Woorde

Liewe Mia

Hallou Ouma se liefie, dit is weer ons twee se geselstyd.

Ek het bietjie geloer deur al jou fotos van geboorte tot nou. Vir  Ouma is die heerlikste , dat jy nou al soveel dinge om jou kan sien en kan hoor en kan herken. Waaroor ek ook baie bly is dat jy so vriendelik is! Ag en jy koer en kraai darem tog te heerlik vir jou Pappa.  Babas is seker ook nog nie buierig op 4 maande nie, nê?

Ouma glo kinders moet musiek luister, dit laat mens sommer vrolik voel. Vreeslike slimmense vertel dit is ook goed vir Breinontwikkeling. Ek het eendag hierdie prentjie gesien en gebêre. Spesiaal vir ‘n briefieblog vir jou.mia minuet in G

Ouma het  gedink as hierdie musiek van die komponis J.S.Bach teen ‘n kinderkamer se muur is, dan moet dit spesiaal wees. Ouma hou van Bach en ek het gehoor Mamma speel vir jou  klassieke musiek  op jou cd speler..ek dink dit is Mozart  en Beethoven ,  toe gedink vandag speel ek vir jou hierdie Minuet in G van J.S. Bach. Hierdie klein Pianis wat dit speel is ‘n driejarige seuntjie – luister net .

Ouma wil net omverskoning vra.. die seuntjie is seker senuweeagtig , die dat hy sy tong so uitsteek of sommer bietjie snaaks. Ek dink nie jou Mamma sal wil hê jy moet dit nadoen nie..gie gie!

Ouma hoop dat jy dit eendag sal geniet. Ouma het gehoor jy kom weer gedurende hierdie week vir ons kuier.. so paar dae… hier slaap… Mamma kom saam.

Ai dit gaan darem verskriklik lekker wees.

mia maag 2

Jy moet nou lekker slaap , Ouma hoop die tande is minder lastig..

Liefde

Ouma en Oupa.

16 comments on “Liewe Mia

  1. Tannie Frannie
    Oktober 26, 2014

    Sy is die oulikste ou dingetjie en baie geseend om so ‘n ouma te he

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 26, 2014

      Ag dankie Frannie, haar gesiggie verander deesdae so baie. Ek wonder wat gaan haar Ma sê oor Bach insetsel!

      Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 27, 2014

      Ek wou darem byvoeg , ons is opreg dankbaar vir die groot vreugde van Ouma- en Oupaskap –

      Liked by 1 person

  2. scrapydo
    Oktober 27, 2014

    Dis nou lekker baba-plesier. Bach is n goeie kalmeermiddel- so se slim mense! Mia gaan sommer n rustige mensekind wees. Dis ook lekker om uit te sien na n paar slapies saam.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 27, 2014

      Hierdie meisietjie is erg bedrywig. Ek besef as sy eers begin beweeg sal ek definitief baie oefening kry.

      Like

  3. rondomtaliedraai
    Oktober 27, 2014

    Ag dis die lekkerste lekker … sug… hoop ouma sal darem kan blog tydens die kuiertjie… ons wil elke dag ‘n nuwe foto hê

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 27, 2014

      ek wil nog rympie blog doen. Ons werk darem ook hier..voete en groentetuin. Vanoggend eerste kooksel spinasie gepluk ..kraakvars en springonion – heerlikste reuk.

      Like

      • rondomtaliedraai
        Oktober 27, 2014

        Eish … dis die enigste wat ek teen hierdie plek het … al die groete is gevriesde goed

        Like

      • ddupl3ss1s
        Oktober 27, 2014

        Het jy geweet jy kan wortels in tuinpot plant.. as jy nou sommer wil kou aan ‘n varsworteltjie in plaas van toffies- en tamatieplantjie op jou vensterbank – dit jaag vlieë weg- en dit is ook lekker sommer so koud uit die yskas vir versnapering. Kry jy al lus vir groentetuin maak?

        Like

      • rondomtaliedraai
        Oktober 27, 2014

        Neeeeeeee so erg is dit heeltemal nie Ek hou daarvan ongelooflik baie om by die tafel te gaan sit en hulle bring my kos – Ek dink al die jare van alleen wees het my uitgehonger na elke dag ‘n bord gekookte kos sonder skottelgoed en alles wat daarmee saam gaan soos goeie geselsskap Ek het mos ‘n tuintjie maar plantliewer blommetjies

        Liked by 1 person

  4. Spokie sny spoor
    Oktober 27, 2014

    Aaaag – dis oulik! ‘n Drukkie vir elkeen van julle …

    Liked by 1 person

  5. Orange Blue
    Oktober 27, 2014

    Lekker om ouma te wees en swaar die verlange.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 27, 2014

      Ons is regtig bederf met Mia se Ma wat in my voordeur werkplek het.

      Like

  6. Terug pieng: ‘n Mooie Blog Toekenning | Kouevuur

  7. Toortsie
    Oktober 29, 2014

    Dis ongelooflik hoe vroeg en GOED die Chinese kindertjies klavier speel.

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Oktober 26, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 36 519 hits