Woorde

Die stomme vrou het mos ook ‘n stomme man!

Die stomme vrou van die Huis oppie hoek se Man  sukkel deesdae met kwinte en kwale.

Sy het  hele ruk gelede daarvan vertel.  https://blogkliesjee.wordpress.com/2014/10/05/hospitale-ruik-nie-meer-na-hospitaal-nie/

Vandag het hy weer gaan kuier by die mense  van die “Water-Departement”

Sy vra : ” ..en toe ? ”

Hy antwoord: ” nee wat , jong ” en  geen verdere kommentaar word deur die stomme man gelewer nie .

Sy vra: “Hoe lyk die Man?”

Hy antwoord:  ” Glad nie soos ‘n dr nie..”

Sy vra:  “Soos?”

Hy antwoord:  : ” Hy lyk vir my eerder na ‘n plumber , soos in loodgieter .”

Sy  al laggend : ” Dan pas die man mos by sy beroep ..so met die waterwerke en so aan en diesmeer!”

Hy antwoord:  Na  sy ouvrou se lagbui  ..” Hemel maar die man se bril is vuil, ek het amper vir hom gevra of ek nie dit vir hom kan skoonmaak nie!!”

Vra sy ouvrou ..: “was dit waterdruppels of stof ! ”

medies

 

Advertisements

17 comments on “Die stomme vrou het mos ook ‘n stomme man!

  1. perdebytjie
    Oktober 31, 2014

    Ai,ek het nou lekker gelag!Dalk wil die ou nie die loodgieterwerke té goed bekyk nie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 31, 2014

      Dit is nou stof tot nadenke daardie, Perdebytjie!

      Like

      • perdebytjie
        Oktober 31, 2014

        Of is dit water onderdeur die brug?

        Liked by 1 person

  2. vuurklip
    Oktober 31, 2014

    Solank die waterwerke nog wyn in water kan omtower is die Kaap Hollands …
    So vuurklip hou ook nog uit, dankie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 31, 2014

      Vonke spat van die Vuurklip met sy slim woorde.. nou wil ek slim antwoord gee.. en dit neuk al skuins !

      Like

  3. rondomtaliedraai
    Oktober 31, 2014

    As hy grappies maak gaan dit seker goed met die waterwerke

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 31, 2014

      Nee, dit is oorlewing, die gegrappies makery. Hy moet weer hospitaal toe.. is deel van reeks ondersoeke.

      Like

      • rondomtaliedraai
        November 1, 2014

        Sterkte… ons hoop hulle kry dit nou onder die knie. Hoe voel hy?

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 1, 2014

        Dink hy is soms moedeloos.. verder is dit nie dat hy infeksie simptome het nie.. dankbaar dit is nie niere nie.

        Like

      • rondomtaliedraai
        November 1, 2014

        Ai toggie … dit vat lank en dit maak mens moedeloos

        Liked by 1 person

  4. Lewies Mymer
    November 1, 2014

    Hehehe! Slim gesê! Partykeer is humor die beste vorm van simpatie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 1, 2014

      Toe seg die man wat soos ‘n plumber lyk vir hom , hy is nog ‘n spring chicken! Toe voel die pesnsionaris darem beter …

      Like

  5. scrapydo
    November 2, 2014

    Dit was nou heel kostelik beskryf. Moes regtig lekker glimlag oor die stof of druppels!

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 2, 2014

      Jong die man is soms so ernstig..dan moet mens maar daaraan werk om ‘n lag uit te lok..

      Like

      • scrapydo
        November 2, 2014

        Beslis die moeite werd. Lag is gesonder as n frons

        Liked by 1 person

  6. Orange Blue
    November 2, 2014

    Kostelik

    Liked by 1 person

  7. Spokie sny spoor
    November 3, 2014

    Ag-jinne! Oulik geskryf. Ai, as mens maar tog net die ‘parts’ kon omgeruil het by ‘n “spare-parts’ plek vir nuwes, seg ek altyd. Ons almal raffel maar uit, of is dit af?

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 31, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: