Woorde

9 November 1974

Baie dankie vir die groot vreugde om met jou getroud te mag wees.

Natuurlik was daar ook dikbek hartseerdae,  Mens vergeet dit.

Baie dankie dat jy tog maar verdraagsaam was met my ete pogings – foeitog dit was ‘n stryd , toe moes die asblik die offer ontvang – ons het mos eers later ‘n hond gekry ..onthou jy die brak ? Stoffel.

Baie dankie vir jou aanpasbaarheid – getroud te wees en getrou te wees, bly steeds genade.

Baie dankie vir jou humor.

Baie dankie vir jou gebruik van woorde – nie die vermorsing daarvan nie . Pasmaats,  al is ek die geselser en ek moes leer om asem te haal tussen praatjies. Jammer val my nou by.. na veertig jaar moet jy seker moed opgee. Hmm, maar o wee die dag as die geselser swyg! Nee, ek swyg . Ek laat geen aap uit die mou nie..newwer!

Toe het ek jou nie eintlik geken nie, al het ek so gedink. Nou dink ek ken jou beter.. maar daar sal mos altyd die misterie wees.

Toe het ek in ‘n waas van vrolike , kommerlose liefde gesweef  – snaaks ek kan nie eintlik ons eerste groot geveg onthou nie.. dit is darem wonderlik , die nie boekhou nie. Nou het die waas darem meer substansie gekry.. liefde groei vaster. Liefde gee ruimte . Liefde raak volwasse. Liefde is kosbaar net deur die aanraking van jou hand onder my elmboog. Die vashou in omhelsing.

Hmm ek wou verskriklik graag aspris wees , met so stout een oor seks, maar ek laat dit maar aan die verbeelding oor . Almal sit nou-nou en  asem ophou, in  verwondering oor die ouvrou met die oorgrootkamerjas se  slaapkamer nusies !

Jy het nou nie ‘n keuse nie ..ek gaan jou nou wakker maak met koffie en beskuit.. ek wil bietjie met jou praat! (Oe daardie sinnetjie het enigeen se maag so effe laat draai!!)

Mooi dag aan almal.doepie en dirkie

 

 

 

 

Advertisements

27 comments on “9 November 1974

  1. newsferret
    November 9, 2014

    Hartlik geluk met die vierde dekade se herdenking. Mooie voorbeeld wat daar gestel is en geniet die se feesvieringe ter herdenking. Mag daar nog vele plesier wees op pad na die vyftigste.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2014

      Baie dankie News..skielik klink 50 verskriklik vêr, nietemin ons beweeg definitief met grasie (stadiger) so asof mens nie meer hoef te hardloop nie..

      Like

  2. coetzee2014
    November 9, 2014

    Baie geluk! Baie dankie vir die baie mooi blog. Dit is hoe ‘n blog moet wees/lees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2014

      Baie dankie ..die geluk plus die kompliment. Hm vanoggend kyk ek na die ou vroutjie in die spieël .. en ek verstom my waar is die jeug heen..

      Like

  3. scrapydo
    November 9, 2014

    Die jeug is nog in die hart jong. Mens se hart word nie maklik ouer nie. Geniet die viering en ook die saamwees. Dis n mylpaal wat nie vergeet gaan word nie. Het jy my hoor sing? He he…. dis besig om aand te word hier jy sal die lied binnekort daar hoor!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2014

      Kan jy glo.. en dit is so pragtige skoonlug dag , gister heerlik gereën. Daardie dag met troue ..het die swaeltjies so getjierrr tjier al om Vredefort se kerk. Het die sang se vibrasies gevoel..dankie vir die wense..

      Like

      • scrapydo
        November 9, 2014

        Sien ek se mos die hart is nog jonk, jy onthou tot die swaeltjies se geluid! :)

        Liked by 1 person

  4. Jeanné
    November 9, 2014

    Baie geluk! Kan nie wag om jou blog te lees nie – altyd lekker.

    Liked by 1 person

  5. perdebytjie
    November 9, 2014

    Julle was ‘n pragtige paartjie op jul troudag..dit was die uiterlike.Nou is jul ‘n pragtige paartjie,soos twee klippies blink geskuur deur die jare.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2014

      Ek wens my tande het nog so gelyk.. ha ha , ouderdom bly maar wrede ontnugtering, van daardie potswart hare is net gryskop en die snor lyk darem dikker.. ons was wraggies nog kinders.

      Like

      • perdebytjie
        November 9, 2014

        My troufoto lyk amper net so,maar ons is mos tydgenote.

        Liked by 1 person

  6. Lewies Mymer
    November 9, 2014

    Jis.y was ‘n mooi bruid! G’n wonder Die Man glimlag so breed nie! Baie geluk!

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2014

      Ag Jimmel Lewies .. sou graag my jeugdige gebit wou hê, hy lag vir sy snor, ek haal hom aan ” Ag vader tog dit lyk soos ‘n sokkerspan wat huistoe kom ” seker maar yl. Mensig en die man is deesdae grys . Ag ek is so bly ek hoef nie weer voor te begin nie, alles verloop darem rustiger gepaardgaande met ouderdom en wedersydse begrip,

      Like

      • Lewies Mymer
        November 9, 2014

        Ons is karperde, getroud in 1973, ek weet presies waarvan jy praat! Daai eendag wat jy skielik wonder, Liewe land, is dit regtig ek in daai spie”el?

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 9, 2014

        Jy praat! Ouderdom en veroudering die gegewe , sekere dinge verlang ek na ..nooit ooit het ek toe rumatiek gehad!!

        Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    November 9, 2014

    Grinnik… ek gaan nou my woorde baie mooi kies… ag nee wat toemaar… Baie geluk vriendin!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2014

      Ha ha ..ja Tina , baie dankie . Die dag was heerlik ..en het al die feeste geniet.

      Like

      • rondomtaliedraai
        November 9, 2014

        Ek het darem aan jou gedink Ek is bly alles was mooi? Jy sal vir ons darem van die doop op ‘n blog moet vertel

        Like

      • ddupl3ss1s
        November 9, 2014

        Sal by blog moet vertel , stem saam .. as ek fotos kry.

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        November 10, 2014

        Jy moet maar arm draai

        Like

      • ddupl3ss1s
        November 10, 2014

        Ander vriend van hulle het fotos geneem ..ons wag maar

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        November 10, 2014

        As ek foto’s neem probeer ek so gou moontlik vir die mense ‘n paar te gee. om twee weke vir foto’s te wag is vir my gewoon onregverdig

        Like

      • ddupl3ss1s
        November 10, 2014

        nee wat hul sal seker aflaai op rekenaar .. pelle.

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        November 10, 2014

        Gha dis juis pelle wat mens so laat wag! :)

        Liked by 1 person

  8. Spokie sny spoor
    November 10, 2014

    Aaag – foto so pragtig! kan ek maar ‘n traan wegpik?

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 10, 2014

      Ek het ook met nostalgie gedink aan die jeug ..ons kan maar water in die oë kry.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 9, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: