Woorde

Vir die Kinders van die Ouvrou by die Hoekhuis

Dankbaar klink altyd nederig. Trots ? Wel soms moet mens dit definieer.

Ek het weer besef miskien sê ek nie genoeg vir my kinders ek is trots op hulle nie. Dit het   vandag, net mooi niks met prestasies te doen nie. Bloot  daardie liggie wat skielik spontaan uit  die kind skyn. Ek is  dankbaar en  trots.

  • Kinta, Ma is  trots op jou my Kind omdat jy nie eens tweekeer gedink het om ‘n finansieël-swaarkry-moedelose Pasiënt , nou die dag te help en geen geld te vra nie. Ek sal dit altyd koester. Al voel ek die barmhartigheidssindroom ruk soms handuit. Meeste waardeer dit gelukkig altyd.   Natuurlik geniet ek altyd die kommentaar” Ma ek het vir die man vertel hierdie een voet mag ons dalk red, maar terwyl ek die verbande om die ander voet draai, het ek reguit gesê ek twyfel oor die een..en die pasiënt sê toe ewe ernstig ‘ ..dan moet ons maar gebed doen vir die voet!’  Ma, toe raak dit skielik so stil”       ..toe weet hierdie Ma  wraggies nie of ek moet lag of huil nie.  Saam het ons maar besluit die hulp is maar deel van offerhande of dankoffer al voel jy die mense moet net besef jy’s nie ‘n wonderwerker wat alle ellende tot genesing kan bring  nie.
  • Seuna, Ma is baie trots en so dankbaar dat jy vir jou Oom G gehelp het met sy rekenaar. Ma en Pa is regtig nie daartoe instaat om die enig in sy soort Oom van jou,  se vrae te beantwoord nie. Dit voel soms vir Ma jy’t dubbeldosis geduld gekry. Ma, het darem gesien die lig in jou oë het so effens troebel geraak..man kan ook net soveelkeer verduidelik oor PDF-files en Browsers en  oneindige reeks vrae  beantwoord in rustige kalm stem – en dan maak die Oom nog woes aantekeninge ook op die koop toe ..so vir die herbestudeer met ‘n nog in een asem ‘wag-wag , vertel my van die en daardie en hoe moet ek nou weer maak en wat de donner is die goed op yahoomail..waar kom dit vandaan – ag jy’s my lewensredder , hoor!  stuur ter gelegenertyd die rekening!!” alles met spoed en met een enkele asemteug en so tussen-in praat en lag hy oor die frustrasie van rekenaar, met ‘n bevestiging dat  ‘n bees  makliker hanteer as ‘n rekenaar. Ma het ook gesien die skok op jou gesig as jou Oom ‘n sleutelbord se lettertjies so met mening moer! Nee, jong Ma weet nie hoekom doen hy dit nie, almal voel nie oor rekenaars soos jy daaroor nie.. ons moet maar bly wees hy’t hierdie keer omhulp kom vra,  laas het hy gedreig om die Laptop in die plaasdam te gooi!  So asof die Man agter die Laptop nie eintlik die skuldige is nie.     Ma is verskriklik dankbaar omdat jy met ons ook maar geduldig is, ons werk darem sagter met rekenaarssleutelbord. Daardie uit die hart gratis liefdesdiens wat gelewer word. Kosbaar vir Ma.

proud1

Advertisements

14 comments on “Vir die Kinders van die Ouvrou by die Hoekhuis

  1. Tannie Frannie
    November 15, 2014

    Die jong rekenaargeletterdes moet maar bontstaan om mense uit ‘n ander era in te lig! Mens is baie gelukkig as jy ‘n geduldige konsultant kry.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 16, 2014

      dan sal hy vir my vertel “Ma druk net iets en kyk wat staan op die skerm” dan druk ek die iets en verstaan niks soos ‘n analfabeet van dit wat daar geskryf staan.Geduld het seker perke, maar ek is so bly vir die hulp, maar ek het myself deur blogskool gekry..sonder enige siel hier teenwoordig se hulp..en facebook . Hy was net bekommerd ek beland op verkeerde “sites” Ha ha.

      Liked by 1 person

      • Tannie Frannie
        November 16, 2014

        Jy kan met reg trots wees op jou kuber-DIY! My middelkind is baie geduldig. Ek onthou die dag toe ek hom Kaapstad toe gebel het, halfpad histeries oor ‘n dokument wat ek sopas toegemaak het sonder om te “Save”, na ure se werk. Sy droë kommentaar het my gehelp om maar weer van voor af met die werk te begin: “Toemaar, Ma, dis mos nog in Ma se kop…Dit sal dié keer vinniger gaan.”

        Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    November 15, 2014

    O Geduld is so wondersoete ding!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 16, 2014

      Ek vryf die waardering ekstra in.. en vra gedurig: kan Ma vir jou koffie aandra.. en ag ek sal ook maar notas moet maak soos my broer , Seuna laat my op rekenaar werk , soms, met hom aan my sy..hy doen eenkeer dan moet ek soos bleddie skoolkind dit doen op my eie.. nee hy’s maar streng met sy stomme Ma!! Ha!

      Liked by 1 person

  3. perdebytjie
    November 15, 2014

    Pragtig,Dirkie.Ek hoop jou kinders lees hier.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 16, 2014

      Ha ha ..ek het die een gedwing die ander een sal ingelig word…Ek blog mos maar so op my eie mishoop, moet ewig soos hoender kekkel as ek ‘n eiertjie gelê het waarvan hul moet kennis neem. Klink vreeslik..maar dit is darem net tong in die kies gestel.

      Liked by 1 person

  4. scrapydo
    November 16, 2014

    Nou het jy weer so reg in my kraal ook gepraat. My seun het ook baie geduld maar… as hy gaan sit en tik, tik, tik, Sie daar … Het ek nog niks eers begin sien nie! Ook daardie oor die telefoon help… druk knoppie -wat se hul, .. dan sien ek nie eers wat hy sien nie! HY moet vir my dit uit stippel .. regs bo 3rd wat ook al. Ek is ook baie trots op die kind van by en dankbaar dat hy so n goed menslike geaardheid het. Die kinders kry die voorbeeld tog maar van ouers ook, so Pluimpie op jou hoed ook!

    Liked by 1 person

  5. ddupl3ss1s
    November 16, 2014

    Ag ek verstaan jou pyn ..daardie tik tik tik en siedaar… nee jong ek voel soms soos agtegeblewene…

    Like

  6. Spokie sny spoor
    November 17, 2014

    Hiehie. Oulik. Jou kinders klink baie spesiaal.

    Liked by 1 person

  7. vvuureoc
    November 19, 2014

    Daardie een van doen dit jouself dan leer jy het vir my gewerk. Oubaas Green het die Olivetti M24 op my lessenaar neergeplak en gesê ek wil hê jy moet die personeel register,, stoorvooraad en x’y’z op die rekenaar doen.. Vir die wat verstaan operating system MS dos 3.1 286 prosesseerder met ‘n 20 megagreep hardeskyf. Word perfect vir Dokumente Framework vir databasise en macros en P-mail ‘n primitiewe voorloper van e-pos.

    Vandag is vroulief se 101 asesserings blaaie en Rapporte op die tuisrekenaar en ek gebruik hom vir my berekenings en rekordhouding as ek aandele verhandel.

    Het noet nou die dag uitgewerk dat my seun te tablet se vermoë omtrent 4 keer beter is as wat daardie M24 was.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 15, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: