Woorde

Toe kom die wysie sommer so navore ..en dit in die stort

..ek is nog effens beswaard. Miskien dié dat die wysie skielik so droewig in my hart opkom en ek so met trane onder die stort staan en huilween.  (ek moes miskien gewaarsku het..hierdie blog is nie vir sensitiewe siele nie, of diegene wat nie van tranedal hou nie of wat ligte depressie beleef nie.

Nietemin – die wysie en die woorde “Straf tog nie in ongenade” ek onthou darem so deur die loop van trane – ek het daaroor geblog iewers in my litnetblogs, wraggies en dit was nie eens lankgelede nie. Nou spoeg ek en plak ek maar die blog oor die Ps 38 en daar is darem tikkie humor bygeskryf , vir die salf vir die siel.

http://blogs.litnet.co.za/dirkieduplessis/?p=445

Advertisements

18 comments on “Toe kom die wysie sommer so navore ..en dit in die stort

  1. Toortsie
    Desember 11, 2014

    Nou weet ek nie hoe om te antwoord nie.
    Op hierdie blog wil ek jou ‘n drukkie gee.
    Op die “ou” blog is eintlik die een wat ek wil antwoord, maar ek dink nie dis nou die plek en tyd daarvoor nie. Of wel, my vriendin vra dat “Dit borrel in my” gesing word by haar begrafnis. Sommer so terloops.
    Ek moet nou eers daai song loop opsoek en kyk hoe hy klink.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 11, 2014

      Jitte ek wil ook weet hoe klink daardie borrellende lied. Ag Toortsie, die mens is vreemde wese – mens oorleef op ou einde alles

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Desember 11, 2014

        Ag, ‘n ou bekende kinderliedjie: Dit borrel in my, want ek is so bly, Jesus het my lief. Dit borrel al meer en ek kan dit nie keer, ja Jesus het my lief.
        Sy sê, as die familie so ingestap kom, moet dit gesing word.

        Liked by 1 person

  2. Net Ek
    Desember 11, 2014

    Ai Dirkie, ek weet nie hoekom jy hartseer is nie, en ek het nooit woorde wat reg pas nie. So ek gaan eerder niks sê nie.

    My hart is sommer net seer omdat jy hartseer is.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 11, 2014

      Miskien sal ek gewoond raak aan die gedagte dat my Geliefde Kanker het – ‘n stort is lekker plek om te tjank – dat die trane so spat. Ag darem nie so erg nie, mens is aanpasbare wese.

      Like

      • Net Ek
        Desember 11, 2014

        Ai ja ek kan nie eers weet hoe so iets moet wees nie Dirkie, ek kan net dink.

        Maar ek glo ons almal hier bid nogsteeds vir jou en Oom Hoekhuis.

        Dis rerig lekker om jou weer hier rond te sien!

        Like

  3. perdebytjie
    Desember 11, 2014

    Ai Dirkie…drukkie!

    Liked by 1 person

  4. Spokie sny spoor
    Desember 11, 2014

    Jy moenie onnodig kommer, die medici is verskriklik slim vandag, en het hul nuwe metodes en produkte ook op die mark. Ekself is daardeur en my swaer wat hul gedink het lankal oorlede sou wees, was nou onlangs weer in die wildtuin.

    Soms is die nuus ‘n groter skok as dit wat agterna beleef word. Ek sê net: ons oues van dae is bevoorreg om hierdie ouderdom te kon behaal het. Daar is jongeres wat sterf in ongelukke wat nie so bevoorreg soos ons is nie. Vat dit dus dag-vir-dag.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 11, 2014

      Jy is heeltemal reg oor skok en die medici en natuurlik om te leef is voorreg en genade.

      Like

  5. katrina
    Desember 11, 2014

    Dit is skoknuus en trane is goed. Die werklikheid kan vinnig soos ‘n ongenade voel, ‘n betonmuur, klaagmuur waarteen ‘n mens jou vuiste wil slaan. Dag vir dag is al wat ‘n mens kan doen om nie verskrikking vooruit te voorsien nie. En liefde – dit dra ‘n mens en almal om jou…

    Like

  6. ddupl3ss1s
    Desember 11, 2014

    Katrina ek het iewers mos met foto van iemand wat huil vertel..mens kry mense wat so mooi kan huil, die dat ek maar die privaatheid van stort verkies. Ag en trane is tog helend. Dankie vir jou kommentaar , dit laat mens tog weer dinge laat besef wat mens soms net weer van bewus moet raak.

    Like

  7. rondomtaliedraai
    Desember 11, 2014

    *drukkie*

    Liked by 1 person

  8. scrapydo
    Desember 12, 2014

    Nou kom die volgende in my gedagte op…
    Genade onbeskryflik groot… Geen woorde maar gedagtes is met jou/julle

    Like

  9. Kameel
    Desember 12, 2014

    Daar is tye wat ek nie woorde het nie. Dink aan jou Dirkie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 12, 2014

      Weet jy die ergste skrik is al amper verby, nou waardeer mens altyd die behandeling wat toegepas kan word.Dankie vir dink aan my.. ek waardeer dit baie.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 11, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,013 hits
%d bloggers like this: