Woorde

1 November

Vandag is die dag van Jodetert  en Handtertjies .

My Oupa se verjaarsdag is altyd so gevier . Niks het lekkerder geproe as daardie  tert , so in lae opgestapel met vlavulsel tussen-in nie!. Ek wonder hoeveel broskorslae was dit? Nietemin :

Het vanoggend  Oupa se naam by google ingetik vir hierdie foto.

oupa en ouma

Vir hom het ek menig dag Laat Heer die seën … gesing. Sy ouderdom in aggeneem , ‘n rype 93 jaar.

Vrolike lag, wonderlike humorsin  , ernstige Godsienstige mens..By Rhodebank se eetkamertafel het hulle(gesin) ewig oor Openbaring gesels.. Die enigste familielid wat ooit vir my op my Dirkie naam genoem het.  Hy was baie lief vir Ouma Dirkie – ek kan onthou die dag met haar begrafnis (ek was 7) dat ek eerste keer in my lewe gesien het ‘n man huil ,en dit nogal my Oupa, my hand aan  die punt van Oupa se pakbaadjie vasgeklem  – so bang hy neuk  die graf in . Hy oor die sesvoet in ou terme, kan jy glo ek het vasgeglo ek sou hom kon red. Ouma se Dawietjie.

My Oupa was ‘n roekelose bestuurder. Hy het een van daardie klipharde ou Dodge  karre gehad. Ons het sommer van dit as die seerrugkarre gepraat – google gerus so ou model van 1950 . Hy het sy draaie so wyd gevat, behoede die siel op die fiets langs die plaaspad doer in die Koepel se smal plaaspaadjies. Hy het vir Filemon amper in sy moer in gery .. gelukkig  het die ‘bumper’ net die wiel getref en Filemon se lugwaartse vlug  ge-eindig tussen Doringboom en sonbesies.

Die erfstukke in my huis van Oupa en Ouma.. die ou Huisorrel die Trommel die State Bybel en nog allerhande kleinigheidjies.. kosbaar . “Jammer Oupa ek kan steeds nie die orrel bespeel nie, maar ek sal  vir jou vanoggend sing”.

 

 

15 comments on “1 November

  1. perdebytjie
    November 1, 2014

    Wat ‘n mooi herinnering!

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 1, 2014

      Ek is natuurlik spyt oor ek nie uitgevra en aantekeninge gemaak het oor al sy familie en Ouma se familie nie..al wat ek weet sy het haar naam summier verander en verAfrikaans , dit was nog die Hollandse naam op haar doopseël.

      Like

  2. Lewies Mymer
    November 1, 2014

    Hoop my kleinkinders onthou my eendag ook so.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 1, 2014

      Ek dink joune sal beslis..ek twyfel toe later oor die kar..dalk was dit ‘n Packard.

      Like

  3. Tannie Frannie
    November 1, 2014

    Daardie jodetert is heerlik, maar vreeeeslik baie werk! Ek het dit eenkeer gemaak en vir myself belowe nooit weer nie. Die liefdesband tussen ‘n grootouer en ‘n kleinkind is so kosbaar – ek kan net dink hoe jou oupa jou seënbede moes geniet het.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 2, 2014

      Soms as my een broer hartlik lag ..hoor ek tog sy lag, snaaks dat sekere dinge oorge-erf word.

      Like

  4. rondomtaliedraai
    November 1, 2014

    Ag jy is darem ‘n storieverteller by uitstek… sug… moet nou nie weer dit ontken en allerhande verskoninkies maak nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 2, 2014

      Daar was glo ‘n niggie in die Schoeman familie wat ‘n storie met pen en ink aan een of ander tydskrif gestuur het.. en die redakteur het genoem sy’t talent ..toe staan en dood sy vroeg in haar lewe. Verder het ek die Ouma Dirkie se ‘wat reg is reg en het die Vader lief – ge-erf. Eerlikheid , maar sy was maar moeilik= indruk gekry my Ma was liewer vir haar Pa as die kwaaie Ma .Ma Wouda kon storie so laaank en veeleisend maak… giegie! ,,miskien het ek gesien hmm dit is ‘n blog .

      Like

  5. scrapydo
    November 2, 2014

    Dis mooi van jou om vir oupa vas te gehou het om te verhoed dat hy inval. Kinders het darem wonderlike idees oor sekere dinge.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 2, 2014

      Dit bly belangrik dat mens tog die onthou te koester, heerlike dae.

      Like

      • scrapydo
        November 2, 2014

        Beslis lekker om terug te dink aan daardie spesiale tye

        Liked by 1 person

  6. Orange Blue
    November 2, 2014

    Goeie herhinneringe. <3

    Like

  7. Spokie sny spoor
    November 3, 2014

    Ai – mooi herinneringe.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on November 1, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 503 hits