Woorde

Liewe Mia

Vandag is dit al 19 Oktober 2014.

Kan jy glo jy is al 4 maande plus . Ouma wil darem vir jou suutjies vertel – ek en Oupa het darem gewonder hoe gaan ons die kleine ou babatjie vet gevoer kry.. Gmf, kan jy glo en deesdae eet jy al pap.

mia eet pap Dit is net om te bewys dat jy pap eet..  en pampoen

mia pampoen2Hmm, en toe gril jy nie eens nie. Ouma besef jy lyk bietjie oranje ..ek moes gou-gou foto neem voordat die afveewerk gedoen is en jy beweeg soos die wind met jou kop heen en weer , Ouma kry skaars gemik en druk met die ou selfoontjie. Wat Ouma erg besorgd gehad het is die foto wat Mamma een vroegoggend vir my gestuur het.mia kombuistoonbankOp die kombuistoonbank!! ..gelukkig weet Ouma jy kom hier by ons vroegoggend pap eet anders was ek ook erg bekommerd oor die bakkie hondepille daar by jou voete  Sy moes bontstaan , jou Ma,  met antwoorde oor daardie stoel op die toonbank..

Weet jy wat is die lekkerste lekker ? Jy word groter. Jy reageer op ons geselsies..jou glimlag is kosbaar. Skielik het jy agtergekom jou hand is ‘n gerieflike  tandering – soms druk jy dit so effe te diep in die kies. Dan kom jy agter skielik gebeur daar iets met jou maag – dit gee so bokspring tot in jou keel. Jy’t hande ! Wonderlik die ontdekking van die eerste gereedskap wat soveel moet doen.

Ek wag vir die dag wat jy armpies gaan uithou vir Ouma en Oupa om jou by jou Mamma te vat. Dit gaan darem vir ons so bietjie meer status gee, so iets soos  ek wil graag by julle wees.

Kosbaar , dierbaar , liefste Mia

Ouma en Oupa is baie lief vir jou

Liefde, sien jou mðre.

 

 

Advertisements

19 comments on “Liewe Mia

  1. newsferret
    Oktober 19, 2014

    Wag tot Mia so twee jaar oud is en dan gaan jou woordeskat opraak soos ek pas met Lisa ontdek het :)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 19, 2014

      Ag News, jitte dit is darem so oulike stadium daardie 2 jaar ! Geniet haar hoor.

      Like

  2. Tannie Frannie
    Oktober 19, 2014

    Pragtige klein meisiekind! Jou beskrywings geniet ek terdeë.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2014

      Dankie Ta Frannie, ai die tande die tande ..sy kweil vir eerste prys.

      Like

  3. rondomtaliedraai
    Oktober 20, 2014

    Jy sal twee keer n week moet begin skryf want sy groei te veel in ‘n week

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2014

      Ek het lanklaas oor Mia geblog.. ek het gesukkel om fotos af te laai en die fotos is nie goed nie.. so skemer nes die Ouma .. maar sy is nog nie op self sit nie … maar erg besig die kindjie – slaap nie veel gedurende die dag nie- nes haar Ma. Te veel om waar te neem.

      Like

  4. perdebytjie
    Oktober 20, 2014

    Ai,te oulik!Sy het ‘n mooie ouma,wat nie soos ‘n ouma lyk nie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2014

      Ha ha .. Mia se Ouma kyk so beskeie na benede .. en die lig so dromerig en die boobse is nie so heeltemal sigbaar nie en sy weeg meer as haar ouderdom .. nee jong bejaard is sy bejaard en sy kraak as sy regop kom so steun-steun ..dankie vir die inloer Perdebytjie

      Liked by 1 person

  5. Lewies Mymer
    Oktober 20, 2014

    Pragtig!

    Like

  6. ddupl3ss1s
    Oktober 20, 2014

    Dankie Lewies.

    Like

  7. Riette
    Oktober 20, 2014

    Kostelik!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 20, 2014

      http://bl0gp08bu8.wordpress.com/2013/10/15/as/ daar ontdek ek toe weer my blog Riette .. Dit was onder my naam D1rki3 – nogal interessant om ou geselsies weer te herlees. Die vorige blogs is gesluit en daaroor is ek soms bitter spyt, want al my geskrewe goed onthou mens mos nie meer so in detail nie.

      Like

  8. ddupl3ss1s
    Oktober 20, 2014

    Dankie Riette.

    Liked by 2 people

  9. scrapydo
    Oktober 21, 2014

    Oooo mar jul twee is te pragtig! Ek is bly Mia hou van pampoen, dis so lekker en sag om te eet. Jul geniet mekaar te lekker!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 21, 2014

      Van alle dinge het sy toe sensitiwiteit gewys met boerpampoen.. nie met lemoenpampoentjies nie. Die klein mensie word vinnig groot.. ag dit is heerlik , haar Ma so ewe vertel mens kan haar nie bederf met te veel aandag nie..dit is liefde ..bederf is goeters te koop ! So slim kind ..ha ha!

      Like

      • scrapydo
        Oktober 21, 2014

        Lemoenpampeontjies is ook geneig om draderig te wees!Slim dogter wat jy het hmm- ma se kind!

        Like

      • ddupl3ss1s
        Oktober 21, 2014

        Nou wonder ek wie kry sterrietjies .. die Ma of die dogter ? Ha grappie.

        Like

      • scrapydo
        Oktober 21, 2014

        Ek dink die ouma moet die groot ster kry en dan kan dogterlief volg in die spore en Mia gaan floreer op al die liefde(nie die “geskenke” nie)

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 19, 2014 by in Briewe,Uncategorized.

Blog Stats

  • 16,972 hits
%d bloggers like this: