..sy het besluit om so bietjie blogverlof te neem.
Sy sukkel om haar ousigselwers te wees.
..sy sukkel om woorde te vind..
Sy sal weer blog, miskien sommer gouer as wat sy dink.
Sy wou maar net verduidelik dat haar man , die mede inwoner van die Huis oppie hoek, derdestraat links – moet gaan vir operasie.
Die ouvrou het al gedink daar moet tog iewers ‘n ander naam wees vir die kwaal.. die een wat met ‘n K begin ..soos in Kanker.
Dit klink altyd so holkol op die maag.
Eintlik wil mens ook nie die Kwaal krediet gee om staan en hol kol te kry nie..
Die dr, die een met die bril, is positief dat alles goed sal verloop.
Ons stap die pad moedig soos menige ander persoon wat ook daarmee te doene gekry het..en o ek wil darem net vir almal vra, moenie rook nie. Dit is die grootste oorsaak van Blaaskanker.
Groetnis.
Ag nee, dit is nou slegte nuus. Baie sterkte vir julle. Hoop die probleem is na die operasie opgelos en dat jou gou terug sal wees.
LikeLiked by 1 person
Ons is bly oor die geen uitsaaiings. Die man moet ophou rook, dit is nogal erg…Dankie vir goeie wense Danie.
LikeLike
Ag ou vriendin wat kan mens se! Dis goed om bietjie vakansie te hou van blogland af weg al is dit nie te lekker nie! Sterkte en soos dr se alles sal goed afloop!
LikeLiked by 1 person
Ek het vir Tina vertel, ek sal maar van Dinsdag af sit en luister na mede besoekers se praatjies, humor is groot as mens op jou bangste is.Dankie vir die sterkte.
LikeLike
Goed so, Tina kan ook n oor hou om te luister na jou!
LikeLiked by 1 person
Jy is maar vrek stil op fbook Scrapydo- ek sit nou net bergkiekies op, iewers moet ek m,aar die berg uitklim ..
LikeLike
Nooit eintlik n FB ou gewees nie. Sodra daar n oorweldigende reaksie is trek ek my maar terug. Dis vir my tydrowend om goed te moet soek om op te sit.
LikeLiked by 1 person
Ek moet jou beitjie opleiding gee… jy kan dit so stel dat jy net sekere mense se goed sien Dirkie het altyd die mooiste goed waarvan jy baie sal hou
LikeLiked by 1 person
My facebookblad lyk soos moderne scrapbooking..
LikeLike
Sus is ‘n meester Scrapbooker! Sy eet nie wat sy mis nie! Sy het al my foto albums gescrap … ek het na drie klasse toe die vrou reken die drie kleure pas nie bymekaar nie opgehou
LikeLiked by 1 person
Ek lag lekker vir daardie 3 kleure..nee ek is ook glad nie goed met kleure!!
LikeLiked by 1 person
Ek weet dit maar ek is nie rekenaar georienteerd nie. Daar is beter dinge om te doen as net te sit en lees en kyk! Was maar altyd my probleem. Nie leesgerig nie
LikeLike
Ja maar Dirkie het meer prente as leesgoed. Jy mis ook elke dag Herman se foto van die dag. Gister sin was sooooo mooi!
LikeLiked by 1 person
Sterkte. Ek bid saam.
LikeLiked by 1 person
Dankie Olga
LikeLike
Ek verstaan, maar terselfdertyd is hier baie skouers om jou regop te hou. Wees geduldig met jouself…..xx
LikeLiked by 1 person
Miskien voel ek jitte wie lees so droewigheid daagliks, ek is kalm wanneer almal skrik en nou loop ek met die holkol rond en almal rondom my is al minder bleek. Genadiglik help Mia ons , sy hou ons bitterlik besig.
LikeLike
Ag jinne tog…sterkte!
Drukkie.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit vermoed, nietemin bly dit maar swaar,
LikeLiked by 1 person
Kom blog ‘seblief sommer gou weer en laat ons weet hoe dit met julle gaan.
LikeLiked by 1 person
Ek sal en ek kan nie ander mense se stories in hospitale weerstaan nie.. mens ontmoet interessante mense..oeg en onkologie afdeling lê ook nog voor..
LikeLike
Bid vir julle, Sterkte en kom laat weet ons hoe dit gaan
LikeLiked by 1 person
Dankie Orange Blue
LikeLike
Ai dis sommer sleg, en erg hartseer Dirkie.
Ek gaan jou vreeslik mis. Baie sterkte vir julle, ons bid vir jou en Oom Hoekhuis.
LikeLiked by 1 person
Ek kannie weerstaan om te glimlag oor jou naam – “Oom Hoekhuis” , Baie dankie vir mooi wense. Weet jy my een Boeta het , nadat ek grappie gemaak het, gesê as mens nog humor het, en jy kan nog deur al die tranedal glimlag, dan is jy al halfpad besig om te wen. So sal ons al steunend glimlag teen die bult uit.. Ek sal inloer al lees ek almal se gesels, ek is hier..maak net woorde bymekaar.
LikeLike
Dan wag ons geduldig vir jou om jou woorde weer in ‘n ry te kry Dirkie!
Pas jouself en Oom Hoekhuis op asb!
LikeLiked by 1 person
Ek het nou Like gedruk, nie omdat ek Like wat jy nou geskryf het, maar sommer om meelewing te betoon.
Baie sterkte en ek hoop dat als goed sal afloop.
Ek hoop ons lees gou weer van jou skrywes.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toorts, ek waardeer dit.
LikeLike
Ai Toggie – sterkte. Hoop alles verloop goed. Ja, ons sal jou bietjie verlof gee … (glimlag) . Toemaar, ek ken ook die onkologiese plek, die Drs is vandag baie slim …. sterkte.
LikeLiked by 1 person
Sug … wat kan ek sê Sterkte met die holkol… Fluister ‘n tjoklit troos darem so bietjie… Dink aan julle tweetjies … julle is baie spesiaal in my lewe <3
LikeLiked by 1 person
Sedert hy drasties minder rook.. smul ons darem heerlik aan soetgoed !! Holkol het darem bietjie wyk geneem,, tot seker Dinsdag. Dankie vir die mooi woorde, Tina.
LikeLiked by 1 person
Werk maar bietjie om die Oom Hoekhuis bietjie alkalies te kry ook?
LikeLiked by 1 person
Vat dit dag vir dag. Rus genoeg. Saam stry ons die stryd. Myne het 24/9 begin, maar ek sal die berg uit en weet (julle ook) wanneer ons by die krans afval, daar Sy sterk arms sal wees wat ons vang. Bid vir julle, veral vir jou, want jy gaan die sterk een moet wees. Sterkte
LikeLiked by 1 person
Ek is jammer oor jy die pad moet loop, maar ek dink dit maak mens so dankbaar om te besef lewe is en bly kosbaar. Dankie vir jou wense .
LikeLike
Dirkie daar is nie altyd by my woorde wanneer dit by hierdie swaar goed in die lewe kom nie. Ek sal jou en jou man in gebed voor God opdra. “His strength is made perfect in our weakness.” Sterkte!!
LikeLiked by 1 person
Ek wonder sommer hoe dit by jou gaan.
LikeLiked by 1 person
Ek het al amper begin blog so oor Appelkooskonfyt se kokery .. toe brand my woorde vas. Ons raak al slim, ons gebruik nie die k-woord nie soos in kanker(nou-nou verwar ek mense met die k-woord…) Dankie vir die dink aan die oude mense – ek waardeer dit opreg.
LikeLiked by 1 person
Skryf maar as jy ‘n ou kansie kry. Dis ook ‘n lekker uitlaatklep.
LikeLike