Woorde

Ag Siestog versus Ag Shame!

Ons as gesin sit nou die dag in ‘n gesinseetplek. Ons monde nog so halfvol aan’t kou,  kom vra die kelnerin /moontlike eienaar – “is alles reg hier?” Voordat enigeen ‘n antwoord kon mompel loer die kelnerin / -moontlike eienaar by Mia se waentjie in en  ..”ag siesstoggies!

Afhangende van taalvoorkeur ag shame hulle soms.  Ek sou graag wou weet , hoekom ag siestog    mense klein babas? Sy kon moontlik ge-agsiestog word toe sy nog so voorbeeldjie van ‘n mens was (Mia), nogal gedink hul mag dalk die Ma jammer kry . Vroeggebore babas se grootmaak  en grootkry verg so effens meer genade.

Ek moet jul darem inlig ..toe kry ek mos ook nou die dag ‘n Ag shameeee!”  Die vroutjie (!) staan en koer lustig met so vreemde stemmetjie vir Mia en Mia glimlag dat die kwyl druppel op haar ken. Skielik kyk die dame vir my en kyk na dese oue Moeder se jonge Dogter met  baba Mia op die arm .. en sy vra , “Is dit nou die Ouma?” Die Ouma glimlag  breed en trots en die Jong Moeder kyk met so grinnik na my kant toe en bevestig haar vraag.  Hmm ja,   kyk die koetjiekoe vroutjie so kyk vol empatie na my en toe kom die “Ag siestog!”

Byna vir die vrou gevra nou hoekom, waarom, wat!!! Sien ek so uit my gatkant van my oog (soos my oorle skoonma graag gesê het)  die vreeslike breë glimlag op Kinta se gesig, sluk ek toe maar want sy, kry natuurlik tog te lekker  met die dat sy al ‘n oordosis van die shampies moet beleef.

Ons twee,  plus Mia in haar vierwiel aangedrewe stootwaentjie stap verder ..die Ouma al morrend en die Jong Moeder al giggelend . ” Ma moes Ma se gesig gesien het!”

Ek hou die mense dop. Bejaarde dames loer nie in die waentjie  nie , hulle maak ook nie sommer ‘n opmerking nie in teenstelling met die Ouer manne, hulle kry so sagtheid op die gelaat . So skewe koppiekyk maar sê nie ‘n woord nie. Behalwe die Motorwagte (manne) hul is verskriklik behulpsaam met stootwaentjie uitlaai en deesdae se opslaan en weer terugvou van die moderne waentjies bly ewig vir hulle ‘n raaisel en helse uitdaging, maar hulle probeer keer op keer, maar gesels, gesels hul  nie ‘n woord met die baba nie . Staar net vir die ronde ogie kind.Stipkyk.     Die eintlike  groot sondaars is hulle met die stout telgies al skoppend en hangend aan  hul Ma se hand wat gedwing word ..’ag Boeta /Sussa ..kyk die ou Babetjieeee, ag shame!! Stomme kinders wat net wil speelgoedwinkel toe,  kry daar en dan   ‘n  glimps uit die verlede  ‘weet jy, Boeta, jy was ook sooo klein ..ag shampies!”   Moederlike instink  is al verklaring wat ek daarvoor het –  overgesetseinde  effense broeiserigheid.

Mia het intussen gegroei. Genadiglik. Sy is al 5 maande. Syt verander van ‘n klein maergat na ‘n mollige drukbare babatjie. Al kry mens op die koop toe so streep kwyl teen die oumens wang. Haar Ma moet deesdae na elke sessie van ag siestoggies verklaar hoe oud haar baba is met ‘n  reaksie ” Oe jy’s lekker vet!” Mensig dan blits daardie bruinoë..”   Ma, ek is so bly Mia verstaan niks nie, my stomme kind sou al ‘n kompleks gehad het om heeltyd te hoor sy’s vet..my kind is nie vettt nie !” en dan beklem sy elke woord met mening. Die google fundi haal daar en dan statistieke aan van ouderdom en gewig en wat nog alles . Dan troos ek haar en verseker haar .. “Haai my Kind, nou die dag weer gekyk na jou fotos toe jy 5 maande was..julle twee lyk dieselfde , toe het Ma ook nie gedink jy’s nie vet nie, miskien mollig maar beslis nie vet nie!” Sy gmf ! en ek glimlag breed en ek troos haar  met  ‘n “ag toemaar ..ag siestogg!  en sy ‘AgMaaa!!! ”

 

 

 

 

Advertisements

6 comments on “Ag Siestog versus Ag Shame!

  1. Spokie sny spoor
    November 7, 2014

    Ag shampies – te oulik geskryf! (ek grap sommer) Gelukkig skud babas gou hul baba-vet af as hul eers begin loop. Ten minste is sy gesond?

    Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    November 8, 2014

    hehehehe … ek het baie lekker gelees. Ek siestog nogal maar ag shame nie regtig

    Like

  3. vvuureoc
    November 17, 2014

    Sien ons ‘n kleinding op die arm in ‘n winkel vra ek altyd watter rak dit van kom sodat ek en vroulief dit kan vermy!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 7, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: