Woorde

Liewe Mia

Hallou Sopbekkie.    Siestog met moeite kry mens tande.  Daarna  moet hul mooi opgepas word; teen jy by permanente tande  kom,  dán het mens se  tande saam met jou oud geword . Dan,(dit is nou op Ouma se ouderdom) begin jy agterkom mens is alwéér op die probleemstadium van tandekry ..al is die tande  nie eg nie, soos in vals indien  jy nie dalk weer haasbek wil eindig nie.

Ouma sal eendag vir jou vertel van Prediker en die gedeelte van die malers wat stomp geword het.

Ouma nou eers klaar gesels oor tande en gebit ! Ek het eendag vir ‘n ander kindjie gevra, watter taal praat hy- ek dink hy was drie jaar oud. Hy kon nie vir Ouma vertel nie,  maar sy oom, praat met hom “I love you taal”.   Deesdae hoor ek jou Pappa praat  ook met jou “I love You taal”

Hierdie rympie het ek lank terug vir die kleine ‘Ilove you-taal’ seuntjie geleer om vir sy oom te kon opsê.

I HAVE

I have two eyes to see with.

I have two feet to run.

I have two hands to wave with.

But a nose. I have but one.

I have two ears to hear with.

And a tongue to say “hello.”

And two red cheeks for you to pinch,

And now

Its time to go.

 Ek dink jy sal dalk eendag die ‘with’ woord makliker kan uitspreek..Ouma se kleuters het so lekker ge-wiff..

Ouma, gaan jou nou neerlê, om met een vinger ‘n blogbriefie te tik is nogal moeilik. Dit bly darem so heerlik, jou warm lyfie so styf teen Ouma. Nou ja ! Ouma se oumens boobse ..dit is waarvoor Oumas daar is, onder andere..

mia skoene pumps

Lekker om jou by ons te kan hê, Mia

 

Ons is baie lief vir jou

Ouma en Oupa.

Advertisements

28 comments on “Liewe Mia

  1. monicahaddad01
    Oktober 29, 2014

    Ek geniet so jou Mia stories, jy moet hulle mooi bêre ek dink dit kan ‘n boek word vir Oumas….

    Liked by 1 person

  2. ddupl3ss1s
    Oktober 29, 2014

    Dankie Monica, ek sal net my password vir die kinders moet nalaat dan kan hul maar die blogs ‘copy’ en ‘paste’

    Like

  3. monicahaddad01
    Oktober 29, 2014

    Ag moenie so beskeie wees nie, jy het ‘n wenresep hier beet….

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 29, 2014

      Jong ..Tina het my lankterug se blogs gelees en sy voel soos jy voel maar ek dink en weet skryf , publiseer – is nie blogpraatjie nie – ek te vrek bang vir kritiek- vreeslik fynbesnaard, sodra een vir my kom vertel ..te emosioneel en mooipraat en taalgebruik nou nie so-en-so- dan dood ek voor brekfis.!!

      Like

  4. Toortsie
    Oktober 29, 2014

    Die taal van die liefde… :)

    Like

  5. perdebytjie
    Oktober 29, 2014

    Jy kan jou eie boek maak,nie nodig om dit na uitgewers te stuur nie.Druk net die blaaie uit en maak ‘n soort plakboek vir die kleine Mia.Dis baie beter as om dit net hier geheim te hou.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 29, 2014

      So lekker familie van scrapbooking

      Like

      • perdebytjie
        Oktober 29, 2014

        Presies!Begin nou ‘n nuwe ding.Ek het pas vir my kleinseuntjie ‘n fotoboek gemaak van die eerste jaar in sy lewe.Hy kry dit Kersfees.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Oktober 29, 2014

        oe dit is wonderlik … ek is nie goed met scrapbooking – sal maar hulp van die Mamma kry.

        Liked by 1 person

  6. Spokie sny spoor
    Oktober 29, 2014

    Kostelik geskryf!

    Like

  7. Orange Blue
    Oktober 29, 2014

    Geniet die kuiertjie en die lyfie, jy so lief jou kleinding.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 29, 2014

      Ek val soos klip in die dam vir klein kindertjies..buiten nou dat die klein Meisietjie die eerste kleinkind is. Lekker die kuier nou het ek darem geselsmaat vroegoggend as mia se alarm afgaan..

      Like

  8. Net Ek
    Oktober 29, 2014

    Ek is mal oor jou briewe aan Mia, dis kosbaar.

    Oe jinne ek is BROEIS. Ek kan dood. Maar wat kan ‘n mens maak?

    Eendag kan ek ook seker lekker pop speel soos jy, hoop dan net my broeisheid is dan al iets van die verlede!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 29, 2014

      Afhangend hoe oud jy is.. en jou begroting klop en almal in jou gesin broeis is – dan mag jy maar.

      Like

      • Net Ek
        Oktober 29, 2014

        Ja ek wens, maar dis ongelukkig nie so maklik nie!

        Like

      • ddupl3ss1s
        Oktober 29, 2014

        Ja, dan moet jy by iemand met baba gaan kuier – op tandekry stadium , ek sê mos jong voornemende Mammas sien die StaSoft advertensies van babas wat so koer en dink dit is aldag laggies.. oi joi joi !! Kind grootmaak – 2 woorde – 1 helse taak.

        Like

      • Net Ek
        Oktober 29, 2014

        Hehehe dis SO waar Dirkie!

        Liked by 1 person

  9. rondomtaliedraai
    Oktober 29, 2014

    Ag ek raak sommer jaloers… maar dis omdat jy so mooi vertel en al die kort en poef uitlaat… jy deel net die lekker

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 29, 2014

      Ha ha.. Dit werk mos so ..van boven in en onder uit.. en ek vertel nie hoe skree sy as sy so vies word vir die jukkende kakebene van tandekry wat oppad is , nie .

      Like

  10. Tannie Frannie
    Oktober 29, 2014

    Pragtige skoentjies! Om daardie slapende lyfie te kan vashou, is onbeskryflike weelde, ek weet :smile:

    Like

  11. vvuureoc
    Oktober 30, 2014

    Hier maak die skoentjies ‘n groot hartseer wakker.

    Op Oumagrootjie se bedkassie het altyd die klienste paar velskoentjies gestaan waaraan ons nooit mag raak nie. Toek ek ses was het ek iewers die moed vandaan gekry om te vra wie se skoene dit is. Toe hoor ek van haar boetie wat op twee in die konsentrasiekamp dood is. en die hardvogtige rooinekke wat nie wou wag met die begrafnis todat sy die skoentjies by die tent kon gaan haal nie.

    Toe sy op 96 jaar en tien maande oorlede is het oupa die skoentjies in haar kis laat sit sodat sy dit vr boetietjie kon saamneem.

    Liked by 2 people

  12. scrapydo
    Oktober 30, 2014

    Ai, die lewe is ook maar wreed as mens nou vvuureoce se stukkie lees!
    Jy kan regtig sommer net jou vertellings copy en paste en dan dit net print op jou eie(soomer A4)! Dis wat ek doen. Dan plak ek op die agterkant/lee bl fotos wat by die geskryf kom en sie daar jy het jou eie lekker lees boek gemaak! Het dit juis nou gedoen oor my eie kleintyd en gaan dit as geskenk vir Kersfees gee

    Like

  13. ddupl3ss1s
    Oktober 31, 2014

    Dankie vir die saamlees scrapydo, en die plan !

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 29, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: