Woorde

As ..

  • as ek spanning ervaar(my Ma aangehaal- sy het  spanning ervaar en het nie stres geken nie)  dan raak ek mos in my moer in  kalm en bemoedig almal om my en glimlag asof ek in sewende Hemel van geluk rondswewe.
  • as die krisis verby trek kompleet soos ‘n losdonderbui laatmiddag, dan tref die dae se spanning my soos weerligstrale..
  • as ek en Insomnia ‘n breinsel deel , dan stof ek af en drink koffie en blog en lees ander se vreugde en ellendes en speel tot blerrievervelenstoe ‘n speletjie op die rekenaar ..probeer my telling hoër  hoogtes te laat bereik.. sinneloos
  • as ek nou vir jou vertel,  hierdie dag/oggend,  het die vrolikheid en vriendelikheid en die kalmte by die venster uitgevlieg ..lieg ek nie vir jou nie en dit is nou nie dat die krisis verbygetrek het nie..skoon voortydig die angs om die hart.
  • as ek nou  so bietjie asemskep ..onder my dierbare boom -diep asem intrek – bestorm ‘n asmatiese hoesbui my longweë .Ek hoes die hoes van ‘n ouvrou, vergeet skoon die hand voor die mond en hyg soos ‘n ou Fordjie sonder petrol bult uit.
  • as ek vir jou vertel, weet jy hoe vêr trek klank in die oggendstilte..die hoesende hygende klank! Ek het duidelik iewers empatie ontvang..duidelik hoor ek ‘n buurman se “ag siestog, hoor hoe hoes die stomme vrou!”
  • as ek nou vir jou vertel toe ek die prentjie raaklees/kyk-  het ek amper omgeval van die lag..dan weet jy ek ervaar bietjie meer stres ..dan wil ek soms lag oor dinge waaroor ek miskien voorheen sou grinnik
  • halfvol
  • as ek nou  nie my storie staak nie,  is ek verbrande hout .

 

Tot môre ..dan het daar dalk  uit die ‘as’ iets positief herrys.

 

 

Advertisements

21 comments on “As ..

  1. Jeanné
    November 11, 2014

    So jammer om te hoor van die spanning en hoessery. Vertrou dat beide gou beter word. Het julle ook as kinders gesê ‘as die hemel val dra ons almal blou kepsies?’ Sterkte vir die dag!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 11, 2014

      ja ..ons het maar die is vandag toegetrek regte pannekoekweer.. die man van die huis moet weer hospitaal toe en ons kleine Mia is siek (bronchitis) en ek vermoed dit is beurtkrag vandag .. en neubilizer en vaporizer en watter masjientjie werk mos met Evkom se petrol

      Like

  2. monicahaddad01
    November 11, 2014

    Ek diep maar weer een van my geliefkoosde sêdinge uit. Nothing in life is to be feared. It is to be understood. en dan….. this to will pass..

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 11, 2014

      Ek beter dit teen my yskas magneet en dit elke dag in die oë kyk. Dankie Monica.

      Like

  3. Net Ek
    November 11, 2014

    Ek lag nie vir jou nie, maar jy skryf so oulik!

    En daai prentjie! Dankie vir die giggel Dirkie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 11, 2014

      My lekkerste onthou is in drs aantrek/uittrekplek – ek en Kinta wou ons slap lag oor elke bogstorie, bloot omdat ek en sy vrekbang was . Ag en jy maak my hart lig oor jou kompliment, ek waardeer dit altyd.

      Liked by 1 person

  4. Spokie sny spoor
    November 11, 2014

    Uitstekend geskryf! (Vergeet die kla en gehoes en ge- “As”.) As ek eendag oud is, wil ek soos jy briewe skryf. Humoristies met my voete waar hul moet wees op die grond …

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 11, 2014

      Daar is eintlik geen kuns aan nie, jy moet woord vir woord tik dit wat jy dink en hoe jy praat..en agterna kyk jy en wonder moes dit nou aanmekaar of loswees, komma of punt? So maklik soos uit ‘n boom val!

      Like

  5. scrapydo
    November 11, 2014

    Ja die spanning/stress wat so met mens se gevoel kan speel. Ek lei aan depressie en gebruik medikasie daarvoor maar as die spanning oorneem kom die asma ook uit sy toegesluite kassie! My dr in SA het al geweet as ek hom besoek dat dit spanning is a g v wat ook al! Hy laat my uitpraat en sal dan se hier is jou “ontspannings” medikasie en sie daar dit help sommer vinnig!(Meestal skoolkinders wat spanning veroorsaak)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 11, 2014

      Ek het stof uit Kinta se spreekkamer ingeasem ..liewe ouers ek is sensitief vir stof, en ek sweer naelstof hang iewers in lug rond in spreekkamer, ennn ons woon in die Vaaldriehoek die mekka van lugbesoedeling. Bronchiale asma is hier nie vreemd nie.

      Like

      • scrapydo
        November 11, 2014

        Dis hy, daardie bronchiale asma wat ek van Secunda se dae af geerf het! Nou bly ek agter n kaste bou besigheid wat hul stof, saagsels en afval planke in asblik gooi by my agterdeur(aan hul kant van heining)

        Like

  6. Strandloper
    November 11, 2014

    Jip koffie en blog…sommer so saam

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    November 11, 2014

    Nou bly ek doodstil Wat het by die dr gebeur? Ek sal Donderdag kom kyk

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 11, 2014

      Wag vir uitslae ons kan antibiotika winkel open met die nuwe voorraad- en onse Mia is siek van bronchitis en klam reenweer nou nie juis goed nie..

      Like

  8. Tannie Frannie
    November 11, 2014

    Ag foeitog Dirkie, daardie kleine ou lyfie wat nou teen nare bronchitis moet baklei! Baie sterkte vir julle!

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 12, 2014

      Dit gaan darem beter as die Fisio klop-klop gedoen het. Dink net die klam weer neem net langer te herstel.

      Like

  9. Kameel
    November 12, 2014

    Sterkte vir jou en Mia Dirkie. Ja, die liewe lewe met sy spanning, en hoe om alles te hanteer. Laat my sommer nou aan Vrydag by die haarkapster dink. Die klomp vroue praat juis oor “stres,” en hoe hanteer ‘n mens dit. Die een haarkapster sê vandat sy van daardie wonderpille weet waarvan jy sommer tien op ‘n slag kan neem, hanteer sy stres baie beter.

    Liked by 1 person

  10. HesterLeyNel
    November 11, 2015

    Wel, nou kon ek ook saam grinnik en het sommer die prentjie met my seun gedeel (hy ondervind een van daai dae). Is verlede jaar se probleme darem toe opgelos of meer houdbaar gemaak?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 11, 2015

      Vreeslik dat ek sommige asse vergeet het, sommige was Mia se bronchiale asma wat baie beter is, Ek is seker toe se as was dalk tydens my man se kanker diagnose ook.. Maar leefbaar het alles intussen geraak en ewig bly mens dankbaar. Daardie uriene toetsbuise was by ‘n dr se Pinblad..

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        November 11, 2015

        Ek het die pin gekry. Ek dink sommige dae raak vir ‘n mens net te veel, maar gelukkig gaan dit ook verby.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 11, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,026 hits
%d bloggers like this: