Woorde

Alweer Die stomme ouvrou oppiehoek

Sy word wakker van ‘n  brandpyn in haar heup. Kruipend tot by haar dik kuite.

Sy het probeer om die pyn te besweer.

Sy het hipnoties in haar binne-oor gefluister ..slaap slaap slaap.

Sy kon haarself nie oortuig nie, met die oorswaai van haar stywe oumensbene oor die rand van die bed tot op die mat, trap sy op die ou dik hondjie se stert.

Voordat hy nog kon tjoei..het sy met een hand hom gepaai. Hul slof ganglangs.. Die kuiergaskind se veterhondjies storm saam soos eenman na buite. ‘n Hele voortuin vol pirtsende brakke.. die een wil meer indrukwekkend wees  met sy straal as die ander.

Sy drink . Koffie en iets vir brand in die heup.

Sit toe maar by haar Ouma Dirkie se kombuistafel en drink en dink.

  • .. wat doen ander slaaplose siele. Waaraan dink hulle.
  • sy luister na die Tarentaalgeroep , bankrot-bankrot-bankrot!
  • sy wonder oor die Pietersielie en Tamatieplant in haar groentetuintjie- wat so kroeserig lyk en voel miskien pas hul by  haar, die stomme ouvrou van die hoekhuis.
  • sy kyk met haar moeë oë deur die venster – haar dierbare boom se blare wat liggies roer..so trosie vir die stomme ou siel, hier is darem nog lewe hier buite.

en die dag breek helder

Advertisements

16 comments on “Alweer Die stomme ouvrou oppiehoek

  1. vuurklip
    Oktober 31, 2014

    “en die dag breek helder”
    Ag, dankie tog!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 31, 2014

      ..ek kon nie weerstaan om nou heerlik te lag vir die “Ag, dankie tog!” ..ja Vuurklip ouderdom is ‘n bliksem!

      Like

  2. scrapydo
    Oktober 31, 2014

    Ai, dis nie lekker nie. Nagrus is so belangrik. Dis n probleem wat al erger word met die ouer word. Die le-ery op n sy snags maak dat mens dit later nie kan uithou nie. Regop kom, gee bietjie verligting! Ek het beslis baie simpatie met jou en jou “stywe, aanmekaargewerkte” werwels. Daar moet iewers wees waar n senuwee plat gedruk word. Maak nie saak wat jy doen nie. LOL vir jou

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 31, 2014

      Ai man, praat jy nou so uit die perd se bek…

      Like

      • scrapydo
        Oktober 31, 2014

        Myne is maar n vulletjie in vergelyking met joune

        Like

      • ddupl3ss1s
        Oktober 31, 2014

        Nee wat.. elke mens ervaar pyn verskillend, persoonlik dink ek , ek’s kwalifiseer volmondig as pieperig!!

        Like

  3. Orange Blue
    Oktober 31, 2014

    Laat mens saam om die tafel sit en wag vir dagbreek. Jou woorde is raak beskrywend

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 31, 2014

      Nogal vroeg vanoggend gaan loer op jou blad of jy nie dalk wakker is..solank wakkerbly nie mens depressief maak nie, dan is dit leefbaar.

      Like

  4. Spokie sny spoor
    Oktober 31, 2014

    Ai toggie, wat is die slaap – ‘n wondersoete ding. Eks bevoorreg om nie te sukkel met slaap, manlief sukkel om my in oggende wakker te kry …. maar nou ja. Sterkte!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 31, 2014

      My slaaploosheid ..ek gebruik daardie tyd om soms ‘n blogpraatjie uit te dink. As ek die dag gaan slaap en deurslaap sonder onderbreking..man dan gaan ek ‘n riel dans.

      Liked by 1 person

  5. perdebytjie
    Oktober 31, 2014

    Ag eina tog! Sterkte .

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 31, 2014

      Dalk is die heup ‘n reënvoorspeller, dan is alles toelaatbaar.

      Like

      • perdebytjie
        Oktober 31, 2014

        Heheh! Ek hoop so.

        Like

  6. rondomtaliedraai
    Oktober 31, 2014

    Magnesium Doen jy die magnesium ding?

    Liked by 1 person

  7. Tannie Frannie
    November 1, 2014

    Ooo, daardie wakkerword, gewoonlik klokslag drie-uur – wat is dit tog met drie-uur innie nag?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 31, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: