Trompie , nou nie Trompie en die Boksombende nie . Trompie die musiekinstrument. Ek het die eerstekeer die instrument by my skoonpa en my man te siene en tehore gekry.
As ek na die klank luister kan ek dink dit pas by skape oppas.. jy sit so in die verte en staar en speel en natuurlik die voet ritmies aan’t tik..
Dit was vir my baie interessant om te lees dat die instrument ook bekend staan as Jewharp -en as ‘n Jawharp.
Ek het vanoggend gaan luister na vele opnames van Trompie musiek. Kan jy glo tot Ode of Joy van Beethoven op Jewharp en trom. Al die trompiespelers , of altans die meeste spelers, kry so vêr kyk in hul oë. Ernstig, al wat darem die vrolikheid bepaal is die voet en die ritme so al kloppend.
Hierdie Trompie musiek is nou seker nie tipies aan die Kalaharibooorlinge (my Man en sy Sus en al hul aanverwantes nie) nietemin luister maar daarna.
Hoop hierdie trompie musiek bring bietjie nostalgie terug vir diegene wat dit ken.
Hierdie volgende video wys en verduidelik hoe jy die instrument kan bespeel , waar mens nog hiervan in die hande kan kry ..miskien by Molopo se klein plaaswinkeltjies.
Geniet die dag op ‘n hoë noot!
Ai, vir nostalgie :) Dankie.
LikeLiked by 1 person
Ken jy dit ook? Sien by verskeie Youtube opnames dit is nogal volop in Duitse kultuur..
LikeLike
Dankie Dirkie!Dit is nou so interessant en ek hoor weer die swartman wat kleintyd gereeld by ons huis verby geloop het,al spelende op sy trompie.
LikeLiked by 1 person
Ag ek is so bly jy het dit geniet.. ek kon nie glo hoeveel opnames is op youtube nie! Ek sou darem eerder die ou klank van ons soort trompiespelers wou gehad het.. iemand hier in die huis wou nie op sy nugtermaag vir my speel nie!!
LikeLiked by 1 person
:lol: vir die nugtermaag-ou wat nie wou speel nie!
LikeLiked by 1 person
Dankie hiervoor! Skoon vergeet van hierdie uitsonderlike harpie. Het al self probeer (in my kinderjare) om die snaaksie te probeer speel. Maar het toe gedog dis ‘n instrument wat net by anderkleuriges pas. Oulik!
LikeLike
Gelukkig het musiekintrumente darem nie ras nie , dalk was dit meer bekostigbaar.
LikeLiked by 1 person
sjoe my pa kon trompie speel. dis so lekker om na 20 jaar weer iemand te hoor trompie speel
LikeLiked by 1 person
Ag maak jy my hart sommer bly , so bly jy het dit ook geniet.
LikeLiked by 1 person
Hi ek wil net graag weet wa kan n mens van hulle in die hande kry
LikeLike
Die Trompie in ons besit dateer uit my man se kindertyd…meer as 50 jaar gelede. Dit was destyds algemeen beskikbaar by plaaswinkeltjies. Navrae by musiekinstrument winkels ..dalk? as hul met behulp van foto dalk kan opspoor. Google?? Jammer ek kan nie van meer hulp wees, Jaco.
LikeLike
Jislaaik daai girl is uitstekend!
LikeLiked by 1 person
Kan nie glo daai klein instrumentjie kan sulke musiek optower nie!
LikeLiked by 1 person