Woorde

Die Hoekhuis se Man ( ag verskoon maar die kruietaal..was nie ekke nie!!)

Lank lank gelede het die man van die Huis op die hoek ook opgehou rook. Die man se longblasie het stukkend gegaan, ‘n operasie is gedoen . Die een long se bopunt is geheg aan sy borskas . Vertel die Toraks Dokter, ophou rook is jou voorland.

Ons was almal bly  behalwe diegene wat saam met hom gewerk het. Hy was so dapper tydens sy ontrekkingstadium , hy’t sommer die Groot Kokkedoor ook ingevlieg uit kort van draad geite.. een jongeling het plegtig verklaar as hy dit weer moet beleef neem hy sy ontslag, Foeitog !

Toe begin hy skelmrook. Ons ruik hom op ‘n myl uit. Snuffel ek en Kinta so suutjies as hy in die huis instap en ons twee loer na mekaar “Ma, ek’s seker Pa rook weer!”  Lieg die man sonder om te blik of te bloos vir my “Nooit! ek rook g’n ..die ouens by die kantoor man, almal rook om my , dit sit so aan my klere!”  Terwille van vrede en liefde en wysheid van sy dierbare vrou swyg sy en sy weet , maar sy maak of sy nie weet nie.

Tot eendag . Hy’t ‘n kursus vir ‘n paar dae bygewoon, die Man kom huistoe,  almal hang om hom te bly oor sy tuiskoms. Hy sit sy hande in sy broeksak keer die inhoud  uit op bedtafeltjie. Peppermente ..sleutel..peppermente …sigaretaansteker ..peppermente! Toe slaan die weerlig. “Aha! jy rook skelm! Ek het verdomp geweet !!”

Waarmee verdedig die Man hom toe?  Diegene wat hom ken , ken daardie kyk- en hy kyk dat jy behoorlik voel jou voetjies lig van die aarde af op(soos my skoonpa se een suster vertel het hoe die Duplessis’s kyk) ..en hy sis. ” Mens, kan ook nie in hierdie fokken huis doen wat ‘n fokken mens wil fokken doen nie!” en hy gryp die sigaretaansteker en grawe iewers uit ‘n hoekie van sy tas ‘n papgedrukte pakkie sigarette en gaan rook dat die rook staan..  Genadiglik was dit nie Gunston sigarette uit sy jeugjare nie..

Hy’t weer opgehou rook. Hy moet. Nou kan sy vrou  hom nie vroegoggende kantoor toe stuur nie(pensionaaaaris , jy weet) en stomme Thysie wat sy ontslag wou vat leef ook lankal nie meer nie en die Kokkedoor Kobus het ook lankal afgetree, en nou loop ons almal lig  . Ek gaan knaend groentetuin toe en vloek saggies by die Komposhoop.

Vertel hy so ewe vir my gisteraand. “Jy weet hoe ek droom, ek kan niks volgende dag onthou nie”.. en ek wonder oor die droom nogal so met angs om my hart.

“Ek droom , ek rook. Man ek proe daardie sigaret. Ek ruik hom .  Wragtag daardie volgende nag droom ek weer ek rook. Lanklaas so lekker gedroom , en ek rook dat die wolke om my kop staan. Jy gaan my nie glo nie, toe droom ek laasnag weer   ek rook en nogal  skelm! Ek trek daardie sigaret dat die kooltjie so rooi wys so agter my bakhand! Lekkerste droom ooit!”

Al wat ek kan sê ..foeitog! Toe dra ek maar champix en antirook kougompies aan en bring sjokolade en xxxstrastrong en vra waarvoor is jy nog lus wat van muffins wat van biltong wat van grassny ?

 

Advertisements

21 comments on “Die Hoekhuis se Man ( ag verskoon maar die kruietaal..was nie ekke nie!!)

  1. Skeletor
    Desember 16, 2014

    Jy praat so van long heg… In Matriek het my regterlong 100% platgeval. Sommer net. Rook? Not a chance!
    Daais ‘n ding wat jou longe vreet hoor. Ek het al x-rays gesien wat my laat skrik het…

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 16, 2014

      Nou gaan ek weer probeer kommentaar… rook doen ongelukkig skade aan ander organe ook. Ons Vaaldriehoekers kry ook groot dosis besoedeling in ons longe- maar sien ander stede wroeg ook maar , terug trek platteland toe!!

      Like

  2. Toortsie
    Desember 16, 2014

    Ai, dit moet bitter moeilik wees. Vir Almal.
    Baie sterkte

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 16, 2014

      Ek bewonder die man, hy byt vas met die nie rook.. ek geniet dit dat hy deesdae so lekker eet, alles proe lekkerder , vertel hy.

      Like

    • HesterLeyNel
      Desember 21, 2014

      Interessante kommentaar hierdie en ja, dis baie moelik vir al die mense wat moet saamleef met die persoon wat ophou rook. Ek het sowat vier jaar gelede op ‘n dag besluit ek het nou klaar gerook, ek hou nou op. So na ‘n paar maande het ek agtergekom dat my huismense baie saggies en baie kalm met my praat, ver van my af staan, toegee aan my eise waar hulle kan, elke nou en dan ‘n eetgoedjie aanbied … Hoekom het hulle my nie liewer reguit vertel dat ek verander het in ‘n pyn in die agterent nie? Die lus gaan nooit weg nie – elke keer as ek iemand sien rook, wil ek sy gorrel uitruk, sy sigaret gryp en om die hoekie gaan rook. Ek byt egter vas en al die vasbytery laat my so vroom voel :D Hoop my huismense oorleef dit.

      Liked by 2 people

  3. scrapydo
    Desember 16, 2014

    Die liewe rook tog mak dat mens in vreemde tale wil praat. Nou praat ek nie net van sigaret nie maar ook die liewe besoedelde steenkool rook! Van ek weg is uit die besoedeling is ek omtrent nooit meer asmaties nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 16, 2014

      So bly al is dit nou nie Suid Afrikaanse lug.. is dit darem tot jou gesondheidsvoordeel. Mooi bly doer vêr.

      Like

      • scrapydo
        Desember 16, 2014

        Dankie jong. Ek mis die liewe SA baie party dae! Sien selfs soms my bekende mense maar dan moet ek myself aanse dat dit onmoontlik is dit kan nie hulle wees nie! Wil soms sommer vreemdes aanspreek asof hul iemand bekends is.

        Like

  4. Tannie Frannie
    Desember 16, 2014

    Daar’s twee groepe mense op aarde – rokers en nie-rokers. Die een groep verstaan nie juis die ander klomp nie. Maar rokers wat opgehou het, mag met reg trots wees – as mens kan ophou rook, kan jy omtrent enigiets regkry! Klink in elk geval vir my asof jy hom baie mooi ondersteun.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 16, 2014

      Deesdae met rookwette bly dit altyd ‘n probleem vir rokers om ‘n veilige plek te kry waar jy kan rook en niemand benadeel.. skielik is ons so bewus van ander rokers se wolkie wat om hul hang..

      Liked by 1 person

  5. monicahaddad01
    Desember 16, 2014

    My diepe simpatie met die man. Jammer hy kan nie brei nie want dit hou die hande besig. Miskien moet hy maar ‘n skelm breier word……

    Liked by 1 person

  6. ddupl3ss1s
    Desember 16, 2014

    Ek het darem heerlik gelag oor die brei en dit nogal skelm!! Wonder tolletjiebrei lyk dalk ‘n opsie.

    Like

  7. rondomtaliedraai
    Desember 16, 2014

    Ai dit moet swaar wees… dit klink of die hulpmiddels nie altyd help nie

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 16, 2014

      Hy noem dat hulpmiddels beslis bydrae om makliker deur die behoefte vir sigaret te kom.

      Like

      • rondomtaliedraai
        Desember 16, 2014

        Ek het ook ‘n vriendin wat reken die goed help nie regtig nie en sy rook nie eers baie nie

        Liked by 1 person

  8. Kameel
    Desember 16, 2014

    Dirkie, ek het saam met ‘n kettingroker ingenieur gewerk. Jy weet, die vingers is goudgeel van al die nikotien, en hy stink soos ‘n sigaretfabriek. Op ‘n dag daag hy op sonder ‘n sigaret tussen sy vingers. Ons almal kyk verbaas, en hy sê so ewe hy rook nie meer nie…. natuurlik lag ons toe lekker vir hom. Ons almal hou hom dop, maar die man vat nie aan ‘n sigaret nie. Twee weke later konfronteer ek hom. Hoe vra ek het jy net opgehou rook. Hy sê toe dit sit in die kop…. jy vertel jouself net jy rook nie meer nie. Nou goed besluit ek, as hy dit kan doen, kan ek wat nie ‘n chain smoker is nie, dit ook doen. En sowaar, dit het gewerk. Elke keer wanneer ek die laai oopmaak om ‘n sigaret uit te haal dan sê ek vir myself, jy rook nie meer nie. Twee weke was dit baie erg, maar daarna was die stryd gewen. Sommer so tussen hakkies… nou, dertig jaar later droom ek nog party nagte ek rook. Sterkte met jou man….. hy sal wen.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 16, 2014

      Hy het vandag vir my broer vertel , die wil om op te hou rook moet ook daar wees.. dit is beslis so , hy vertel darem ons kar stink vreeslik na rook , hoe het ek dit uitgehou ..so as rook begin stink is daar darem lig in die tonnel.

      Like

  9. perdebytjie
    Desember 16, 2014

    Ai is swaar.Ek het gekettingrook vandat ek gebore is..dis nou my ma en pa se rook.Self het ek nog nooit ‘n sigaret tussen my lippe gehad nie.Ek het dit absoluut gehaat.Gelukkig het hulle ook opgehou.Dit was maar ‘n stryd,maar hulle wou en het dit reggekry.Sterkte vir hom.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 17, 2014

      Perdebytjie , beslis sal jy sekerlik nooit rook nie, ek wens ek kan soetgoed los soos hy sigarette los- man ek sal darem sommer ‘n kilo of twee verloor.

      Like

  10. pienkpantoffels
    Januarie 6, 2015

    Jong, ek is ‘n roker … het al probeer ophou – omdat my wederhelfte wou, nodeloos om te sê, dit was nie ‘n dawerende sukses nie. Nou rook ek maar minder :-) Sterkte!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 6, 2015

      Ek is trots op die man, hy’t nog nie weer gerook nie, hy glo al die hulpmiddels is net darem ‘n hupstoot daarna moet dit ‘n kopskuif raak. Hy voel vrek goed oor die hoeveelheid geld wat hy nie meer uitgee op sigarette nie, ek weet dit is vreeslik moeilik die vasbyt om op te hou rook..

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 16, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,038 hits
%d bloggers like this: