Woorde

Die ou vrou en die appel in die houtbak

Lank lank gelede .. nee nie eintlik nie.

..Het die  ouvrou oppiehoek met haar perskleurige somerskamerjas kombuistoe geslof.

Dit was vroegoggend .

Sy slaap weer lig.  Sy slaap nie meer met  haar dowe oor bo nie. Sy word wakker van elke Kiewietskree en middernagtelike Duifgekoer.

Sy wou gaan koffie maak toe sy die appel in die houtvrugtebak sien .

appel

Met die afdroogdoek in haar hand begin sy die appel te vryf .

Vryf en vryf. Blinkrooi.

appel2

met haar stram vingers neem sy die steeltjie en draai die alfabet

a

b

c

d

e

en sy wonder oor die ou gewoonte van blinkvryf –  oor die  ou gewoonte van steeltjie draai tot nekomdraaislag..

en sy gaan sit by haar Ouma se tafel  en hap. Haar skewe gebit  se  duidelike merkies sigbaar.. en sy kyk daarna

en sy wonder oor  die klein handeling van ‘n oumens  en sy vee die sapdruppels van haar ken af.

16 comments on “Die ou vrou en die appel in die houtbak

  1. scrapydo
    Oktober 22, 2014

    Weet jy? Ek kan jou sommer net teen my vasdruk en net bietjie vashou! Jy is n wonderlike mens! Dankie vir jou pragtige menslike beskrywings. Dit is rerig baie spesiaal.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 22, 2014

      Haai het die appel te voorskyn gekom..ek link my blog mos altyd op my fbook en daar wil dit nie te voorskyn kom nie.
      Ag en ek waardeer jou pragtige woorde. Iewers het ek ‘n ding oor appels, iewers het ek in ‘n lankterug se blog ook oor die eensame ou vrou en haar appel geskryf. Wou nog byvoeg appels ruik nie meer so heerlik soos lank terug nie. Jy bly te vêr, anders het ek nou kom koffie drink..

      Liked by 1 person

      • scrapydo
        Oktober 22, 2014

        Het ek tog nie n geselige koppie koffie nodig gehad vandag nie! Gelukkig is Woensdae ons Time Bank koffiedrink oggend. Vanoggend was net ek en een vriendin daar en ons het heerlik kon uit die hart praat. In die tussentyd het vonke hier by die huis gespat tussen my buurvrou en Jack(hond) se baas. Buurvrou het die baas by polisie aangegee vir bullying

        Liked by 2 people

  2. Spokie sny spoor
    Oktober 22, 2014

    Ag jinne – so opreg menslik geskryf. En tog – dit toon jou mooi karakter?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 22, 2014

      Dankie Spokie , karakter ? Wel oor daardie woord sal ek versigtig mee omgaan , mens werk mos maar gedurig daaraan.

      Liked by 1 person

  3. Toortsie
    Oktober 22, 2014

    Ek het al vergeet van a b c… ek sal moet onthou om dit vir my kleinkinders te leer.

    Liked by 1 person

  4. Lewies Mymer
    Oktober 22, 2014

    ‘n Mooi skrywe!

    Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Oktober 22, 2014

    Ek weet nie of ek moet lag of huil nie … Dis nou die vrou wat so beskeie oor haar skrywes is… Jy drink net nie alleen by my sus koffie nie!

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Oktober 22, 2014

      Nee Tina ek skryf nie .. ek gesels . Groot verskil. Ja afstand is seker nogal moeilik vir julle .

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Oktober 23, 2014

        Ons sal maar dan moet ooreenkom om te te verskil . Onthou ek het elke blog oor jou kinders gelees.

        SUGGGGGG … maar as jy nou die talent en die maatemmer ding wil doen , is dit seker jou saak…sugg!

        Like

      • ddupl3ss1s
        Oktober 23, 2014

        Nee o gits.. daardie oor my kinders het ek erg gewroeg jong! My broers doen dit beter ..ek gesels hul skryf – nou nie blogs nie of boeke nie maar vakgebied goeters. So het elke ou maar sy genietinge, nê!

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        Oktober 23, 2014

        Jy is net beskeie Jy moet met Izak gesels.

        Like

  6. seegogga
    Januarie 23, 2020

    so perfek geskryf! m8n woorde wat baie sê.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 23, 2020

      Ai , baie dankie Seegogga ek waardeer dit opreg. Sal deur my ou blogs moet lees, iewers was daar nog ‘n ‘appelblog’

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Oktober 22, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 503 hits