Woorde

21 Oktober

As ek nou jaartal aan die dag moet koppel .. miskien was dit 1956. Ek sal weer moet gaan kuier by haar graf  om die twyfel oor haar geboortedatum uit te skakel.

Sy is gebore – stildood(weet nie regte benaming). Van die begrafnis kan ek onthou ..ek was so drie jaar . My Pa het my  opgetel op sy skouers sodat ek kon sien bo-oor al die grootmense. Die vreeslike baie mense .  Ek was nie hartseer nie. Wat verstaan ‘n kind in elkgeval oor dood van ‘n sussie wat in ‘n wit kissie lê.  Ek het nooit haar geboortedag vergeet nie, want my Ma het elke jaar op die dag daaroor gesels. Die verskriklike mooi ruiker wat sy in die hospitaal ontvang het van  Dawid Schoeman se vrou Helena.  Wat my so ontroer het oor die klein mensie was die dag toe my Ma sterwend was ..het sy heeltyd vir my gevra-sê “Hier is nog ‘n dogtertjie..sien jy haar ..hier is nog ‘n dogtertjie” Altyd het sy haar tog gemis.

En toe word ‘n jaar later nog ‘n dogtertjie gebore op dieselfde dag. My niggie. Blondekoppie blouoog dogtertjie. Ek mis haar. Sy is vir my altyd vreeslik snaaks, miskien bedoel sy dit nie ..maar ek geniet haar pittigheid. Nou werk haar man in Oranjemund. Haar 21 Oktober onthou ek altyd. Vreugde na die herinnering van dood. Nou dat ons vêr van mekaar verwyder is , nou bly die hunkering om oor ons kindertyd te gesels..te lag . Steeds kan ek nie dink sy is ook al ‘n ouma nie, ons was dan nie so lank terug nie sulke maer langbeen kinders!

Ons sal seker ook hierdie dag saam met die wêreld onthou – Oscar . Iewers moet daar ook afsluiting kom  van ‘n gebeurtenis . Aan die einde van 21 Oktober.

oktober

Advertisements

12 comments on “21 Oktober

  1. perdebytjie
    Oktober 21, 2014

    Dis ‘n hartseer en vreugdevolle dag vir julle en vir ‘n persoon wat eens ‘n ikoon was,en homself gereduseer het tot niks,is dit ‘n verpletterende dag.So ook vir die onskuldige slagoffer se familie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 21, 2014

      Dit moet seker verskriklik wees .. dit is dalk vir O ook maar soos dood. Die lewe wat hy geleef het is dood.

      Like

      • perdebytjie
        Oktober 21, 2014

        Net hy sal weet wat gebeur het.Ek is net dankbaar dat sy ma nie hierdie ding moes beleef nie.

        Like

  2. Orange Blue
    Oktober 21, 2014

    Met deernis geskryf. Alles wat goed en mooi is moet een of ander tyd tot einde kom, selfs die slegte dinge.
    Marinda Kemp

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 22, 2014

      Dankie vir die deernis. My Ma het altyd gepraat – ‘n sin moet altyd eindig met ‘n punt- kan nie verewig hang in die lug nie.Gits en ek is so lief vir uitroeptekens, gie gie!

      Like

  3. scrapydo
    Oktober 22, 2014

    Nie veel om te se nie. Kan net my kop skud in saamstem of afkeur.

    Like

  4. Spokie sny spoor
    Oktober 22, 2014

    So mooi geskryf. Ek dink ‘n ma vergeet haar kind nooit wat aan die dood afgestaan is. Jou ma se woorde op haar sterwensbed interesseer my baie – so asof die kind tussen jul was?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 22, 2014

      Ja , toe ons by haar staan en ek haar groet .. het sy verskriklik bly gewees my raakgesien as haar Ma(my Ouma) So staan ons toe maar met haar hele oorlede familie en wag by haar bed. Dood is soms mooi, nê. Sy waas baie oud en haar liggaam was gedaan geleef.

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Oktober 22, 2014

    Ai toggie … sommige onthou maak altyd seer

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 22, 2014

      Ja , ek wonder of die mensdom ook nadat Oscar sy straf uitgedien het ..hom dit ooit sal vergewe – dalk sal dit altyd navore kom. Tragies.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 21, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: