Woorde

Boeke

Op Facebook is daar ‘n uitdaging wat so met ‘n draai by my uitgekom het. Tina van http://rondomtaliedraai.wordpress.com/ -faam vra –gee ‘n lys van boeke wat op jou ‘n invloed gehad het.

Ek het haar vertel ek mag dalk verkeerde indruk skep as ek al die Moord en verwurg boeke op ‘n lysie plaas. Self gesit en wonder oor – invloed versus liefde vir die voorkeur! Lewies van http://pasella2013pasella.wordpress.com/  was ook al besorg oor die verborge aggressie van ‘n Liefdevolle Ouma oor die leesstof. Moet darem byvoeg alles is nie altyd koringkorrels nie sommige is kaf.

boekecolage

Hand in die sy gestaan so skewekop en gewonder…

boeke7Miskien moes ek in die kombuis ‘n draai gemaak het en resepteboeke afgeneem het. Dit het definitief ook my lewe en almal wat moes eet, beïnvloed. Menige dag het ek gedink , hierdie resep is tot op  jota en titel gevolg, wat is foutjie dan as die gereg soos semel proe. Inaggeneem dat sy ‘n beroerde kok is.  Miskien moes ek dalk “Learn to Knit” boek  gekiek en noem. O die wonder van om op jou oudag reg te kry om steke op naalde te kan opsit en al is dit net regs en aweregs – dit voel soos prestasie wat geen woorde kan beskryf.

Ek wil ook graag hierdie een boek noem

boeke6

Met grootskrif en prettige illustrasies

boeke6bHierdie boek , het ek as hulpmiddel gebruik, om op ‘n maklike verstaanbare  manier aan my kosbare kinders te moes vertel -Elke mens het ‘n begin Mamma en begin Pappa en ons, ons is nie die begin nie en ons het jul so oneindig lief .

Voordat ek nou weer staan en emosioneel raak … groetnis en onthou almal wat hier lees –  kinders is kosbaar en  dan praat ek  nou nie van die klein spoegbekkie terplaatse nie!

 

 

12 comments on “Boeke

  1. Net Ek
    Oktober 8, 2014

    Ek het ook die uitdaging gekry van Tina, en ook gedink om dit hier te kom doen.

    Ek sit natuurlik eers weer en wik en weeg oor watse tien boeke ek gaan opsit – en ek wonder of digbundels ook tel?

    *fluister* ek wil ook brei en hekel, maar dit sukkel maar! :lol:

    Liked by 1 person

  2. monicahaddad01
    Oktober 8, 2014

    Lekker gelees, ek dink mens moet 1 boek uit elke tien jaar van mens se lewe vat, want mens se smaak verander drasties. My eerste tien jaar sal ek die rooi stel slaaptyd-storieboeke vat. Dit het my ‘n vrees vir vlermuise gegee tot vandag toe ;-)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 8, 2014

      Ek dink ek benoem jou sommer daar en dan.. wil jy nie ook bietjie vertel van al die boeke nie.. ek sal jou op facebook sommer ook tag.

      Like

  3. Net Ek
    Oktober 8, 2014

    Ok lekker!

    Jip, ek sal beslis vir julle kom vertel, ek dink hier kan mens bietjie meer uitbrei as op FB?

    Dankie Dirkie!

    Liked by 1 person

  4. scrapydo
    Oktober 8, 2014

    Nou is ek sommer jaloers! No 1 ek is mal oor Deon Meyer( ongelukkig kan ek hul nie hier in bib kry nie) No 2 Fluister* Hoekom is jy bevoorreg om te weet v d vraag? My suster praat mos niesommer rerig met my nie!!!!(behalwe op my blog!) (Sy gaan my stenig hieroor- ek hou mos nie rerig van FB nie)

    Liked by 1 person

  5. ddupl3ss1s
    Oktober 8, 2014

    Oe lekker lag ek nou vir jou scrapydo(jy’s dapper !) .. hmm jy moet meer op FB kuier.. kyk enige siel kan sommer hul boekelysie plaas… elkeen lees verskillend en ek hoop die wat ek benoem het, gaan boekelys plaas.. veral Rudie van Rensburg (skrywer van Kopskoot) sou graag wou weet wat lees skrywers.. en natuurlik daardie ds.(wat is die meervoud afkorting van dominees?) Hmm , dink hul leeservaring gaan so interessant wees. Natuurlik ook die ds se vrou… hoewel ek en sy lees heelwat dieselfde.

    Like

  6. perdebytjie
    Oktober 8, 2014

    Ek het ‘n baie lang lys van boeke,wat my vreeslik beïnvloed het.

    Liked by 1 person

  7. ddupl3ss1s
    Oktober 8, 2014

    perdebytjie miskien moet almal wat lyste dit sommer plaas.. dit bly lekker te lees.

    Like

  8. Tannie Frannie
    Oktober 8, 2014

    Ek lees atyd so lekker hier by jou.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 9, 2014

      Dankie Frannie dit gee my sommer weer moed om te blog.. soms is die petrol min.

      Like

  9. spokiesnyspoor
    Oktober 8, 2014

    Klink vir my julle is ‘n lekker groep wat lekker kan lees! Hoop ek lees ook oor al die boeke wat treffers is. Ek dink mens kan half en half aan die boeke wat jy lees (en tydskrifte) geken word …

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 9, 2014

      O wrede wêreld ..dink ek nou aan die Deon Meyers en vele ander !! Eintlik is ek rustige siel sonder agressie..Dankie vir die inloer.

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Oktober 8, 2014 by in Bloguitdaging.

Blog Stats

  • 36 513 hits