Woorde

Liewe Mia

Hierdie briewe aan jou is om jou te vertel van onthou dae en mooi dinge en ernstige dinge  en natuurlik ook pret.

Ouma Groot (die ander ouma Dirkie) het altyd gesê ” mens maak nie jou kinders groot vir wind en weer nie”. Die grootmaak van baba tot tiener tot grootmens hou net nooit op nie, Ouma vertel  vandag vir jou dit is  die reine waarheid! Die grootmaak verskil net , mens praat ernstig met Groot kinders , nou nie raas nie. Ek wonder wat dink Mamma en jou Oom nou van die stelling!

Kinders word groot, hulle verskil van mening oor sekere dinge . Soos Godsdiens. Ouers verskil ook oor Godsdiens, net soos  jou Mamma en Pappa onderneem het om jou groot temaak en te vertel oor waardes en oor geloof oor die belofte om tog sover in hul vermoeë jou te leer en laat leer oor Godsdiens. Eendag as jy groot is verskil jy dalk van mening – dit gebeur  maar dan is daar van kleins af tog stene gelê soos in ‘n paadjie – die paadjie wat deur keuse gebruik kan word.

Nege November was vir ons almal ‘n wonderlike dag, buiten nou dat Ouma en Oupa so laaaank getroud was, was dit jou Doopdag ..

mia doop4Dit is nou Ds Jan, Tannie Carol se man. Hy het jou Mamma en Pappa ook getrou.

mia doopWeet jy jou Ma en Pa glimlag vreeslik breed hier , maar ek moet jou darem ‘n ander storie vertel. Die storie oor daardie rokkie van jou. Jou Ma doen mos alles anders, giegie ..en sy sien toe hierdie rokkie by ‘n winkel in die Kaap, op internet. Sy bestel dit spesiaal vir jou grootdag. Lank voor die tyd..hopende dit pas aan jou lyfiegrootte. Die mense gaan dit spesiaal vir jou maak en dit stuur- nie Poskantoor pakkie nie- nee hul staak mos. Dit sou binne paar dae hier voor ons huis op die hoek afgelewer word. Donderdag begin jou Ma se oë al groter van kommer. Vrydag is daar geen teken van jou rok..jou Ma begin al plan B se rok soek…Sy bel toe met benoudheid in  haar hart die pakkie  aflewer Maatskappy, net om te hoor – die pakkie is die oggend 9 uur afgelewer en die pakkie sal eers Maandag hier voor ons deur afgelaai word. Hmm , dit sal jy seker ook eendag leer en ervaar, jou Ma kan nogal erg dramaties wees, haar stem klim so paar oktawes en jou stomme Pa moes daardie nag doer vêr ry  , darem nou nie Kaap toe nie, maar dit was vêêêr in die woeste stormnag(dit het ouma aangedik) om die rokkie te gaan haal.

Mia, en jou Ma kon nie vir jou skoene kry nie…dit is een feit as jy nie van skoene gaan hou nie , sál jy na dese van skoene hou. Miskien moet ek ‘n blog skryf net oor jou voorraad en dit nie uit jou keuse nie maar jou Ma se skoenliefde..as Ouma keuse het loop jy sommer bietjie kaalvoet- maar ek’s bevrees jou Pa hy’s mos Engels- hulle glo nie vreeslik aan die boertjie kaalvoetloop storie nie!

Jy het toe skoene gehad.

mia skoene  kitty

al het Ouma voorgestel sy moet sommer net om  jou enkels so satynlintjie strik. Ek wonder oor julle twee..jy en jou Ma. Ek wonder en ek dink oor laaaank terug se koopsessies met my en  jou Ma ..sy’t ‘n ysere wil en as sy besluit het, kan jy nou maar weet mooipraat en redeneer gaan haar nie uit daardie keuse van ‘n  aaklige paar skoene uitkry nie.

Liefiekind, ons is baie lief vir jou

Dit was ‘n wonderlike dag..’n knop in die keel dag..

Liefde

Ouma en Oupa

mia doop 3

* Kliek op fotos ..om beter te kan sien my kind!

Advertisements

19 comments on “Liewe Mia

  1. perdebytjie
    November 14, 2014

    Sy word net al mooier en mooier!

    Like

  2. ddupl3ss1s
    November 14, 2014

    Sy’t puisies..nee ek jok sommer- muskiete het 2 pienk kolle op die wang gebyt..

    Like

  3. melouisef
    November 14, 2014

    Sy is pragtig!

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 14, 2014

      Dankie, ek sal maar die nederigheid deeglik inpreek..soos ek met die mamma gemaak het,

      Like

  4. scrapydo
    November 14, 2014

    Pragtig vertel. Dankie vir die deel van die dierbare kleine Mia se doopsessie en skoene ook.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 14, 2014

      Ek waardeer altyd dat jy saamlees!

      Like

      • scrapydo
        November 14, 2014

        Ek geniet dit baie en natuurlik dat dit in afrikaans is! :)

        Like

      • ddupl3ss1s
        November 15, 2014

        Ek sê altyd ek dink nie ek sal Reënweer in Wintertyd oorleef nie net so sal ek kwyn sonder Afrikaans.

        Like

      • scrapydo
        November 15, 2014

        Dit is baie waar! Nou sit ek met winterreen en geen(of min) Afrikaans. Wat sal ek nou maak. Moet maar beste van n “slegte” saak maak.

        Liked by 1 person

  5. monicahaddad01
    November 14, 2014

    Ai man ek lees so lekker aan hierdie Mia-briewe, dalk moet ek dit maar vir jou publiseer ;-)

    Liked by 1 person

  6. ddupl3ss1s
    November 14, 2014

    Oe dit klink darem lekker Tannie Monica, die publiseer en so aan, my Ouma is maar beskeie. Tannie, dit was so ‘unfair’ ek kon nie eens een happie saameet nie..net bottel melk en fyn piesang gekry !!

    Like

  7. Jeanné
    November 14, 2014

    Dis wonderlik om in jul vreugdes te kan deel – sy is so ‘n mooie mensie! Moet asseblief nooit op hou skryf nie. Dankie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 14, 2014

      Om te blog is soms pret .. soms lê die woorde net reg, dan gebeur daar droogte ! Dit bly steeds vir my ‘n allerheerlikste stokperdjie. Baie dankie vir jou saamlees en om saam te lees oor Mia en haar Ouma..

      Like

  8. Spokie sny spoor
    November 14, 2014

    Pragtie doopfotos. En oulik geskryf.

    Like

  9. ddupl3ss1s
    November 14, 2014

    Toe hoor ek. ek kies ‘n foto waar die hare nou nie reg lê nie, gits ek dag die kleinste juffroutjie is eintlik die belangrikste . Dankie vir jou kompliment, ek waardeer dit opreg .

    Like

  10. rondomtaliedraai
    November 14, 2014

    Ag dis sommer hoendevleis lekker mooi…

    Kyk net na die tikfoutjie -godsdiens?
    Lekker naweek

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 14, 2014

      Mensig Tina, sommer meer as eenkeer.. en iemand in die huis het dit ook laat verbyglip, dankie hoor. Lekker naweek aan jou ook en dankie vir die saamlees.

      Liked by 1 person

  11. Tannie Frannie
    November 14, 2014

    Sulke mooi foto’s – maar dis ook omdat dit mooie mense is! Geluk met die doop. Mag klein Mia altyd die vrede en vreugde van geloof ervaar.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 14, 2014 by in Briewe.

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: