Vandag is dit al 19 Oktober 2014.
Kan jy glo jy is al 4 maande plus . Ouma wil darem vir jou suutjies vertel – ek en Oupa het darem gewonder hoe gaan ons die kleine ou babatjie vet gevoer kry.. Gmf, kan jy glo en deesdae eet jy al pap.
Dit is net om te bewys dat jy pap eet.. en pampoen
Hmm, en toe gril jy nie eens nie. Ouma besef jy lyk bietjie oranje ..ek moes gou-gou foto neem voordat die afveewerk gedoen is en jy beweeg soos die wind met jou kop heen en weer , Ouma kry skaars gemik en druk met die ou selfoontjie. Wat Ouma erg besorgd gehad het is die foto wat Mamma een vroegoggend vir my gestuur het.
Op die kombuistoonbank!! ..gelukkig weet Ouma jy kom hier by ons vroegoggend pap eet anders was ek ook erg bekommerd oor die bakkie hondepille daar by jou voete Sy moes bontstaan , jou Ma, met antwoorde oor daardie stoel op die toonbank..
Weet jy wat is die lekkerste lekker ? Jy word groter. Jy reageer op ons geselsies..jou glimlag is kosbaar. Skielik het jy agtergekom jou hand is ‘n gerieflike tandering – soms druk jy dit so effe te diep in die kies. Dan kom jy agter skielik gebeur daar iets met jou maag – dit gee so bokspring tot in jou keel. Jy’t hande ! Wonderlik die ontdekking van die eerste gereedskap wat soveel moet doen.
Ek wag vir die dag wat jy armpies gaan uithou vir Ouma en Oupa om jou by jou Mamma te vat. Dit gaan darem vir ons so bietjie meer status gee, so iets soos ek wil graag by julle wees.
Kosbaar , dierbaar , liefste Mia
Ouma en Oupa is baie lief vir jou
Liefde, sien jou mðre.
Wag tot Mia so twee jaar oud is en dan gaan jou woordeskat opraak soos ek pas met Lisa ontdek het :)
LikeLiked by 1 person
Ag News, jitte dit is darem so oulike stadium daardie 2 jaar ! Geniet haar hoor.
LikeLike
Pragtige klein meisiekind! Jou beskrywings geniet ek terdeë.
LikeLike
Dankie Ta Frannie, ai die tande die tande ..sy kweil vir eerste prys.
LikeLike
Jy sal twee keer n week moet begin skryf want sy groei te veel in ‘n week
LikeLike
Ek het lanklaas oor Mia geblog.. ek het gesukkel om fotos af te laai en die fotos is nie goed nie.. so skemer nes die Ouma .. maar sy is nog nie op self sit nie … maar erg besig die kindjie – slaap nie veel gedurende die dag nie- nes haar Ma. Te veel om waar te neem.
LikeLike
Ag dit klink of ons nog baie pret met die dametjie gaan hê
LikeLiked by 1 person
Ai,te oulik!Sy het ‘n mooie ouma,wat nie soos ‘n ouma lyk nie!
LikeLike
Ha ha .. Mia se Ouma kyk so beskeie na benede .. en die lig so dromerig en die boobse is nie so heeltemal sigbaar nie en sy weeg meer as haar ouderdom .. nee jong bejaard is sy bejaard en sy kraak as sy regop kom so steun-steun ..dankie vir die inloer Perdebytjie
LikeLiked by 1 person
Pragtig!
LikeLike
Dankie Lewies.
LikeLike
Kostelik!
LikeLike
http://bl0gp08bu8.wordpress.com/2013/10/15/as/ daar ontdek ek toe weer my blog Riette .. Dit was onder my naam D1rki3 – nogal interessant om ou geselsies weer te herlees. Die vorige blogs is gesluit en daaroor is ek soms bitter spyt, want al my geskrewe goed onthou mens mos nie meer so in detail nie.
LikeLike
Dankie Riette.
LikeLiked by 2 people
Oooo mar jul twee is te pragtig! Ek is bly Mia hou van pampoen, dis so lekker en sag om te eet. Jul geniet mekaar te lekker!
LikeLike
Van alle dinge het sy toe sensitiwiteit gewys met boerpampoen.. nie met lemoenpampoentjies nie. Die klein mensie word vinnig groot.. ag dit is heerlik , haar Ma so ewe vertel mens kan haar nie bederf met te veel aandag nie..dit is liefde ..bederf is goeters te koop ! So slim kind ..ha ha!
LikeLike
Lemoenpampeontjies is ook geneig om draderig te wees!Slim dogter wat jy het hmm- ma se kind!
LikeLike
Nou wonder ek wie kry sterrietjies .. die Ma of die dogter ? Ha grappie.
LikeLike
Ek dink die ouma moet die groot ster kry en dan kan dogterlief volg in die spore en Mia gaan floreer op al die liefde(nie die “geskenke” nie)
LikeLiked by 1 person