , so blerts van Leo se minagting duidelik sigbaar …
  • Toe die huis oppie hoek ook nog genommer was. Iemand het dit óók meer nodig gehad.
  • Toe die ou vrou ook eendag haar koerant gedeel het met ‘n misterieuse besoeker..hy’t ook haar koerant nodig gehad, darem terug gebring vir haar om later die namiddag te lees.  Knaend het sy en hy  koerant gedeel… toe verdwyn die skim.. toe wonder sy  is hy dood of lees hy net nie meer koerant nie..
  • sy mis ook die uitknip … nee eerder uitskeur van ‘n  beriggie of twee. Koerantpapier gee mos anderste gevoel as rotatrim 80g papier…wat uitgedruk is met drukker.
  • sy mis die saamgesels met Leo.. en die duif op haar hek ..
  • sy dink mos nou aan die bome , maar sy moet eerlik wees die ‘inzoom’ op berigte maak ellendes nog erger.
  • sy is lief vir papier..sy mis daardie oopvou van koerant op haar Ouma se kombuistafel ..koffie in die beker .
  • Nou sit sy klinies en lees agter ‘n rekenaar.. met die  muis en sy ‘scroling wieletjie’ rol op rol af ..

 

19 comments on “Huis oppie Hoek

  1. Skeletor
    September 19, 2014

    Ek moet erken, as ek kon sou ek eerder die boeke wat ek op die Kindle lees wou lees as boeke ,proper gedrukte boeke. Maar die vet weet, ons in SA is mos so agterlik ons kry die helfte van die paperbacks mos nie hier nie! :(
    Toe ek klein was, en een van ons kinders het die voorreg gehad om in die Vaal Ster koerant te verskyn, sou jy daai ou beriggie met jou foto’tjie so mooi uitgeknip het en vir die wêreld gewys het!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 19, 2014

      Ag ja , jy praat. Maar ek lees nog my storieboeke van papier.. nog nie kindle nie, boeke raak luukse en ek weet dat Bib nie eintlik baie produktief is . Ek het darem drasties ingekort met tydskrifte koop.

      Like

      • Skeletor
        September 19, 2014

        As jy die Vereeniging Bib se copies van die drie Lord of the Rings boeke soek, ek het dit nie. Ek het dit nie gevat om seker te maak dat nie verlore raak nie.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        September 19, 2014

        Is die tante nou geskok!! Sal maar die 3 apie triek uithaal !! eintlik het ek net een handjie nodig vir die een horende oor… die ander een hoor inelkgeval net wat nodig is.. suising ..en druising en my gewete … !

        Like

      • Skeletor
        September 19, 2014

        Nee my Tante, daai boeke is nog die oues, met die illustrasies gedruk op die glans papier so tussen die storie deur. As mens na die illustrasies kyk, kan mens duidelik sien waar Peter Jackson wat die Lord of the Rings flieks gemaak het, sy inspirasie vir van die skote gekry het.
        Ek wonder nou juis, my ma het so Drie Apie beeldjie gehad… Wat het van die geword?

        Liked by 1 person

  2. newsferret
    September 19, 2014

    En dan stem die Skotte en die BBC is oorlaai en geen links wil opmaak nie en ook kan nie die hoofblad link nie —dis die moderne tyd waarin ons leef.

    Like

  3. Pixie
    September 19, 2014

    Ek lees Beeld op die internet, maar ek koop die Sondag Rapport. Daar is vir my net iets aan die papier, die reuk, die gevoel. Selfde met boeke. Ek sal nog gewoond raak aan my Gobii met sy vyf boeke waarvan ek nog nie eers een gelees het nie. Flip, wonder waar is sy charger….

    Like

  4. rondomtaliedraai
    September 19, 2014

    Hulle noem dit vooruitgang, maar ek wonder soms

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 20, 2014

      Ek hoor darem die groter druk wat mens glo kan stel (?) is gerieflik op Kindles.. die ou oë lees sommige skrif nogal met moeite.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        September 20, 2014

        Hier is ‘n man en sy vrou wat altwee Parkinson siekte het en hulle lees altwee op ‘n tablet en ek het gesien mens kan tot die spasiëring verstel.

        Liked by 1 person

  5. scrapydo
    September 20, 2014

    Dis darem baie onpersoonlik die lesery op rekenar. Geen hand wat dit vir jou aflewer nie. Geen hand om bladsye om te blaai. Geen geritsel- regtig tragies! Ons het vandag gestem en vanaand is dit net bespreking en gejuig en gehuil van kandidate en ondersteuners. As jy nou van smeerveldtogte die laaste maand of so praat, dan moes jy dit hier belewe het! Politiek is maar vuil. Nou is dit vandag nog trietsig, reenerig en koud hier. Ek het n goeie storie van jou nou nodig!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 20, 2014

      hier beleef die ouvrou met die kamerjas dikkopsiekte- en dit het boggerol met verwaandheid te doene. Ek stem politiek laat my altyd aan sekere beroepe dink – van versekeringsagente tot beroepe in die regswese. Jy wonder altyd of dit nou die regte stap is wat hul vir jou voordoen as die alfa en die omega.. Gaan ook maar soos ou verlate vadoekie op wasgoeddraad hang en probeer lees. Mooi dag , drink maar koffie saam met my .

      Like

      • scrapydo
        September 20, 2014

        Dankie vir koppie koffie, was heerlik. Ek gaan nou inkruip vir die nag.Dis koud en nat hier. Sneeu suidpunt gewees.

        Liked by 1 person

  6. frandr
    September 20, 2014

    Hoe nostalgies voel ek nou…Tot selfs oor die vroegoggendse gesukkel om my seun wakker te kry vir sy koerantrondte…

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 20, 2014

      My kinders het ook altyd Rapport afgelewer.. die een omie by die ouetehuis het altyd ..sy bedkassie laai oopgetrek dan sê hy. “toe kies vir jou een” dan was die keuse so wyd soos die Heer se genade ..al die sjokolades..

      Like

  7. Lewies Mymer
    September 21, 2014

    Hier is so baie 2 e handse boekwinkels is Hermanus dat dit skielik heel bekostigbaar is vir die uwe om weer boeke te koop, vir myself die keer, maar die spasie in onse aftreehuisie is nie wat ons daar in die Noorde gehad het nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 21, 2014

      Geniet dit , die kleiner plek en die koop van bekostigbare boeke

      Like

Lewer kommentaar op ddupl3ss1s Kanselleer antwoord

Information

This entry was posted on September 19, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 503 hits