Woorde

Foeitog die arme twee ou mense van die Hoekhuis !

Ek bewonder mense wat pyn sonder om te kwik of te kwaak. Jy sal so agterna hoor, “.. haai foeitog so-en-so was mos siek , glo in stilte maar die las gedra..” Se gat man, ek kla..

Ek weet verkoue/hooikoors is nou nie iets klaenswaardig nie.. en dan is die man in die huis ook deesdae siek( nou ook nie van ‘n eenvoudige siektekie soos verkoue nie – ag foeitog die arme mens) Ons was mos saam-saam daar by die man van kennis van goed en kwaad .. vertel hy vir die siek ou man hy soek  uriene monster. Ek lag nou nog vir sy reaksie ..” Dr, jy kan my dooddonner (of iets in daai lyn) maar ek kan nie nou ‘n druppel …” Hmm, die gesigsuitdrukkings van beide die man van goed en kwaad en die man van kwale was prysenswaardig!Dit het ek geleer hierdie man des huises , is uiters knorrig as hy in ‘n siektetoestand verkeer . Die verskil ..ek kerm en klae en hy  wroeg.

So staan ons maar by die ketel en wag vir kookslag , en kla teenoor mekaar en wens tog ons is nog 20 jaar jonger. Lekker vraatsig..sommer 20 jaar!

Ons twee het sommer daar en dan besluit mens moet eers alles doen wat mens wil en as jou fisiese krag afneem verskuif kantore toe en dan werk vir ‘n lewe.. Wie de duiwel die vooraf sessie van doen en late gaan betaal weet nugter.  Drome droom en gesigte sien!

Dit is al wat ek op hierdie Donderdag – wat soos ‘n Maandag voel – te vertelle het, en ons het gister  boggerol gebraai.  Ons was mos siek…

Advertisements

20 comments on “Foeitog die arme twee ou mense van die Hoekhuis !

  1. rondomtaliedraai
    September 25, 2014

    Sterkte … As mens gelukkig is sal dit ook oorgaan.

    Liked by 1 person

  2. scrapydo
    September 25, 2014

    Een jong beginner onderwyseressie het eendag lank lank gelede altyd gese: Die lewe is n lied : dis soos n dodemars! Ons was in daardie dae in die laerskoolkoshuis as huis moeders. As dit so rof gaan het sy die altyd gese. Die lewe is maar op en af, party dae meer af as op. Die wederhelf manier van dr hantering ken ek ook goed! Hoop die olikheid(geit?) vlieg sommer die huis uit.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 25, 2014

      Ons is nou al op Voorblaaie van Koerante oor lugbesoedeling in Vaaldriehoek – ons kan handboeke skryf oor besoedeling-verwante kwale…

      Like

      • scrapydo
        September 25, 2014

        Het 13 jaar in Secunda gebly en glo my die longe werk nog steeds nie behoorlik na al die vuil lug wat ek inge-asem het. Asma aanvalle gekry dat ek tot in hospitaal beland het elke nou en dan.

        Like

  3. Net Ek
    September 25, 2014

    Ek lees altyd so lekker hier Dirkie!

    Ek hoop julle altwee voel sommer gou weer beter en braai gou weer :-)

    O en terloops, ek kan ENIGE tannie van 80 onder die tafel in kla!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 25, 2014

      Het jy gister lekker gebraai. my Kind? So dankbaar jy lees hier..ek kom agter as jy rukkie iewers is of moontlik is dit toe ek so genies het dat ek jou nie raakgelees het nie. Hier kom by die Voetekind eendag ‘n tante van oor 80 sy hop op daai ondersoekbedjie tjoef tjaf en ekkke steun tot op haar steppie en ek steun tot op die ondersoekbed(voordeel sy doen haar Ma se hakke) sy kla ek is seker die moeilikste pasient oit!! Ha ! Jollie dag vir jou.

      Like

      • Net Ek
        September 25, 2014

        Ja ek was so paar dae stil, sug. VIESLIKE bleddie 2-dag audit gehad, maar dit het darem goed gegaan. So verlig dis verby.

        Liked by 1 person

  4. perdebytjie
    September 25, 2014

    Ek lag lekker vir jou,maar ek wens ook ek was twintig jaar jonger!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 25, 2014

      Nou die dag sit en dink hoe fiks was my Ma op 61..liewe ouers ek’s hopeloos!

      Like

      • perdebytjie
        September 25, 2014

        Ek is ook nou 61 en staan elke oggend op en wonder watter verrassende nuwe skeet ek vandag weer gaan he. :lol:

        Liked by 1 person

  5. scrapydo
    September 25, 2014

    Ooo julle oor sestigs moet wag tot jul naby 70 kom dan weet jy nie of dit jou bene, rug, longe of hart is wat party dae soooooo moeg voel dat niks wil werk nie! Join the club! Dis gelukkig net die eerste 100 jaar wat so erg is. (Ek spot nou lekker, ek is dankbaar om nog steeds elke dag my steil bult uit te loop met Trompie. Middaglopie is meestal die moegwees sessie)

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 27, 2014

      Ek kon stap ..nou hang ek mos aan my bene.. hoe verder ek stap hoe swaarder word die boonste deel van die torso . Loop vooroor soos iemand wat iets op die grond soek ..

      Like

      • scrapydo
        September 27, 2014

        Dis nou n goeie beskrywing van die boonste deel wat half te swaar word vir onderste deel! So in jou geval gaan jy vooroor om die gewig van die bene af te kry?!

        Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai
    September 26, 2014

    Hoop dit gaan beter vandag? Gelukkig is dit naweek

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 27, 2014

      My oë lyk darem nie meer soos ‘n fonteinpadda s’n nie.. en ek hoop iemand in die huis word ook beter – 2 siekes nie goeie kombinasie nie.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        September 28, 2014

        Dis so … dit klink of julle kan doen met ‘n vakansie

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 28, 2014

        Ag , en daar is nog so baie plekke waar ons wil kuier.. maar mens moet gesond voel. Beide van ons klink bewoë – snuif-snuif en word gevolg met so weemoedige sug ..gie gie!

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        September 28, 2014

        Toemaar dis amper verby!

        Like

  7. Lewies Mymer
    September 27, 2014

    Nee nee! jy maak my bang met die ding van die ‘ou mense’! Ek dink ek en jy moet karperde wees, (sal Woensdag detail gee) en ek wil nie oud wees nie! Nie nou hier in my afgetrede lewe nie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 27, 2014

      Ons twee by die hoekhuis suffer soos ou Ant Stienie van lank terug…hopelik as dit eers hier gereën het , hol die kieme weg. Ek verpes medikasie, die goed het menigte newe effekte ..dit maak my moerig!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 25, 2014 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: