Gister , toe klein Mia uit haar karstoeltjie opgetel word.. kyk sy skielik op na my dierbare boom se blare . Die wind wat saggies daarin roer en die oopbreek van ‘n wye glimlag. Haar belewenis.
Kosbaar.
Vanoggend loop ‘n man met kakiebroek en t-hemp sy swart sak van leer oor sy skouer , vinnig met een arm swaaiend, hier verby. Hy fluit. Die mooiste lied. Ek staan op. Gaan staan by die oop venster en luister na die pragtige suiwer fluitklanke. Ek wens ek het die lied geken.
Kosbaar.
Kosbare oomblikke wat altyd onthou sal word. Die deuntjie sal jy altyd onthou en in jou gedagtes fluit.
Marinda Kemp
LikeLike
As ek nou nie in my kamerjas was nie.. het ek hom geroep .Fluit vir my weer die wysie! Min mense fluit nog, ek besef dit nou skielik.
LikeLike
Dit is soos jy se: kosbaar en gratis – om te kan sien en om te kan hoor!
Vanoggend het Trompie(jy weet mos hy’s my beste vriend) se een hondevriend Connor hom met n spesiale welkomsgesang begroet toe ons om die draai kom. Dit is ook kosbaar en gratis wat die twee honde vir my gegee het!
LikeLike
A ek is bly Trompie het weer sy maatjie gekry.
LikeLike
Neeee dis nie Jack nie dis n poedel wat bo-op bult bly! Ons is vriende met woef en sy miesies ook. Ek en die eienaar is op selfde golflengte as dit by menslike gevoel kom
LikeLiked by 1 person
Wonderlike oomblike, hier erens om my is ‘n tuinier wat so fluit-fluit werk soms en dit raak my net so……
LikeLiked by 1 person
Jy’s gelukkig. Ek dink ek moet maar begin fluit ..so blymoedig !
LikeLiked by 1 person
Mmmm – as iemand nog fluit wys dit dat tyd by hom kan stilstaan. Mense is vandag te gejaag, en ken nie meer van fluit nie.
LikeLike
Die fluiter het met spoed gestap. Oë op die grond voor hom .
LikeLike
Ek onthou nog toe ek ‘n kind was,was daar gereeld iemand wat al stappende die straat af,op ‘n trompie gespeel het.Daar was ook iemand met ‘n penniefluitjie.Die geroep van die verkoper..mieeeelieees,beeeeesems!…het die koms van somer aangekondig.Ek mis dit.
LikeLike
Hier in die huis het ons nog ‘n trompie van my man se kinderdae. Alles verander so ..
LikeLike
Ek wonder of mense nog weet hoe lyk ‘n trompie.
LikeLike
Iewers wou ek oor die Trompie blog skryf en afgeneem ek moet net bietjie deur fotos loer. Als is hier mos selfoonkiekies so vaaaal
LikeLike
Ja asseblief,doen ‘n blog daaroor…ek is nou sommer nostalgies.Neem ‘n foto van jou man se trompie.
LikeLike