Woorde

Liewe Mia

Vrydag 3 Oktober.

Hierdie datum is belangrik vir jou Mamma en Pappa. Ek hoop Pappa onthou anders gaan hy so effens in die moeilikheid wees.

Ouma gaan jou twee woorde leer.. Eerste een Getroud.

Op 3 Oktober 2009 is jou Mamma en Pappa getroud.

getroud

Dit is hulle  hande toe hul vir mekaar ringe gegee het op die spesiale dag.

En so het hulle gelyk 5 jaar gelede

woudie david blog

Mamma se haarstyl het verander.. miskien  haar gesig ook so bietjie maar die glimlag – dit het gebly. As jy na hulle twee aard gaan jy darem seker die dogtertjie wees met die mooiste ge-erfde glimlag

david b

Die ander woord wat Ouma jou wil leer is –Gesin

Die dag toe ons hoor daar gaan ‘n babatjie vir Mamma en Pappa gebore word, was ek en Oupa darem heeltemal uit ons velle van blydskap. Dit is die grootste vreugde om ‘n Mamma en Pappa te kan hê wat vir hul klein Mia so lief is.

gesinGesin

Mia, het jy gesien ..die glimlagte ! Ouma kan nie wag dat jou tandjies moet uitkom nie. Dink net, net so wye oopbekkie glimlag !

Ons is baie lief vir jou en julle huisgesin.

Liefde

Ouma en Oupa,

Advertisements

8 comments on “Liewe Mia

  1. perdebytjie
    Oktober 2, 2014

    Ag dis oulik..Mia is so gelukkig om deel van so ‘n mooi gesin te wees!Ek hoop dit gaan beter met Mia se Oupa??

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 2, 2014

      Ons maar nog bekommerd. Hy is steeds in hospitaal. Hopelik word hy huistoe gestuur terwille van vrede en liefde want hy raak nou al knorrig oor kleinigheidjies .

      Like

      • perdebytjie
        Oktober 2, 2014

        Sterkte,ek dink aan jou..dis glad nie lekker nie!

        Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    Oktober 3, 2014

    Ek vier nooit ander mense se huweliksherdenkings Ek het altyd vir my ma gesê dis mos nie my keuse gewees nie Hulle het die plesiertjies gehad en nou moet ek die vier (maar het darem ook lustig saam geparty) Hoop dit gaan gou beter met Oupa. Het hulle nou al aangedui wat hulle beplan?

    Like

  3. Net Ek
    Oktober 3, 2014

    Sjoe, wat ‘n mooi gesinnetjie!

    Liked by 1 person

  4. scrapydo
    Oktober 4, 2014

    Dis nou heerlik om Mia se Pappa en Mamma so mooi in n gesis foto te sien. Se vir Mia ek dink haar glimlag gaan beslis naby Mamma sn kom. (Dink aan jou en die hospitaal en knorrigheid)

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 2, 2014 by in Briewe,Uncategorized.

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: