Woorde

Wie ore het..

Die Ouvrou by die Hoekhuis het mos toeka se tyd al dié dowe oor. Dit het net mooi niks uit te waaie met ouderdom nie.Miskien ook ..

Ek en Kameel(by Toortsie -‘n medeblogger) het ‘n  gemeenskaplike probleem Menieres. Ek het nooit uitgevind of Kameel ook dié oor het, wat permanent toegerus is met suisende branders, nie. Mag idilies klink , ek belowe jou naderhand wonder mens tog hoe klink stilte. Sommige ouens s’n skree – sommige klanke klink glo so ritmiese getrom.

..Myne suis en ek hoor nie aldag wat ek moet hoor nie. Dié dat ek ‘n gehoordingetjie dra. Dit is veronderstel om buiteklanke (omgewingsklanke) helderder te maak, hoorbaarder , indien iemand langs jou sou fluister, darem die kruks van ‘n storie te begryp.

Begin van hierdie jaar is klank en woorde getoets.  Die gehoorman sit agter ‘n dubbellaagvenstertjie met sy hand so half voor sy mond indien jy nou dalk sou kon liplees.  Oorfone op die dowe  wat vassuig oor twee ore om geen klank van iewers af te laat deursypel. Dan Pappegaai jy  agterna – Huisvrou, skottelgoed, kombuis, aandete – sulke woorde met reëlmaat. Dan sit die Dowe Ouvrou van die Hoekhuis aan die anderkant en wonder kon hy nou wragtag nie ‘n ander tema kies nie, voel so ek word herinner aan dit wat ek nog moet gaan doen as ek by die Hoekhuis aanland.  Hy het hierdie keer darem ‘n draai by ander vertrekke en werksaamhede gemaak.

Dan begin die gepiep en gepôp en geswiesj met ‘n sagte gepiep in agtergrond, en jy moet met elke klank die knoppie druk. Ek begin naderhand twyfel is dit nou my oseaan in my ore of is dit sy meganiese een? So woed ons voort albei ore moet die oorfone verduur en die klanke herken en woorde uitken. Iewers het ek nog gedink hy het seker spraaklesse gehad, die perfekte uitspraak van elke woord.

Ek het die grafiek gesien, daardie oseaan het drasties sagter geword, die woordeskat wat ek moes napraat verskil – boot word sommer maklik bot of so iets. Spraak herkenning- glorie toe.

Ag dit is darem slim wat die mense deesdae met gehooraparate kan doen . Tjoef tjaf is my grafiek ingevoer en my gehoorapparaat gekoppel aan dun draadjies en dit word gekalibreer.  Moet sê dit het  vir my laat dink aan motorenjins en wielblansering, die kalibreerstorie.

Ek wou net vertel en nou hoor ek weer my voetstappe in die gang op die vloer, ek hoor die verkeer voor die Hoekhuis verby ek hoor die Pietmyvrou duideliker.

..en ek hoor my Geliefde se asemhaling, en skielik is dit die mooiste klank.

gehoor

Advertisements

33 comments on “Wie ore het..

  1. Orange Blue
    Desember 11, 2014

    Anton se ouma was blind en al begeerte was om te kon sien. Sy het graag gesê dat sy eerder doof as blind wil wees

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 11, 2014

      Ag dit bly darem hartseer om ‘n sintuig te verloor wat eens in gebruik was.

      Like

  2. monicahaddad01
    Desember 11, 2014

    Dit is regtig ongelooflik hoe hierdie dinge werk maar aan die ander kant kan die gesuis jou seker maklik aan die slaap sus, soos kinders in ‘n kar ;-)

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 11, 2014

      Ek probeer nie daarvoor te luister nie of ek skakel radio aan en raak aan die slaap met geselsies ek dink my oor is so doof die stomme ding hoor nie eers meer die gesuis nie…

      Like

  3. rondomtaliedraai
    Desember 11, 2014

    Mmmmm ek is bly die tannie kry hulp vir die probleem … ek het ook maar dai suising in die ore… seker met ouderdom te doen

    Like

  4. perdebytjie
    Desember 11, 2014

    Ek het ook ‘n sonbesie wat my mal maak..lank terug daaroor geblog.Ek het juis gister gewens ek kan net eenkeer weer stilte hê.Mens pas tog aan,maar een uurtjie se doodse stilte sal ‘n wonderlike geskenk wees!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 12, 2014

      Ek dink altyd dit sal die vreemdste gevoel ooit wees as daar skielik stilte moet wees, klank in watter vorm ookal kan soms net te veel raak.

      Like

      • perdebytjie
        Desember 12, 2014

        Ek troos myself altyd,dat dit beter is om ‘n sonbesie te huisves,as om doof te wees!

        Like

      • ddupl3ss1s
        Desember 12, 2014

        ..en as ek onder my dierbare boom toe-oog sit en die windjie waai so teen my gesig dan dink ek iewers hoor ek die see so vêrrr- jy kuier in die bosveld en ek by die see – twee droomwêrelde wat ons vir ons kan skep.

        Like

      • perdebytjie
        Desember 12, 2014

        Presies..dis hoe mens die beste maak van ‘n slegte situasie!

        Liked by 1 person

  5. coetzee2014
    Desember 11, 2014

    By sommige, is die suising se oorsaak, die gebruik van Asperine, om die bloedklonte te voorkom. Tina gebruik jy dit?

    Liked by 1 person

  6. Net Ek
    Desember 12, 2014

    Sjoe dis fantasties hoe hulle dinge sommer net so kan beter maak vir ‘n mens!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 12, 2014

      en daardie elektroniese masjientjie het tot vir my oor ‘n ekg papiertjie uitgedruk- so met die klankkalibrering, dit is vir so interessant. My hoorman het die allermooiste waardevolle skilderye teen sy muur. Ook lekker om daar te kyk en te begeer …Daar het ‘n pasient gewag en aan haar spraak kon mens agterkom sy hoor bitter min dit het al effek op haar spraak- dan het ek jollie baie om voor dankbaar te wees met die ander horende oor, al word sy wiele ook glo sigbaar papper.

      Like

      • Net Ek
        Desember 12, 2014

        Ja ek vergeet gereeld hoeveel ek werklik het om voor dankbaar te wees Dirkie, dis sleg van my.

        Jou hoorman se mure klink wonderlik…

        Liked by 1 person

  7. scrapydo
    Desember 12, 2014

    Ja, die liewe ore met hul geruis en gefluit. Ek het ook gehoortoestel in SA gekry voor ek weg is. Gehoor het versleg en gefluit vererger. Al die toetse hier gedoen en ek het probeer dat hul my toestelletjie kan instel om aan te pas by my gehoor! Nee, dit werk nie so nie. Hul werk nie aan ander maatskappye se toestelletjies nie. Myne moet regtig net ingestel word!!! Mar nee ek moet nou eintlik ten duurste n nuwe toestel kry. Dit help beslis met versagting van gefluit ook.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 12, 2014

      Weet jy en dit word so vinnig gedoen binne 1 uur..dit is ook een van die vreeslikste skokke die pryse van gehoortoestelle, veral Phonak.

      Like

      • scrapydo
        Desember 13, 2014

        Sug, besef ek dit nie! Wou net graag eers my oue opgebruik maar sal seker een of ander tyd tog maar iets moet doen.

        Like

  8. Kameel
    Desember 12, 2014

    Ja Dirkie daar is ‘n gesuis, en die gehoor nie baie goed nie. Veral as daar agtergrond geluide is. Laat my altyd dink aan my ouma wat in haar ouderdom maar goed doof geword het. Eendag sê my pa “ag sorry man,” vir my ma. My ouma buk so vooroor met die hand om die oor en vra kliphard; “Wat sê jy daar van tannie Florrie?”
    Bly om te hoor jy kan weer jou voetstappe hoor :)

    Liked by 1 person

  9. Toortsie
    Desember 12, 2014

    Ja, ek het ook ‘n paar jaar gelede vir daardie toetse gegaan. Die dr het gesê ek moet oor ‘n jaar weer kom… maar ek kan nie die dr se naam onthou nie! :shock:
    So bly jy kan nou weer hoor.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 12, 2014

      Ha , Toortsie nou wonder ek of die geheue tong in die kies is.. nietemin soms is so doofheid nogal handig .

      Like

      • Toortsie
        Desember 12, 2014

        Ek kan REGTIG nie onthou nie! Kan mos nie name onthou nie, jy weet. :)

        Liked by 1 person

  10. Spokie sny spoor
    Desember 12, 2014

    Sjoe – nou waardeer ek dit sommer weer om nog te kan hoor. Ek hoop teen die tyd dat ek so probleem optel is die medici nog slimmer dat hul beter planne kan maak.
    Maar is bly daar is vir jou ‘n oplossing!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 12, 2014

      Ek dink as alle sintuie goed werk dink mens nie mens kan een verloor of meer, maar ek het steeds jollie baie waarvoor ek dankbaar is.

      Like

  11. crlredelinghuys
    Desember 12, 2014

    Dit is ‘n nie ‘n lekker toestand om aan te ly nie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 14, 2014

      Myne is leefbaar ,my stomme buurvrou oorkant die pad s’n gee haar al haar dae..ons twee klink nogal prettig ..sy praat so hard en ek skree saam..nie omdat ek haar nie kan hoor nie ..sodat sy my kan hoor!! “Dankie vir die Melktert S..dit was Heerlik!!!!” en sy antwoord -“ek het nou nie my doweding in nie..wat het jy gesê?” ag dit bly prettig , die skreeuendes op die hoek!! Ha Ha.

      Liked by 1 person

  12. katrina
    Desember 14, 2014

    ‘n Mens is darem dankbaar vir al die moderne hulpmiddels. Dankie vir die deel…

    Liked by 1 person

  13. ddupl3ss1s
    Desember 14, 2014

    Katrina, soms is dit so nodig om darem so tong in die kies met mens se kwinte en kwale te spot, dit hou mens geestesgesond..hopelik !

    Like

  14. newsferret
    Desember 22, 2014

    Was deur dieselfde. Vandag lê die stereo oorpyners hier agter my op ‘n rak want ek kon niemand in ‘n restaurant of op ‘n partie hoor nie, dit was net een reuse kakofonie. Nou sing ek heel rustig in die gedagtes saam met die ore gefluitery. :)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 22, 2014

      Ek haal myne uit sing in my kop- as ek sing ! ..nogal prettig as ek dit so moet terugsit, die kinder ogies wat die tante dophou, hul kan bly wees dit is nie valstande uit en weer terugsit nie!!!

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 11, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,053 hits
%d bloggers like this: