Woorde

Talente versus vaardigheid ?

‘Mens moet jouself  nie minderwaardig ag nie’ , my Ma se wysheid. Nie dat ek  minderwaardig voel bloot omdat ek nie al die talente toebedeel is nie, maar ..

  •  Ek sou  graag meer vaardigheid met my hande wou hê. Skooltyd my altyd verstom die kinders wat  tik op die tikmasjien (voor rekenaar dae)  teen ‘n  spoed van witlig. Ek het geoefen met vingerlosmaak ,  knaend in die winter handeroom aan hande gevryf , om moontlike bloedvloei aan te help. Oop oë gebid dat iewers ‘n  flinkheid van hande na vore sal kom  – hmm, amper seg ek – Tevergeefs sê die Prediker. Die f simbool was knaend te siene.
  • ..Ek sou  graag  ‘n blom in ‘n pot wou druk  met ‘n ietsie hier en ‘n takkie daar , dan lyk dit soos ‘n kunswerk  uit die  Paradystuin. Miskien moet ek nog  leer watter pot watter lengte blom . Die name van blomme  miskien ook of eintlik maak dit nie saak nie. My een broer ken net een blomnaam- Kanna- en alle blomme  is ” hel, dis ‘n mooi Kanna daai !” dan is dit dalk ‘n Gesiggie, op die koop toe verskaf dit my pret die ewige Kanna. . Het jy geweet dat Babybreath of Gyps skaars is. Ek hou daarvan die sagte wolkie van fyn blommetjies.  Al het  ‘n  blommevrou eendag by  beplannery van ruikers  so neusierig vir my vertel “kyk ons doen nie Gyps nie!”
  • Dink net as ek kon teken.  Ek is nie vraatsig nie, sommer maar net ‘n skets , die buitelyne van ‘n boom  sou ook aanvaarbaar wees. Ek teken steeds ‘n boom soos ‘n  graad een kindjie.  Mens se ellende of vreugde kan glo duidelik agtergekom word uit  tekeninge . Wonder wat sou die Psige mense nou kon vertel oor die stomme vrou oppie hoek se sketse van  haar kinderlike huisie met skoorsteun so skuins eenkant  en ‘n son met tande en ronde oë  en stokkiebeen familie en stokkiebeen honde in die tuin.
  • Die musiekstorie. Die musiekmaakstorie. Die gaan sit agter klavier en jy kan met twee hande verskillende note druk en daar kom die mooiste musiek na vore. Hemel dit sou wonderlik wees. Dan kyk jy so op jou musiekboek na musieknote wat betekenis kry en nie net knopkierietjies is nie – jy druk klawers sonder om te kyk,  nes blindtik. Dan kyk jy na die rondheid en stramheid van hand en vingers ..dan dink jy ag eintlik maak dit nie saak nie neurie is ook aanvaarbaar.

As ek nou my draaie kry sou ek graag môre oggend wou ‘n bloggeskriffie  skryf. Indien nie , almal hier teenwoordig mag  môremiddag, so teen vieruur se kant,  uit volle bors sing. “Lank sal hul lewe in hul gloria! ” of meer toepaslik die Sondag inaggeneem ..Laat Heer de segen op hem daal.. Die ouvrou met die oorgroot Kamerjas en haar Geliefde , wat steeds maer is en weer moet hospitaal toe gaan .. is môre VEERTIG JAAR getroud.  Dit het ons wragtag met genade reggekry en daarvoor moes ons beide woeker aan ons talente en aanpasbaarheid . Dit was darem nou nie met moeite en verdriet nie, ha !

babybreath 2

Vreugde en plesier aan almal! Groetnis.

15 comments on “Talente versus vaardigheid ?

  1. scrapydo
    November 8, 2014

    Ooooo maar daar is niks verkeerd met jou skryf talent en storie voorlees nie! Dis ook n talent wat ek graag sou wou he. Skilder kan jy beslis probeer, jy hoef nie die werklike te verf nie.Denkbeeldig en n naam daarby is goed genoeg!
    Ek gaan vir julle sing aan hierdiekant van die wereld! Omdat dit Sondag is sal ek “Laat Heer U seen oor hul daal…. ” sing!(Nie dat ek goed kan sing nie, maar jul sal dit nie kan hoor nie)

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      November 8, 2014

      Aaa.. ek waardeer dit, die sing. Hier benede by al die Bloggers is ek geneig om ander se briljantheid raak te lees, dan hou ek maar in my klein hoekie..

      Like

      • scrapydo
        November 8, 2014

        Nee wat niks om beskeie oor te wees nie. Ek dink jou persoonlikheid maak op vir hande wat nie wil werk soos jy graag wil nie

        Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    November 8, 2014

    hehehehe… jy is darem lekker snaaks Baie geluk Ek stem saam met Sus jou talent lê in die woeker met woorde… sug… en die hardkoppigheid om ander bloggers te glo.
    Baie geluk … hoop julle het ‘n geseënde jaar.

    Like

  3. Lewies Mymer
    November 8, 2014

    Om veertig jaar gelukkig in die heilige eg verbind te wees vereis ‘n kosbare talent–die van ‘n deugsame vrou, Prediker se taal! Baie geluk! Hoop die man van die huis is ok.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      November 8, 2014

      Baie dankie Lewies vir goeie wense . Ons glo dat alles goed sal verloop met toetse.

      Like

  4. perdebytjie
    November 9, 2014

    Met jou woordtalent is niks verkeerd nie!Baie geluk en mag die dag vol vreugde vir julle wees!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2014

      Eintlik kla ek nie oor my talente nie ek sou net graag so toevoeging wou kry.. maar talente bly kosbaar.

      Liked by 1 person

  5. Spokie sny spoor
    November 10, 2014

    Aaag – oulik geskryf! Wat het my ma nou weer altyd gesê oor haar 40 jaar getroude lewe. Die een het UITGEHOU en die ander een het AANGEHOU. Nou ja, weet nie wat die geval by jou en jou manlief is nie …

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 10, 2014

      Ek hou daarvan.. ha , sal hom vra watter kant van die hou kies hy..ek swyg soos ‘n slim vrou betaam en laat hom wonder!

      Like

  6. vvuureoc
    November 17, 2014

    Baie geluk hoop daar is nog vele herdenkings

    Ma en pa is met spesiale lisensie getroud. Dit was verpligtend daardie jare as een van die partye gekei was. {Ma se eerste man het hom binne vier maande uit ‘n vrou gedrink}: Na veertig jaar krap pa met die herdenking die lisensie uit ‘n dokumentetas uit. Vra ma Wat maak jy nou my man. Antwoord pa ek kyk maar net waneer hy verval!

    Dit is toe dat ek die storie van die troue hoor. Ma sê die magistraat het sy sigaret in sy asbakkie neergesit hulle getrou en geluk gewens en toe die sigaret klaar gerook terwyl hulle die papiere afhehandel het!!. Pa vertel van die vier koppies tee en koek wat hy by die Griek oorkant die straat betaal het vir hulle en die twee getuies.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 17, 2014

      Oe dit is nou mooi storie ..ek hou van die sonder fieterjentels troue!

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on November 8, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 503 hits