Woorde

Pil of tablet ?

Ek hou nie van pilletjies drink nie of dit nou noodsaaklik is of nie. Ek bevraagteken altyd die gps- vaardigheid van enige medikasie.

Lank terug was hier ‘n Tannietjie wat ewig getwyfel het , het sy nou haar pilletjie gedrink of nie..dan drink sy dit nog ‘n keer vir die wis en onwis.. en natuurlik is Tannie ‘so-en-so’ heeltemal in ‘n waas teen die middaguur.

Sy’t korte met die probleem gemaak.. notaboekie gekry elke dag gedateer in afdelings oggend,  middag,  aand. Dan maak sy ‘n strepie langs maandagoggend …  so ook met elke pildrinksessie , om darem nie weer in wasigheid te verval nie.

Toe raak haar brein in wasigheid. Toe weet sy nie meer wat is ‘n notaboekie nie wat nog te prate van al die stokkiemannetjie strepies so op ‘n ry nie.. Ai foeitog.

Net vir die gerusstelling.. ek is nou nie in wasigheid nie. Ek los sommer daardie skildklierpil as ek nou nie kan onthou,  het ek nou die ding gedrink of was dit gisteroggend wat ek die klein wit sirkelpilletjie gedrink het , wat veronderstel is om dit wat halfhartig werk weer lewe te gee  ?

pil

Bogenoemde kapsules is vol glitter(?) jy maak dit oop as jy moeg en moedeloos is en strooi dit – sonder gps gee dit sommer koers in jou lewe..

Advertisements

17 comments on “Pil of tablet ?

  1. Net Ek
    Oktober 7, 2014

    Ja ek wonder ook altyd hoe kom die pille waar hulle moet werk.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 7, 2014

      Dit wil ek bitter graag weet.. dalk help cholesterol pille sommer vir my skildklier !! Wie weet..

      Like

      • Net Ek
        Oktober 7, 2014

        Hehehe ja, en Viagra vir hoofpyn!

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Oktober 7, 2014

        Oe, stout… kom ek nou in die versoeking ..kry mens nou grootkop daarvan ?

        Like

      • Net Ek
        Oktober 7, 2014

        Hehehehe!

        Enige iets is seker maar beter as kleinkoppie trek?!

        :lol:

        Liked by 1 person

  2. scrapydo
    Oktober 7, 2014

    Wonder dieselfde as Net Ek! Alles gaan tog maar maag toe en dan wie weet waarheen verder. Ook maar n donker besluit vir pille om te besluit wat gaan waarheen!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 7, 2014

      Net so duistere roete ..hul het seker almal tonnelvisie!

      Like

      • scrapydo
        Oktober 7, 2014

        Ha ha, net een rigting en reguit na die plek waar die pyn is.

        Liked by 1 person

  3. Toortsie
    Oktober 7, 2014

    Gelukkig het hormoonpilletjies darem ‘n dag se naam by… maar ek is gereeld by die verkeerde dag!! :shock:

    Liked by 1 person

  4. ddupl3ss1s
    Oktober 7, 2014

    Ek plak. Nie soos in plakkerskamp nie.. sticker.

    Like

  5. perdebytjie
    Oktober 7, 2014

    Ek verkies daardie glitterkapsules op jou prentjie!

    Liked by 1 person

  6. Kameel
    Oktober 7, 2014

    Ken het die dilemma rondom pille vir my mooi uitsorteer. ‘n week se pilleboksies. Elke boksie het vier afdelings vir oggend, smiddag, later in dag en saans. Was dit nie vir die pilleboksie nie het ek ook lankal soos daardie tante rondgeloop. :)
    My niggie het in ,n koma in hospitaal beland omdat sy tweekeer haar bloeddrukpil gedrink het.
    Sommer so terloops…. ek drink vyf bloeddrukpille deur die dag. Daarom is die boksies so belangrik.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 7, 2014

      Ag foeitog Kameel.. dit is erg, dan kla ek oor 2 pilletjies \n dag.

      Like

      • Kameel
        Oktober 7, 2014

        Ek is net bly die dokter kon ‘n bloeddruk wat soos die branders van die see skommel, uiteindelik kalmeer. Uit moedeloosheid laat val hy op ‘n dag ‘n pak geel pille op die tafel voor my. “As hierdie pille ook nie help nie dan kan ek jou nie dokter nie.” sê hy. Ek moes my normale bloeddrukpil in die oggend drink, en dan ses van die geel pille deur die dag. Dit werk toe!!! Mettertyd is dit na vier verminder. Nou sluk ek maar uit pure dankbaarheid.

        Liked by 1 person

  7. monicahaddad01
    Oktober 7, 2014

    Daai glitter pilletjies, dis my soort pille. Ek het nou eetbare glitter ontdek vir koeke, en dan glitter almal sommer saam ;-)

    Liked by 1 person

  8. rondomtaliedraai
    Oktober 7, 2014

    Eish … nou is my kommentaar weg.

    Like

  9. vvuureoc
    Oktober 30, 2014

    Gele vir die lewer groene vir die niere bloue vir die longe bruine vir die are witte vir die kop swarte vir die bene EN ‘n rooie om die verkeer te reêl!!!

    Ek is so bang vir verslaaf raak dat behalwe vir die antibiotika ek die ander sommer wegsmyt die weede dag wat ek beter voel

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 7, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,699 hits
%d bloggers like this: