Woorde

Liewe Mia

mia 16 sep crop

Mia, Mia !! Word nou bietjie wakker …

mia sep 163Ek het gehoor jou Ouma vertel sy moet bietjie loer na jou boekrak…sy’t glo hierdie naweek in die Rapport gelees daar is weer nuwe kinderboeke..

miaboeke colageSy’t ook vertel sy raak nou vreeslik haastig , jy moet nou begin sit , dan gaan julle twee begin boekeloer.. Ouma het jou boeke gecolage ..om almal in te pas op hierdie bladsy.

mia fotos3Aaaa! Jy’s wakker.

Hallou Ouma se liefiekind. Een van die dae gaan daardie onderste 2 tande begin deurkruip. Mamma het vir my jou eerste tandeborsel gewys, tog te fraai met al daardie knoppies. Ek wonder so suutjies of jy jou mond so geneë gaan oopmaak.

Ouma en Oupa  voel deesdae knieserig..amper soos jy en jou nuwe tande in die kaste voel… knieserig. Dit is darem so lekker woord. Ons twee gaan darem lekker woorde leer. Woordeskat – kosbaar , daarsonder kan ons nie gesels nie.

Ek wonder wat sal jou eerste woord wees  , dalk iets soos  ..”suig Mia , suig..!!” en Mia spoeg daai prop dat hy doer trek- en Ouma neem jou nie kwalik nie.. al is die proppe nou in al die kleure van die reënboog, dit smaak na niks. Moenie dink Ouma het nie gesien hoe vervies jy jou nie..daardie armpies stokstyf reguit, ogies woolies se koffiebeker blou !  Hulle (dit is nou jou Ma en Pa) hulle moet net so soet stropie aansmeer ..dan mag jy dit dalk heroorweeg. Ek weet . Oumas weet, al mag hul nie.

Ouma groet nou eers..

Ons is lief vir jou

Ouma en Oupa.

 

 

22 comments on “Liewe Mia

  1. rondomtaliedraai
    September 22, 2014

    Ag sy is nou te ougat! Jy gaan haar vreeslik geniet!

    Like

  2. vega
    September 22, 2014

    Jinne sy’s ‘n pragtige ou poppie. My kleinkinders is gek na boeke. Dis weird, ek is ook mal oor boeke en koop aanmekaar vir hulle, maar ek hou nie van stories voorlees nie. Hulle Pappas lees vir hulle. Selfs die nanny lees vir hulle. Die 4 jaar oud ene is al by boeke sonder prente soos Roald Dahl en ander fantasie stories. Hy het ‘n wonderlike verbeelding. Die ander seuntjie (3) se Pappa leer hom al die groot Afrikaanse woorde soos gereedskap name (Hoekslyper, ja ek vra jou!) en motorparte. Ek hol saam en kruip op die grond en spring wipmat (goeie Afr woord wat die 3 jarige die trampoline noem) en doen verf en handwerk saam met hulle. Maar stories lees, ek hou niks daarvan nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 22, 2014

      Jou kleinkinders is nou op daardie heerlike stadium van gesels!

      Like

  3. scrapydo
    September 22, 2014

    Mmmm daardie soet proppie klink na besigheid. Jy sal maar solank moet begin lees dat sy gewoond raak aan die klanke

    Liked by 1 person

  4. Son
    September 22, 2014

    Sy is SO mooi!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 22, 2014

      Soms lyk sy na die Pappa soms na Mamma.. ons weet nie mooi watter kleur oë nie, lyk na grysblou, beslis nie bruin soos Mamma s’n nie.

      Like

  5. monicahaddad01
    September 22, 2014

    As jy nou so lekker skryf oor Mia dan kan ek eweskielik niks onthou van toe my kinders klein was nie, ek kan nie eers onthou of hulle fopspeen gesuig het nie. Dit sal hopelik terug kom as die tyd ryp is….hoop ek.

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 22, 2014

      Ek is so spyt ek het nie meer aantekeninge gemaak nie… sekere dinge van hul kleintyd kan ek bitter goed onthou maar sulke kleinigheidjies van tandekry en glimlag en eerste woorde .. dit kan ek nie onthou nie.

      Like

  6. perdebytjie
    September 22, 2014

    Ag sy is dierbaar!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 23, 2014

      Sy het haar stembande ontdek ..of liewer die krag wat dit kan uitoefen as sy nie tevrede is nie!!

      Like

  7. Tannie Frannie
    September 24, 2014

    Ag sy’s te pragtig – en gelukkig om ‘n boeke-ouma te hê!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 25, 2014

      Wonder of boeke genetiese oorwerwing is…of liewer die liefde vir lees

      Like

  8. Orange Blue
    September 24, 2014

    Ouma wees is lekker en ‘n voorreg

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 25, 2014

      Baie beslis. Ek laat altyd iemand(my man) in die huis weet as daar iets oor Matoppies geskryf word by jou… hy is ‘n Molopo/Vergeleë/Stella -gebied boorling.

      Like

  9. Riette
    Oktober 20, 2014

    Baie dankie dat jy my dingetjies so getrou lees en op die ”like” knoppie druk. Ek waardeer dit!
    Jy se jy is die een met die baie blogname. Wat is jou ander blogs se name?
    En hoe gaan dit met klein Mia?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2014

      Ek kuier maar altyd daar by jou. Ek het my blogs gesluit ek dink daar is nog een op wordpress.. ek het sy password vergeet.. muwe een geopen en toe onthou ek .Ha ek sal eers moet gaan kyk onder watter naam is daardie blog..ek gebruik hom nie meer nie. miskien moet ek daardie blogs oorplaas hiernatoe en my Litnetblogs ook.. daar is nie veel oor nie, ek neuk mos om dit sommer te delete. Mia kindjie word vinnig groot . Ons geniet elke oomblik saam met haar. Sy wroeg net met tandekry ..stomme kindjie..

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on September 22, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 36 520 hits