Woorde

Die vrou – Nou nie naaktestudie nie.

blog koerantlees

Iewers het ek die foto van die houer /staander , vir ‘n  Ipad teëgekom . Jammer ek het nie nota gemaak wie die Beeldhouer  van die kunswerk  is nie.

Hoekom ek nou van die ronde vroutjie hou?  Ag ek is ook  rond  – rondborstig (nou slaan ‘n paar lesers dood neer , eintlik maar nou oor die rondborstige verklaring oor my anatomie!) en sou wat wou gee om so kruisbeen te kon sit  darem nou nie in my naaktheid nie..

Amper vergeet ek ..en ek het nie ‘n Apple Ipad nie. Eintlik besit ek geen Tablet nie, nee ek wil nie een hê nie, indien my kinders dalk dink ek skimp..

Ek het ‘n blog gebaar, met moeite en verdriet, nee wat ek oordryf.

Groetnis.

Advertisements

17 comments on “Die vrou – Nou nie naaktestudie nie.

  1. Net Ek
    November 6, 2014

    Dis so oulik!

    Like

  2. Toortsie
    November 6, 2014

    Eers wil ek vra: Hoekom nie in jou naaktheid nie? Toe dog ek – ekself sien nie kans om so in my naaktheid te sit nie! :)

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 6, 2014

      Toortsie, klere is darem die wonderlikste ding sedert Paradys dae – intussen is daar darem heelwat verbeter sedert die Vyeblaar. Kruisbeen sit so op sitvlak, gekleed sou vir my so wonderlik wees! Ag ja…

      Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    November 6, 2014

    Nee wat wat is nou lekker aan kruisbeen sit as jy lekker in ‘n Lazy Boy kan rondhang Plat op die grond is ook overrated … daar sien jy al die stof en het jy hulp nodig om op te kom

    Like

  4. Spokie sny spoor
    November 6, 2014

    Hiehie – na die foto sien ek ook hoe jy agter jou rekenaar sit en tik! Oulike foto.

    Like

  5. monicahaddad01
    November 6, 2014

    Daar is iets aan die beeld wat mens wil aanhou laat kyk, dis soort van edel,of is ek nou simpel. Is dit van porselein gemaak en is daar baie van hulle?

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 6, 2014

      Monica, iewers was daar kompetisie oor verpakking of uiitstal van items en iemand het prys gewen, maar ek gaan regtig weer soek of ek dit kan opspoor en dan sal ek laat weet. Hier is ‘n Vroue dr. sy’t sulke boepens vetboudjie beelde in haar spreekkamer, sy loop so in die verbygaan en streel die ou vroutjie en vertel haar ..ag is sy nie mooi vet nie..

      Like

  6. perdebytjie
    November 6, 2014

    Meer vroue lyk so,as na die maer ondervoede modelle!Dis ‘n oulike beeldjie.As jy skaam is vir haar,cut en paste ‘n oorgroot japon vir haar.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 6, 2014

      Kyk sy’t nie rolle nie.. net Rubenagtige rondings.. sterk oorerwingsfaktore sigbaar.. Nee wat Perdebytjie, sy mag haar tablet vashou so in haar skoonheid en naaktheid. Wintertyd hang mens net ‘n serpie om.

      Like

      • perdebytjie
        November 6, 2014

        Hehe,ek dink nie sy het ‘n serpie nodig nie..genoeg natuurlike bedekking.

        Liked by 1 person

  7. scrapydo
    November 7, 2014

    Ek het ‘n blog gebaar, met moeite en verdriet! Ek dink dit verskaf tog veel plesier al het jy nie n “tablet” om op te tokkel nie. Tablette word gedrink vir pyne, nie om mee te speel nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 8, 2014

      Oe lekker lekker.. ek wonder wie gebruik nog die woord tablet vir ‘n pilletjie- tablet versus pilletjie!! gie gie.. Dankie vir jou saamlees.

      Like

      • scrapydo
        November 8, 2014

        Het my soos n bom getref toe ek tablet lees! Lekker ou lekker!(Sien ook in my gedagte die groot kamerjas gedrapeer oor liggaampie in die koue!)

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 6, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: