Woorde

Hospitale ruik nie meer na hospitaal nie!

Sy stap met  handbagasie in  die hospitaalgang oppad na kamer, nommer ?,  eerste een om die hoek . Sy wonder hoekom voel sy na wildeweghol .

Sy loop en dink – trek tog maar die skouers reguit. Trek tog maar die gesig ook reg. Daardie lig in die oë aangeskakel.

Stap ganglangs ..probeer nie na mense in buurkamers te kyk. Veral die met die simpel blou mussies op die kop wat so ten hemele staar soos lammers ter slagting nie.  Stap verby teaterdeur..oorkant ‘n inham met 6 stoele. Elkeen met ‘n wagtende . Sommige so mooi gegrimeer en getooi, vir die siel op bed wat later uitgestoot gaan word. Sy wonder of die gesprek so luid gevoer word uit vrees of hoekom spog jy nou op so ‘n dag oor jou kleinkind wat so intelligent is  “vreeeslik slim jy weet, kom ek soek net gou van hom ‘n kiekie! Ag nou waar’s dit tog nou?” vingers al soekende op selfoon foto-indeks.

Die verkeer word meer . Mans met driepootwiel-drupstelsels.Hangend daaraan soos lewensredders. Ganglangs met klein pantoffeltreëtjies oppad na die ontsnapping uit Hospitaal. Smagtend . Verbete uitdrukking om die mond van ek moet nou ‘n rokie gaan maak of!!

Sy stap verby kindersaal ..

Tot by die kamer.

Hy hang ook vol drade  met kos  of medisyne …hosp

Sy vra –

Hy antwoord

Hy vra

Sy antwoord

Hy vra wat’s nuus- en sy vertel van die dik hond en die slobberhond wat hom mis;  sy noem liewer nie sy mis sy hoes en sy stamp aan haar as sy snork nie,  sy sluk maar  die te-na-aan-die-emosie-gevoel weg.

Hy vertel oor sy snorkende kamermaat , Portugees. Hy sweer die man snork anders as ‘n Afrikaanssprekende. Hulle lag maar suutjies saam. Hy vertel   “Weet jy ek sit netnou daar buite by die rookarea, ek luister maar na die ouens se praatjies. Hoe hulle sit en spog en dit wragtag oor hulle aambeie! Mens sou sweer dit is soos ‘n groot vis wat weggekom het – die grootte word met elkeen groter en grusamer!”

Hul lag saam.

Sy groet  met ‘n “ek sien jou vanmiddag” en ‘n vermanende “wees tog maar geduldig” en ‘n   “asseblief moenie die Hospitaal se administrasie vir hulle wil verander nie!” en sy hoor net ‘gmf, hul het dit nodig!” en dan dink sy – stomme Nursies..

 

* hy is intussen darem huistoe- genadiglik betyds vir die Rugbywedstryd. Sommer vir die dr vertel ..hy sal self Maandag afspraak maak by sy GP -vir die volgende besoek aan volgende  dokter  indien hy(die GP) dink dit is enigsins nodig. “Bly ,  bly hy not ‘n donner langer !”

 

 

Advertisements

18 comments on “Hospitale ruik nie meer na hospitaal nie!

  1. rondomtaliedraai
    Oktober 5, 2014

    hehehehe dan is hy gesond genoeg… sterkte … dis amper verby!

    Liked by 1 person

  2. Flenters
    Oktober 5, 2014

    Sterkte en beterskap

    Liked by 1 person

  3. monicahaddad01
    Oktober 5, 2014

    Alles sal regkom sê Jan Brand :-)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 6, 2014

      Tesame met die liggie voor in die tonnel.. ons glo daar moet rede wees vir die infeksie en sal met die ontdek genees.

      Like

  4. Tannie Frannie
    Oktober 6, 2014

    Jy vang die ontsteltenis van ‘n hospitaal so goed vas! Baie bly hy’s tuis.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 6, 2014

      Dankie Ta Frannie, weer gesit en dink ek het oeroue vrees vir die plek..

      Like

  5. scrapydo
    Oktober 6, 2014

    Die prentjie kan ek baie duidelik sien. Die stories, rokies, snorkery en asdministrasie wat reggeruk moet word. Mens mis darem maar daardie saamwees vreeslik as dit so is soos daar by jou. Bly jul kon darem rugby sam kyk. Lekker gewen ne! Nou gaan alles weer in die regte rigting ….

    “Like” jou pos se nuwe voorkoms!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 6, 2014

      Frustasie vir iemand wat alles so op die stempel toe reg wil hê ! Ek het maar gesit en huisskoonmaak.. wonderlik hoe aandagafleibaar so proses is, al is dit tot om jou blog ‘n nuwe skoon rok aan te trek. Dankie vir die kuier.

      Like

  6. Net Ek
    Oktober 6, 2014

    Ek is bly Oom Hoekhuis is weer op die hoek waar hy hoort!

    Het hy darem koekies gekry?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 6, 2014

      Soutkoekies.. toe hy Komkommer eet in sy hospitaalslaai..toe weet ek die man is desperaat om huistoe te kom . Dankie Net Ek vir die saamlees.

      Liked by 1 person

  7. Lewies Mymer
    Oktober 6, 2014

    Lekker geskryf aan ‘n goor onderwerp! Bly hy is tuis.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 6, 2014

      Dankie Lewies. Nou moet antibiotika uit liggaam – dan kan eers volgende toetse gedoen word. Sien iemand is effens op moedverloor se vlakte..Antibiotika toe ook nie altyd alfa en omega nie.

      Like

  8. perdebytjie
    Oktober 6, 2014

    Onthou om vir hom Lemon Creams te gee.Sterkte daar.

    Liked by 1 person

  9. Terug pieng: Die stomme vrou het mos ook ‘n stomme man! | Woorde

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 5, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: