Woorde

Weet Ma..?

“Dit is so lekker om nie nou huistoe te ry nie ..”( veral omdat haar Man nou in werksituasie moet reis)

“Weet Ma, dit is so lekker om gekookte kos te eet…wat ek nie gemaak het nie”

en dan,  om die Ma se hart te laat smelt –

“Baie dankie Ma .”

“Om Ma te wees vat baie uit ‘n mens se liggaam uit.” Amper het ek bygevoeg -amen.

“Dankie Ma dat Ma my gedra het.”

Vir  ‘n oomblik het ek gedink sy praat van swangerskap  se dra.

“Nee Ma, op Ma se heup!Verstommend hoeveel ek al met een hand kan doen!”                                          Ek het mos. Skuldig is ek skuldig ek het Kinta vreeslik geniet en bederf – of- dit is glo nie bederf nie – net  liefde .

Nie lank terug nie het sy gedink om te borsvoed is die grootste prestasie ooit, so verander die prestasievlakke elke week.

Nou verklaar dese Moeder plegtig -ag dit is so lekker om Kinta weer by die huis te kan hê. Natuurlik met die  met Kleinkintatjie ingesluit.

– en dan laat weet Kintatjie se Pappa  “dankie dat Ma-hulle, hulle huisves” Jitte die Engelsman kan so mooi Afrikaans praat.

Vreugde is ons s’n .. ek wou darem byvoeg , die antwoord van Kinta op vraag –  nie met ‘n gewone antwoord nie ,  neee , met ‘n teenvraag! Hmm dit het ek al vergeet, wraggies Pa se kind.

Van:

Die twee Oumense by die Huisoppiehoek

liefde nedl

 

11 comments on “Weet Ma..?

  1. rondomtaliedraai
    Oktober 30, 2014

    Ag julle is bevoorreg… ek is soms sommer jaloers

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 30, 2014

      Daar kom ‘n tyd wat ons hierna met verlange sal terugdink. Beloop van die lewe.

      Like

      • rondomtaliedraai
        Oktober 30, 2014

        Dis waar maar dit bly ‘n voorreg…. onthou as boetie eendag dalk kom gaan jy nog meer pret hê

        Like

      • ddupl3ss1s
        Oktober 30, 2014

        ag tog elke kindjie bly ‘n wonderwerk in my oë maar ek hoop die kind wag tot Mia Laerskool toe gaan.. ha ha .

        Like

      • rondomtaliedraai
        Oktober 30, 2014

        Ag nee jy is heeltemal te bederf om jou sin te kry …

        Liked by 1 person

  2. scrapydo
    Oktober 30, 2014

    Om ma te wees gee die lewe baie ekstra vreugde veral as die dankbaarheid getoon word. Die woorde: ek is lief vir Ma- wat sommer so telkens uit die bloute gese – word is wonderlik! Maak mens sommer ekstra lief vir jou kind!

    Liked by 1 person

  3. Spokie sny spoor
    Oktober 31, 2014

    So mooi die liefde. Dit gom alles aanmekaar …

    Liked by 1 person

  4. perdebytjie
    Oktober 31, 2014

    Alles wat mens in jou kinders ingesit het,kom eendag weer terug na jou toe!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 31, 2014

      Nou raak ek bekommerd .. ek dink net aan die harde woorde ook…

      Like

      • perdebytjie
        Oktober 31, 2014

        Vreemd genoeg,onthou hulle dit net as liefdevolle vermaning.

        Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Oktober 30, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 520 hits