Woorde

Foto

hartseer 4

Sommige mense kan mos in droefnis mooi lyk. Daardie biggelende traan of die oë wat so volraak en oorloop.

Sommige kan so kop agteroor huil..dat dit skoon lekker lyk, die ontslae raak van diep hartseer.

Sommige mense byt daardie onderlip  senuagtig vas wat so bewend ruk-ruk.

Sommige se neus raak rooi en  neuslopend .

Sommige huil sonder geluid –

Sonder trane

Die oë donker van hartseer.

 

* Fotograaf onbekend

Advertisements

10 comments on “Foto

  1. perdebytjie
    November 19, 2014

    Sjoe dis die mooiste mooi!Daardie oë spreek van hartseer.

    Liked by 1 person

  2. Flenters
    November 19, 2014

    Dis die binneste ervaring wat min verskil.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 20, 2014

      Ek besef dit , maar hoe beheer mens daardie emosie dat jy nie huil nie .. hoekom huil mans nie sommer nie, nog nie gesien mans raak emosioneel oor mooi dinge nie..vrouens se oë loop makliker oor. Ek was al by vriende se begrafnis wat ek mense so jammer kry maar net besluit..’jy sal nie huil nie’ soms werk dit, soms nie..

      Liked by 1 person

      • Flenters
        November 20, 2014

        Dis hoekom ek sê – wat binne aangaan is anders as wat na buite sigbaar is

        Liked by 1 person

  3. Spokie sny spoor
    November 20, 2014

    Mmmm – trane. Trane is ‘n geskenk om ons hartseer te help wegwas en negatiewe emosies van ontslae te raak. Ek waardeer trane. Nou nie die wat die toneelspeelster uitdruk of namaak – hul spel is gewoonlik so goed, dat hul blykbaar rerig huil …

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 20, 2014

      Ek wonder altyd waaraan dink mense wat ‘n traan moet gee vir kameras , miskien iets vreeslik hartseer.

      Like

  4. rondomtaliedraai
    November 20, 2014

    Grinnik… skuus … heeltemal ‘n ander trant! … my gesiggie is nie iets om te aanskou nie

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 20, 2014

      Jinne jong , en daardie beheer oor trane.. ai as dit eers loop dan raak dit krisis.

      Like

      • rondomtaliedraai
        November 20, 2014

        Dis soos giggel mens kan net nie ophou nie … ons het altyd aan tafel raas gekry!

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 19, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,050 hits
%d bloggers like this: