Woorde

Soms word jy wakker

..droëkeel.

Hoor jy die  benoude Kiewiet geskree.

Jy sluk . Die skielike angs wil nie weg.

Opstaan,  oopsluit ritueel.

Slof ganglangs.

Skuifdeur oop.

Toe sien jy .

Vlamme. Iemand met groot palmtakke wat vuur probeer blus. Eensaam .

Slaan. Slaan. Slaan.

..en die Kiewiet skree.

Vlamme  brandende padwysers langs grensdraad. Vlamme  wat  ligvoets  draf – aangevuur deur droë Kakiebos.

Veldbrande bring altyd angs na vore , jy dink onwillekeurig aan weiding, en aan die brandslaner – wat slaan -slaan -slaan.

twee uur in die nag…

.. en die Kiewiet skree

16 comments on “Soms word jy wakker

  1. scrapydo
    Oktober 18, 2014

    Is dit vuur daar by jou? Of vuur uit die verlede wat nog nagmerries gee? Een van my ma se grootste vrees was veldbrande. Ons het ook veldbrande doodgeslaan as jong kinders. Dis gladnie aangenaam nie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 18, 2014

      Die Rissiepitte hieroorkant van “Bennie Olerstr” neffens hulle is leë standplaas met murasies wat toeka al afgebrand het (deesdae troufoto mekka) dit vervuil van kakiebos en gras.. iewers het iemand se kooltjie chaos veroorsaak.. sien dit smeul steeds en die rook ry so saam met die wind en karre straataf …

      Like

      • scrapydo
        Oktober 19, 2014

        Dis onplesierig. Wys jou dat die kleinste kooltjie n groot vuur maak. Ek hoor in my gedagte hoe die kakiebos knetter en spoeg

        Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Oktober 18, 2014

    Dis angswekkend,veral as die wind waai.Die hartseer is,dat die voëls en diere wat nie kan wegkom,ook in die slag bly…soos die kiewiet se kuikens.Pragtig geskryf!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 18, 2014

      Dankie Perdebytjie .. Die vuur hieroorkant op verwaarloosde standplaas -neffens my blog onderwerp(die Rissiepitte en hul swart hond) lank terug was dit dubbelverdiepinghuis en het afgebrand en word deesdae as fotoateljee vir troues gebruik..die bruide so bo-oor kakiebos al leunend teen murasies.Toe brand dit weer van iemand se kooltjie.

      Like

  3. coetzee2014
    Oktober 18, 2014

    Daardie ding, is ‘n nagmerrie, veral vir ‘n veeboer.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 18, 2014

      Vreeslike veldbrande Bethlehem omgewing ruk terug.. ons het nooit in doerie jare op my Pa-hulle se plaas veldbrande gehad..maar hy was nie uitsluitelik veeboer nie.

      Like

  4. Lewies Mymer
    Oktober 18, 2014

    Lekker geskryf. Veldbrande is hel.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 18, 2014

      Dit is veral ontstellend met brandslaners wat so vreeslik beseer word..

      Like

  5. monicahaddad01
    Oktober 19, 2014

    Ons word baie geteister daarmee en die berge is ontoeganklik vir brandweer waens. Die diere kom nou af dorp toe, hier was nou die dag twee luiperds by die dorpsdam agter kos en water aan, en ‘n muishond op my vriendin se stoep. Dit laat my maag draai ‘n veldbrand.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 19, 2014

      Liewe aarde … dit moet darem vreeslik wees as luiperds dorpsdam toe kom – wonder wie waag dit daar naby – van mens sal nie een beentjie oorbly- die muishond moet net nie skrik nie – deen reukweerder gaan help vir die skrik nie!!

      Liked by 1 person

  6. rondomtaliedraai
    Oktober 19, 2014

    Dis erg… mens se hart krimp ineen

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 19, 2014

      Die brand het toe nie veel skade veroorsaak nie..net 2 dae gesmeul – rook besoedeling is erg hier en dan smeul dit nog op ons straat..

      Like

  7. Net Ek
    Oktober 20, 2014

    Ja die arme voëls.

    Veldbrande is vreeslik, kan jy dink hoe bang moet die diere wees as mense so bang raak?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2014

      Jy moet Monica se kommentaar lees.. jitte wat alles uit die berg uit na hulle dam toe vlug met brande.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op ddupl3ss1s Kanselleer antwoord

Information

This entry was posted on Oktober 18, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 509 hits