Hmm, die opskrif was aspris.
Die twee ou mense in die huis op die hoek (hul is nou nie die moere nie) het mos ‘n groetetuin . Daar is rissies ge-oes vir die hele volk en vaderland. Daardie klein groenetjies. Nie die erg brandrissie grootte nie. Met die dat ons nou nie soveel verbruik nie, het Annah Moabi elke dag ‘n sakkie vol busstop toe geneem .. beslis produktiewe inkomste vir haar. Het jy geweet dat hul betaal wraggies 1,50 vir enkele rissie. Sy kon met haar rissie inkomste elke dag uie en tamaties koop en nog melk ook.Die poging om soetrissies te plant was onsuksesvol , dié het net skewebek getrek . Wou darem nou nie vir die Rissiebrigade hier oorkant rissies aanbied nie.. hul het genoeg op hul tong!!
Met Annah in gedagte het ek Marog ook gesaai (gefloreer soos ‘n droom) Jy kry pakkies saad te koop. Spinasie is geplant en ge-oes – tamaties het darem paar opgelewer, wat ek afgespoel het en gehap het soos ‘n appel met sout en peper ge-eet en aan my broer Dawid gedink met elke hap. Groenbone was hopeloos- en toe loop ‘n aartappel uit en ek onthou jy kan daardie uitloopsel in die grond druk, opgekom en afgegaan (reg vir uitlig) Siestog die hoop beskaam nie
Daar was glo nog een- maar Jacob en sy mede trawant het hom middeldeur gespit.
Ons het darem Boerpampoene in pampoenseisoen ge-oes . Maar lemoenpampoentjies het nie eens oë gewys nie.
Nou word daar kompos ingespit en vreeslik beplan aan nuwe groentetuin. Ek kry so saligheid oor my gesig. Dit is seker een ding wat ek van my Ouma Dirkie Schoeman ge-erf het..groentetuin maak. Met dat die skroewe mens laat knak en nie weer maklik laat opkom nie..sal my buurman seker erg bekommerd raak as hy my in die posisie sien al kruipend tot by afloopgeut en my steunend ophys.
Daar gaan glo so groenwatertenk opgerig word te veel water loop uit geute wat die groentetuin kan onderhou. Wie de hoeners daardie fondasie gaan grawe en bou weet ek nie.. maar op iets sal ons daardie tenk moet staanmaak.
Groetnis.
Baie lekker om eie groente te kan pluk. Vars tamaties, jammies! Hier het ons n groenboontjie wat skrik vir niks as dit by groei, rank en bone maak kom. Heerlik hele winter bone hier gehad. Skoondogter se “ons” moet beslis weer die bone plant.
LikeLike
Ag ek is so lief vir groenbone ek hoop regtig hierdiekeer gaan dit beter, met die troetel en kompos en alles.
LikeLike
Groentetuin is verslawend, ai dis darem lekker om die goed so te pluk!
LikeLike
..ek het aan jou gedink , vanoggend so met die tong in die kies oor my aartappeloes. Gedink my tuintjie sak sy kop in verleentheid voor joune. Ek wou jou nog vra het jy die ou Winkeleienaars op Vredefort geken -Tanchel se winkel, Orkin . Lourie. Me Miller en haar Man ..? Almal S.A Jode wat deel van die gemeenskap was.Groenteruilhandel vir kruideniersware was destyds volop.
LikeLike
Watwo ek sal wat wil gee om daai pampoen in my tuin te kon hê! Nee ek het hulle nie geken nie, sou graag wou !
LikeLiked by 1 person
ek was so trots op daardie oes… dink so 10 ge-oes. Eerste keer wat ek pampoen geplant het met gekoopte plantjies .
LikeLike
Ek is gepas beindruk!
LikeLike
sal maar weer kom spog as daar oes is..
LikeLiked by 1 person
Nou het jy my so lus vir daardie vars tamatie!!!
Het op ‘n stadium tussen mielielande groentetuin gehad… voel skoon trots om jou eie groente te kan pluk.
LikeLiked by 1 person
My pa het tamaties in lande geplant.. tamatie word mos net natgelei. Ag die smaak! My plantjies lyk heel hups vanoggend.
LikeLiked by 1 person
En nou wens ek weer ek het ‘n tuin gehad! Ek mis dit die heel meeste…van my huwelik wat ten gronde geloop het.
LikeLike
Nou die dag by ons Tuinplek gesien hoe pragtig groei Spinasie in tuinpot.. hul vertel spinasie is een van die groentes wat goed groei in gedeeltelik son en skadu. Miskien is daar moontlikheid vir jou om ‘n pottuin te probeer.
LikeLike
Oooo, wat sou ek gee vir so ‘n mooi boerpampoen wat aan die rank ryp geword het! Sulke stewige, droë, oranjegeel vleis. Daelank kan mens aan hom kook: pampoenmoes, skywe in die oond, pampoenbredie, pampoenkoekies… Lank, lank gelede het Andre P Brink ‘n wonderlike essay geskryf oor ‘n pampoen wat hy in Parys, Frankryk te koop gekry het. Dis ‘n mitiese, magiese groente – g’n wonder dit kon in ‘n koets omgetower word nie. Tuinmaak is baie harde werk – julle verdien die vrugte daarvan!
LikeLike
Ek stem dit is dekselse harde werk..geen groter vreugde as daardie groenboontjiestoel se blommetjie verskyn …ek hoop darem dese boerpampoene is nou nie die facistiese pampoen nie..ek dink altyd aan boerpampoen as digterlike kos. Behalwe die dae in die koshuis ..toe het die pampoen so geswem vir hul lewe in waterige sousie…
LikeLike