Woorde

Die Hoekhuis

Hier by die hoekhuis was nie ‘n tuin nie. Die Bejaarde wat voorheen hier gewoon het..was nie ‘n liefhebber van tuinmaak nie. Wat ek wel ge-erf het was 3 lelierige plante wat torre gelok het en ‘n baie ou Pienkroosboompie by die voordeur en ‘n Rooi Roos by die agterdeur.  Die Pienk roos so vol dorings en dun takkies so gebreklikerig daarteenoor die Rooi roos met die lang stele ..heerlike reuk . Toe vrek die rooi een en die verskrompelde Pienke lewe steeds.

Die ou vrou met die dunner kamerjas (dis somer) sy hou  eintlik meer van groentetuin maak . Sy is ook nie eintlik ‘n blommetuinier nie. Sy en haar TuinJacob gee water  en kunsmis en hoop op die beste.

Vanoggend   watergegee , sien ek weer die erf Roosboompie in blom. Ek onthou destyds toe Kinta geblok het in haar Matriekjaar, elke dag het ek ‘n rosie van daardie erfboompie afgepluk  sommer in glasbakkie op haar lessenaar gesit. Ek wonder of sy dit nog onthou? Miskien het ek gedink dit dien as motivering, die sagte pienk.

Toe pluk ek maar vanoggend ‘n paar en sit dit in ‘n wynglas (so gekraakte een – geen simboliek daaragter nie hoor!)  in haar spreekkamer, miskien dien dit aan iemand wat pyn, as opkikkering .

Roos Wsommer  maar selfoongekiekie….

Advertisements

13 comments on “Die Hoekhuis

  1. Net Ek
    Oktober 10, 2014

    Dis altyd lekker om vars blomme in die vertrek te hê!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 10, 2014

      Ek is vreeslik lief vir blomme – ewig vir Seuna gepredik ek en sy Sus – dra blomme aan vir die wat jou hart warm laat klop.

      Liked by 1 person

  2. Tannie Frannie
    Oktober 10, 2014

    Bwahahaa vir die beskrywing van die tuin wat jy geerf het – klink nogal na iets wat ek sou kon pleeg! Daardie rose is asemrowend mooi – sekerlik sal hulle mense laat beter voel. En ek is seker jou dogter onthou die rose wat haar moed vir matriek gegee het. x

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 10, 2014

      Ek gaan haar vanoggend vra – dit was in 2000 toe sy gematriek het , ek is trots op dese roosboompie. In aggeneem ons woon sedert 1987 (!) al hier – toe het roos al geblom.

      Like

  3. scrapydo
    Oktober 10, 2014

    Dis nou te mooi! Menige gaan dit geniet. Ek is self ook mal daaroor om so enkel rosie in n botteltjie met water te sit. Ek het hier ook n ge-erfde geel roos wat altyd vir my n roos of twee het om te pluk. Mens het maar so iets fyntjies nodig om die dag op te helder.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 10, 2014

      Ek dink as ek vir die roos kos gee.. sal dit ook al beter gaan met hom. Ek hou van daardie miniatuur potplant rosies.. ag maar myne het pes onder die vee gekry en net saggies heengegaan.

      Like

      • scrapydo
        Oktober 10, 2014

        Ja, sug, hier is luise wat skrik vir niks. klein rosies is so kosbaar

        Liked by 1 person

  4. Spokie sny spoor
    Oktober 10, 2014

    Wys jou net – met ‘n bietjie liefde en water daarby, ontstaan lewe. Kinta is bevoorreg om so ‘n ma soos jy te mag hê …

    Like

  5. perdebytjie
    Oktober 11, 2014

    So ‘n klein gebaartjie van liefde is meer werd as groot geskenke…gelukkige Kinta!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 21, 2014

      Jammer sien nou ek het jou kommentaar gemis – ag en ons het so gemeenskaplike liefde vir blomme , my kinders en dese moeder.

      Like

  6. Lewies Mymer
    Oktober 11, 2014

    Daai roos is seker ‘n Queen Elizabeth–net so taai soos daai antie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 11, 2014

      Toe wonder ek wie is die taai een die Queen of hierdie Antie oppiehoek..? Dink nie my stomme rosie is so royal nie – met permissie gesê . Ha ha..

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 10, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: