Woorde

Staan sy toe in haar naaktheid neffens die telefoon…

Ek wou nie eintlik vandag praatjies maak nie, dikkop. Vaaldriehoek en sy besoedeling het my bestorm.

Nietemin..

Hoekom ek nou aan die kaalvrou gedink het weet ek wraggies nie. Lank terug was dit mos so gier (sou dit nou nie as mode beskryf nie)  die spierwit beeldjies..jy kon hul iewers in jou huis plaas. Jy’t sulke groot(groter as lewensgroot) weergawes ook gekry met kruike wat jy in jou tuin kon plaas.

Nietemin…

Ek dink ek het die kaalvrou iewers in Mafeking gekoop… doerie jare toe ons nog daar gebly het. Sy het maar saamgetrek . Mooi wit (nou nie marmer) beeldjie skraal vroutjie so effe hangkop -beskeie en verder was alles spits wat spits aan ‘n jongvrou kan wees..nie dat ek al ooit ‘n hangbors naaktebeeld gesien het nie..net ronde sitvlakke.

Nietemin…

Sy trek toe van vertrek na vertrek, en op ‘n stadium beland sy toe op die uwe se eggenoot se bedkassie. As jy iets soek..van notaboek tot wat ookal …”het jy al gekyk by die kaalgatvrou daar op jou bedkassie?” Hmm klink vreeslik, veral vir diegene wat sou kon dink my Geliefde het iemand anders daar in die kamer.

Nietemin…

Sy staan toe op sy bedkassie. So neffens die telefoon, en die notablokkie en die potloodhouer.. Niemand weet van die vrou nie. Net ek en hy en miskien die Julia wat haar soms afgestof het. Gesien sy skommel haar kop vir haar huismense .

Toe… kom besoek onse Leraar in Odendaalsrus ons eendag.  Ek kan wraggies nie die man se van onthou nie.. nietemin…

Hy vra so met die koffiedrinkery of hy nie net sy vrou kan bel(dit was lank voor selfone) nie, met die dat hy nou so bietjie langer wegbly en vir haar gerusstelling.

“Natuurlik, Dominee. Enigetyd.”  toe hy so wegstap…toe onthou ek van die kaalgatvrou.. ek kon darem regtig nou nie agterna skree ..”Verskoon tog die kaalgatvrou in my kamer , dominee!” nie. Jy wag maar dat hy terugkom.. en jy verduidelik niks nie -al sien jy daardie skewe glimlag so om sy mond… hmmm .

Nietemin..

Die beeld se plasing het gewissel van bo-op badrand..bo-op toiletbak waar mens nou darem haar naaktheid kon verduur en  met die intrek hier by die hoekhuis..besluit ek en verduidelik aan haar   “Suster jy kan maar nou gaan staan en koudkry neffens my varing in die tuin”  Nogal mooi gelyk , die beskeie ogies so agter die groenblare. Eendag vermis ek haar. Vra ek almal hier teenwoordig na my naakte beeld tot vir die Tuinman Jacob of Josef ..”Het jy nie daai kaalvrou pop gesien nie? ”  Al antwoord was net “Auk, nee!”

Sy’s weg. Tot eendag toe ek en my Geliefde ons middag se stap gaan stap..voor ‘n huis met ‘n tuin met voorraad beelde .. hmm raai, daar staan sy toe so ewe beskeie en loer met haar een borsie darem sigbaar agter ‘n vrolike papawer..vol in die blom!

Nou ja hier is ‘n pragtige voorbeeld van ‘n tuinbeeld, jammer ek weet nie wie is die beeldhouer nie..

beeld blog

Advertisements

19 comments on “Staan sy toe in haar naaktheid neffens die telefoon…

  1. scrapydo
    September 20, 2014

    Ag, dis te dierbaar! Arme vroutjie wat nou nie meer saam met julle is nie. Dankie vir vertellinkie dit het my aandag afgertrek v TV. Daar het nog nie n uitslag uitgekom nie.Gaan nou al vir 2 ure na sluittyd! Ha ha, ek gaan nou-nou inkruip en rustig slaap sonder opwinding. Hoop daardie vuil hooikoorslug het bietjie weggewaai. Geniet die naweek

    Liked by 1 person

  2. kellyseblog
    September 20, 2014

    Dis darem sleg dat sy moes verhuis het op so ‘n manier! Sy was half legendaries in jou huis!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 20, 2014

      Intussen is die heining se muur verhoog ,,nou kan die Beeldvrou nie meer kom beelde oes nie…

      Like

  3. monicahaddad01
    September 20, 2014

    hehe die dominee het gedink, a darem een huis sonder probleme ;-)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 20, 2014

      Dink dit was beslis ‘n verfrissende huisbesoek dit kan ek waarborg…

      Like

  4. rondomtaliedraai
    September 20, 2014

    Ek jou nogal van so half naakte beelde… hoe dink jy van ‘n Dawidbeeld hier op die landgoed?

    Like

  5. Tannie Frannie
    September 21, 2014

    Ag kostelik. Ek onthou so ‘n beeldetuin uit my kinderjare, dit was vir my vreeslik mooi. Dink darem nie hulle het van die beelde vasgelê nie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 21, 2014

      Nee my beeldjie was maar so liniaal lengte .. jammer vir die ontnugtering ..hy is sommer net geneem …. dit gebeur .

      Like

  6. Son
    September 22, 2014

    Ek sou my kaalvrou gaan terug steel het :-D

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 25, 2014

      Die ergste dit is ‘n kwaai vrou daardie ..eendag so in my wandelingkie voor hul tuin verby – hoor ek haar in die einste pragtige tuin hoe sy oor selfoon staan en swets dat die see daai een nooooit sou skoon kry nie.Ek is maar versigtig vir haar. Nee wat, mnstens tree daai kaalg…t vroukie as spioen op!!

      Liked by 1 person

  7. Woef-Woef
    September 22, 2014

    Jy laat my nou dink aan ons eie beeldjie. Sy het darem so ‘n lendekleed onderlangs aangehad en oor ‘n wasbak gebuk. In my domheid steek ek eendag ‘n kersie op die wasbak aan en raak die gesiggie pikswart. Sy kry toe maar ‘n tipp-exx facelift en na die kombuis afgegradeer waar sy langs die radio staan. Dis ook ‘n plek waar allerlei goed onnadenkend neergesit word. Ons begin toe maar praat van die “tannie.” As ons wil sê ons het iets daar neergesit, sê ons net dit staan by die tannie. Op ‘n dag het tannie die einde met die ewige verwissel in etlike stukkie na ‘n ongelukkig val. Dis al ‘n paar jaar gelede, maar ons sê nog steeds: Dit is daar by die oorlede tannie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 23, 2014

      Oe dit is so oulik, ek dink dit is eintlik so snaaks die naamgewing van bêreplekke!

      Like

      • Woef-Woef
        September 23, 2014

        Ja, gesinstaal wat niemand anders verstaan nie. Kan jy dink hoe ander mense reageer op die kaalgat tannie of die oorlede tannie?

        Liked by 1 person

  8. perdebytjie
    September 22, 2014

    Jy moes haar gaan terugsteel het!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 23, 2014

      Jimmel, toe kry ek sommer skaam oor die fênsie vrou my beeldjie vasvat ..en ek kry skaam om haar te konfronteer. Ons het dieselfde tuinman gedeel..ek vermoed dit is via tuinman soontoe geneem.. moontlik met aanmoediging , hul was stappers hier by my tuin verby,.

      Like

      • perdebytjie
        September 23, 2014

        Steel bly steel.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 20, 2014 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: