Woorde

..die arme ou vrou op die hoek se man is mos..

..gehospitaliseer.

Laasnag gedink die neukery as jy so lang pad saamstap, dan voel jy half onvolledig.

Ander storie van die man.. vra die nurse met die papier op die ‘clipboard’

“wat het u ge-eet Meneer?”

Dan kan hy verslag doen van A tot op die laaste krummels van die Lemon Creams..so eerlik. Hmm ek sou dalk so bietjie gelieg het oor my inname die afgelope 24 uur.

Ek’s bly hy is gehospitaliseer.

Ek’s bly hy kry pynverligting – al het hy vir my effe vreemderig begin gepraat met daardie Phetedien in sy are. Heel vrolik bloesend. Na maande se al bleker en geler en afgematheid.

Moontlik was dit omdat ek nou nie eintlik gewoond is aan ‘n praatjiemaker nie. Hy is suinig met sy woorde . Mors dit nie sommer nie..daarteenoor is sy ouvrou nou die geselser. Pasmaats.

Wou nog sê – toe die nurse hoor  van die Lemon Cream toe word die Meneer sommer Oom . Ag foeitog.

 

Advertisements

20 comments on “..die arme ou vrou op die hoek se man is mos..

  1. perdebytjie
    Oktober 1, 2014

    Ag jinne Dirkie,sterkte daar.Vat vir hom Lemon Creams as hy beter is.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 1, 2014

      Ek hoop net hy kry weer eetlus, sodra hy gesond is kan hy maar kies.. dis erg as mens so knibbelsindroom kry.

      Liked by 1 person

  2. newsferret
    Oktober 1, 2014

    Sterkte daar!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 1, 2014

      Dankie News..hy’s nie beiindrukl met xstrale prosesse nie… sal nie sy woordeskat herhaal!!

      Like

  3. Net Ek
    Oktober 1, 2014

    Ai jinne, baie sterkte Dirkie.

    En ja, soos Perdebytjie sê, vat maar vir Oom Hoekhuis paar koekies as hy beter is.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 1, 2014

      Ek het vir hom vertel van sy nuwe naam Oom Hoekhuis… te oulik !!

      Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 1, 2014

      oe en daardie Oom Hoekhuis lees nooit die ou vrou se blogs nie.. net Mia s’n ..as ek hom inlig.

      Like

      • Net Ek
        Oktober 1, 2014

        Maar dis lekker dat hy darem weet!

        Niemand in my huis weet ek blog nie. Net my ma en broer, maar hulle weet nie waar nie!

        Liked by 1 person

  4. scrapydo
    Oktober 1, 2014

    Dit was seker maar n skok om so gehospitaliseer te word vir jul beide. Hoop dit gaan gou weer beter. Wat het dit getrigger as ek mag vra? Dink aan julle en sterkte daar.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 1, 2014

      As ek dink hoe lank loop hy al met simptome..wat mens toeskryf aan swak spysvertering tot verkeerd eet .. later vergiftig mens mens jou liggaam met kwale – ek is net bly die Radiografis het uit sy eie besluit om bykomend xstrale te neem..

      Like

      • scrapydo
        Oktober 1, 2014

        Bly om dit te hoor. Dis waar, mens bou die goed op totdat dit amper te laat is om weer te herstel(veral op onse leeftyd!)

        Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 1, 2014
  5. rondomtaliedraai
    Oktober 1, 2014

    Dit sal gou beter gaan … sterkte vir die heen en weer ryery

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 1, 2014

      Dit gaan bietjie woes .. werk hierdiekant met voete siele se afsprake en Mia kry tande en dan pas mens maar besoeke vroegoggend en laatmiddag na werksure in.

      Liked by 1 person

  6. monicahaddad01
    Oktober 1, 2014

    Hoe së hulle ? Absence makes the heart grow fonder. Sê maar net vir jouself “this too shall pass.” Dis moeilik so vasbyt…. en sterkte.

    Liked by 1 person

  7. ddupl3ss1s
    Oktober 1, 2014

    Monica, ek is eerlik – ek is bitter bly hy is in hospitaal. Afgelope tyd was daar nie sprake van veel slaap nie. Minstens kry hy nou verligting met medikasie.

    Like

  8. Lewies Mymer
    Oktober 2, 2014

    Sterkte! Hoop hy is gou perdfris.

    Liked by 1 person

  9. Tannie Frannie
    Oktober 2, 2014

    Jammer om te hoor – hoop hy is gou terug by die huis!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 1, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: