Woorde

Trompie

Trompie , nou nie Trompie en die Boksombende nie . Trompie die musiekinstrument. Ek het  die eerstekeer  die instrument by my skoonpa en my man te siene en tehore gekry.

As ek na die klank luister kan ek dink dit pas by skape oppas.. jy sit so in die verte en staar en speel en natuurlik die voet ritmies aan’t tik..

trompie1          trompie

Dit was vir my baie interessant om te lees dat die instrument ook bekend staan as Jewharp -en  as ‘n Jawharp.

Ek het vanoggend gaan luister na vele opnames van Trompie musiek. Kan jy glo tot Ode of Joy van Beethoven op Jewharp en trom. Al die trompiespelers , of altans die meeste  spelers, kry so vêr kyk in hul oë. Ernstig, al wat darem die vrolikheid bepaal is die voet  en die ritme so al kloppend.

Hierdie Trompie musiek is nou seker nie tipies aan die Kalaharibooorlinge (my Man en sy Sus en al hul aanverwantes nie) nietemin luister maar daarna.

 

Hoop hierdie trompie musiek bring bietjie nostalgie terug vir diegene wat dit ken.

Hierdie  volgende video wys en verduidelik hoe jy die instrument kan bespeel , waar mens nog hiervan in die hande kan kry ..miskien by  Molopo se klein plaaswinkeltjies.

Geniet die dag op ‘n hoë noot!

 

trompie

Advertisements

9 comments on “Trompie

  1. newsferret
    Oktober 23, 2014

    Ai, vir nostalgie :) Dankie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 23, 2014

      Ken jy dit ook? Sien by verskeie Youtube opnames dit is nogal volop in Duitse kultuur..

      Like

  2. perdebytjie
    Oktober 23, 2014

    Dankie Dirkie!Dit is nou so interessant en ek hoor weer die swartman wat kleintyd gereeld by ons huis verby geloop het,al spelende op sy trompie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 23, 2014

      Ag ek is so bly jy het dit geniet.. ek kon nie glo hoeveel opnames is op youtube nie! Ek sou darem eerder die ou klank van ons soort trompiespelers wou gehad het.. iemand hier in die huis wou nie op sy nugtermaag vir my speel nie!!

      Like

      • perdebytjie
        Oktober 23, 2014

        :lol: vir die nugtermaag-ou wat nie wou speel nie!

        Liked by 1 person

  3. Spokie sny spoor
    Oktober 23, 2014

    Dankie hiervoor! Skoon vergeet van hierdie uitsonderlike harpie. Het al self probeer (in my kinderjare) om die snaaksie te probeer speel. Maar het toe gedog dis ‘n instrument wat net by anderkleuriges pas. Oulik!

    Like

  4. shadowwhisper
    Mei 22, 2016

    sjoe my pa kon trompie speel. dis so lekker om na 20 jaar weer iemand te hoor trompie speel

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 23, 2014 by in musiek.

Blog Stats

  • 17,699 hits
%d bloggers like this: